Wie's hier?

Ons het 24 gaste aanlyn

Besoekers

mod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_counter
mod_vvisit_counterVandag167
mod_vvisit_counterGister238
mod_vvisit_counterHierdie week1285
mod_vvisit_counterVerlede week1529
mod_vvisit_counterHierdie maand4135
mod_vvisit_counterVerlede maand6391
mod_vvisit_counterAlle dae531942

Aanlyn (20 minute gelede): 5
Jou IP: 54.224.89.34
,
Today: Okt 19, 2018

HervormdeKerk

NHK-logoDie Sentrum vir Gemeentelike Bediening het op 12 April 2018 'n werkswinkel aangebied oor 'n waarderende ondersoek as instrument om gemeentes te help om hulle bestaansdoel te ontdek/herontdek.  Na vele navrae, is besluit om dit vir 'n tweede keer aan te bied.  

 

Dit is 'n handige lens vir die bestuur van verandering in die gemeente/Kerk:

 

Wat is ‘n waarderende ondersoek?

 

’n Waarderende ondersoek is die studie en ontdekking van wat lewe gee aan menslike sisteme as hulle op hul beste funksioneer.  Dit word gebaseer op die aanname dat vrae en gesprekke oor sterk punte, suksesse, waardes, hoop en drome die gemeente opgewonde kan maak en grondig kan verander.

 

Dit is waarderend omdat dit dankbaar erkenning en waardering gee vir positiewe dinge in die gemeente.

 

Dit is ondersoekend omdat dit nuwe moontlikhede verken en ontdek.

 

’n Waarderende ondersoek wil nie die gemeente analiseer en uiteindelik tot ’n bepaalde diagnose kom nie. Die uitdaging is nie om ’n probleem te identifiseer en met ’n fyn uitgewerkte strategie reg te stel (fix) nie.

 

Waarderende ondersoek werk deur die aandag te vestig op die organisasie se mees positiewe potensiaal – its positive core– en dié kern te gebruik vir grondige verandering en volhoubare suksesse.

 

Ontdekking

 

Wat is daar in die gemeente wat reeds goed werk?

 

Droom

 

Wat kan daar nog wees?

 

Ontwerp

 

Wat moet daar wees om dié droom te bereik? 

 

Implementering

 

Wat gaan ons doen om dié drome te bevestig en te onderhou? 

 

Hoekom werk waarderende ondersoek?

 

*        Dit bou verhoudings wat mense in staat stel om in verhoudings geken te word en nie net in rolle nie.

*        Dit verskaf ’n geleentheid vir mense om gehoor te word.

*        Dit verskaf ’n geleentheid vir mense om te droom en hul drome te deel.

*        Dit skep ’n omgewing waar mense kan kies hoe hulle ’n bydrae kan maak.

*        Dit gee mense sowel die diskresie as die ondersteuning om op te tree.

*        Dit bemoedig en bemagtig mense om positief te wees.

 

Bovermelde werkswinkel vind op Donderdag 18 Oktober 2018 vanaf 09:00 tot 15:30 te Gemeente Philadelphia (Lunnonstraat 127, Hillcrest) plaas, en word aangebied deur dr JC van der Merwe.  U verdien ses VBO-krediete vir die bywoning daarvan.  

 

‘n Registrasiefooi van R100.00 is betaalbaar wat verversings en 'n middagete insluit.  Om u plek te verseker word u vriendelik versoek om Karen Breedt ( Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien ) teen 4 Oktober 2018 skriftelik in kennis te stel dat u van voorneme is om die werkswinkel by te woon, en die betaling elektronies te doen:  

 

Bank:                           ABSA

Rekeningnaam:           Raad van Finansies

Rekeningnommer:      020-000-287

Takkode:                      632-005

Verwysing:                  16SGB, Van, Voorletters, Waarderende Ondersoek

Byvoorbeeld:             16SGB Labuschagne FJ Waarderende Ondersoek

 

Die bewys van betaling moet gestuur word aan Anthea van Heerden by  Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien of faksnommer 086 633 2913.  

Die Kerk verbind homself tot uitnemendheid, en die beginsels van goeie en effektiewe korporatiewe beheer.  Die Kerk is besig om toe te sien dat elke vlak van bestuur en beheer in pas is met internasionale beste praktyke en in lyn gebeur met die King IV-kode. Laasgenoemde sluit verskillende kwessies van interne leierskap en korporatiewe burgerskap, oudit- en risikokomitee, gevolglik die bestuur van risiko's, inligtingstegnologie, nakoming van statutêre verpligtinge,  standaarde, interne oudit, geïntegreerde verslagdoening en openbaarmaking in. 

Die King IV-kode oor korporatiewe beheer vir Suid-Afrika stel 16 beginsels of praktyke wat alle instellings/organisasie verbind tot die handhawing van die hoogste standaarde van integriteit en etiese beginsels in sy interaksie met alle belanghebbendes.  King IV verbind korporatiewe burgerskap met etiese leierskap, professionele optrede, integriteit en 'n nie-kompromitterende houding.  

Ten einde toe te sien dat effektiewe korporatiewe beheer in lyn met King IV gebeur, word u vriendelik versoek om die Sentrum vir Gemeentelike Bediening se werksessie opVrydag 31 Augustus 2018 om 09:00 te NHKA Gemeente Philadelphia (Lunnonstraat 127, Hillcrest) by te woon.  Die NHKA is bevoorreg om die werksessie onder leiding van br Gert van Wyk (B.Com; B.Com Hons; M.Com) te hou.  Hy is behoorlik geakkrediteer en geregistreer by nasionale en internasionale institute wat op voldoening, handhawing van rekenkundige beginsels en beheer betrekking het.

Gert van Wyk ('n volledige CV is op versoek by ondergetekende beskikbaar) is uiters bekwaam en onderlê om al die aspekte wat op King IV-kode, voldoening en risikoprosesse betrekking het, op hoë vlak met almal teenwoordig deur te werk. Genoeg tyd sal afgestaan word aan bespreking en gesprek aangesien King IV daarop gemik is om prakties en funksioneel te wees.    

Die program vir die werksessie is as volg:

WERKSESSIE INSAKE KORPORATIEWE BEHEER EN KING IV

08:30 tot 09:00

Registrasie

 

09:00 tot 09:15

Verwelkoming

Frikkie Labuschagne

Sessie 1:  09:15 tot 10:15

Korporatiewe burgerskap

Gert van Wyk

Sessie 2:  10:15 tot 11:30

King IV-kode

Gert van Wyk

11:30 tot 11:45

Koffie en tee

 

Sessie 3:  11:45 tot 12:30

Voldoening en risikobestuur

Gert van Wyk

12:30 tot 13:00

Vrae en bespreking

 

13:00 tot 14:00

Middagete

 

‘n Registrasiefooi van R200.00 is betaalbaar wat verversings en 'n middagete insluit.  Om u plek te verseker word u vriendelik versoek om Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien  (karen @ nhk.co.za) teen 27 Julie 2018 skriftelik in kennis te stel dat u van voorneme is om die werksessie by te woon, en die betaling elektronies te doen:  

Bank:   ABSA

Rekeningnaam:          Kerkgeld vir Kerkwerk

Rekeningnommer:      020-149-752

Takkode:         632-005

Verwysing:      KingIV, volledig voorletters en van, 2013K

Die bewys van betaling moet gestuur word aan Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien  (rekeninge @ nhk.co.za) of faksnommer 086 633 2913.  

Predikante kan vyf VBO-punte deur hierdie werksessie verdien.  Die werksessie word wyd bekendgestel en beloof om van oral af bygewoon te word.