Wie's hier?

Ons het 52 gaste aanlyn

Besoekers

mod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_counter
mod_vvisit_counterVandag239
mod_vvisit_counterGister225
mod_vvisit_counterHierdie week946
mod_vvisit_counterVerlede week1933
mod_vvisit_counterHierdie maand4600
mod_vvisit_counterVerlede maand8577
mod_vvisit_counterAlle dae601158

Aanlyn (20 minute gelede): 5
Jou IP: 34.229.24.100
,
Today: Jul 17, 2019
Die Sentrum vir Kontekstuele Bediening
en
Sentrum vir Bedieningsontwikkeling
Excelsus
Julie en Augustus begin. Vir detail kan jy die betrokke kursus op die webbladsy van die Sentrum vir Kontekstuele Bediening (www.ccm.up.ac.za) oproep by Afrikaans >akademiese programme@.

 

JULIE

PASTORALE SORG

Doel van die kursus:

Leraars en ander beraders word dikwels oorweldig deur die behoefte aan emosionele, geestelike en verhoudingsmatige genesing in ons samelewing. In hierdie kursus word die teorie en praktyk van narratiewe pastorale sorg en berading geïntegreer. Studente word toegerus om hoop en genesing in 'n wye verskeidenheid van situasies te bring - situasies wat eie is aan die Suid-Afrikaanse samelewing.

Wie mag inskryf?

Persone met 'n graad of 'n gevorderde (drie jaar) diploma in teologie; ook persone wat ten minste 30 krediete versamel het deur die nodige aantal basiese kursusse by hierdie Sentrum te voltooi.

Nota: Studente wat kwalifiseer om in te skryf vir ʼn Meestersgraad by die Fakulteit

Teologie, Universiteit van Pretoria, kan hierdie kursus aanbied as deel van ʼn gestruktureerde Meestersgraad in Praktiese Teologie.

Struktuur en duur van die kursus:

Die kursus strek oor twee jaar. Gedurende hierdie tydperk is daar vyf periodes

van kontakonderrig (Meestersgraad studente woon ook in die Fakulteit ʼn seminaar oor navorsing by). Tuiswerkopdragte maak deel van die kursus uit. Toetsing vind tydens die kontakweke plaas.

Datums van die kontakweke:

Week 1: 20 - 23 Jul 2009        Week 4: 26 - 29 Jul 2010

Week 2: 26 - 29 Okt 2009      Week 5: 8 - 11 Nov 2010

Week 3: 1 - 4 Maart 2010

Prys: R2 000

Plek: Pretoria

RENTMEESTERSKAP EN FINANSIËLE BESTUUR

Doel van die kursus:

Om gemeenteleiers toe te rus met finansiële bestuursvaardighede, te help om Bybelse beginsels van rentmeesterskap toe te pas en om begrotings op ‘n nuwe manier op te stel.

Wie mag inskryf?

Persone met ‘n graad of ‘n gevorderde (drie jaar) diploma in teologie; ook persone wat ten minste 30 krediete versamel het deur die nodige aantal basiese kursusse by hierdie Sentrum te voltooi.

Struktuur van die werkswinkel:

Hierdie kursus word in Engels aangebied. Dit strek oor drie dae. ‘n Tuiswerk opdrag moet voltooi word. Evaluering vind plaas gedurende die kontakweek.

Plek: Pretoria

Datum:  21 - 23 Julie 2009

Prys: R850

Opleiding van induksieleiers: : 29-31 Julie 2009 (Afrikaans) en 5-7 Augustus 2009  (Engels)

As deel van die totale versorging van predikante bepaal die A-Z beleid dat die inskakeling van nuwe predikante by hulle gemeentes noodsaaklik is.  Die Noordelike Sinode het 'n inskakelingsprogram (induksieprogram) ontwikkel wat al die afgelope vier jaar baie suksesvol toegepas is om nuwe predikante by hulle gemeentes in te skakel.  In die afgelope jaar is Induksieleiers ook in die Wes-Kaap en Oos-Kaap Sinodes opgelei en die program word ook daar geïmplimenteer.

Hierdie program is nou verfyn en word nou deur die Sentrum vir  Kontekstuele Bediening by die Universiteit van Pretoria aangebied as 'n  gevorderde kursus vir fasiliteerders wat hulle in induksieleiding en spanbou wil bekwaam.   Die kursus vind plaas 29 - 31 Julie 2009 (Afrikaans) en 5 - 7 Augustus 2009  (Engels) by die NG Kerk Kameeldrif.  Dit kos R1250.00 per  persoon wat kursusmateriaal, persoonlikheidstoetsing en etes insluit.  Dit word aanbeveel dat sinodes 'n span van nie meer as vyf predikante stuur om as induksieleiers opgelei te word om die prosesse in hulle eie sinodes te fasiliteer.

Registrasievorms is op die web beskikbaar by www.ccm.up.ac.za of kontak Suki van Jaarsveld by Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien

Kontak gerus die kursusleier,  dr Roelf Opperman vir enige verdere navrae (sel:0823351156).


 

AUGUSTUS

GEMEENTEBOU

Doel van die kursus:

Hierdie gevorderde kursus rus gemeenteleiers toe om hul gemeentes op te bou in ooreenstemming met die Skrif en in antwoord op die behoeftes van die huidige tyd. Die kursus is daarop gerig om vaardighede by die leraar te ontwikkel wat hom of haar sal help om 'n missionêre gemeente te bou wat in die wêreld  ‘n verskil maak.

Datums van die kontakweke:

Week 1: 17 - 20 Aug 2009                 Week 4: 19 - 22 April 2010

Week 2: 02 - 05 Nov 2009                 Week 5: 02 - 06 Aug 2010

Week 3: 25 - 28 Jan 2010

Studente wat die Meestersgraad-opsie kies, woon dieselfde klasse by.

Prys:

R1800

Sperdatum vir registrasie:

Een maand voor die kursus begin.

VERBEELDINGSPASTORAAT VLAK 1

Doel van die kursus:

Om persone wat by beraad of terapie betrokke is, toe te rus in die narratiewe benadering. Dit gaan veral oor die vermoë om te verbeel, en om kreatief en verbeeldingryk in gesprekke teenwoordig te wees.

Wie mag inskryf:

Persone wat beskik oor ten minste ‘n B-graad en wat in ‘n pastorale omgewing werksaam is.

Struktuur en duur van die kursus:

Die kursus strek oor drie vol dae. Dit is interaktief en behels praktiese oefeninge, rollespel, asook die deel van persoonlike ervarings met die res van die groep.

Datums van kontak week:

25 - 27 Augustus 2008

Prys:

R1500.00

Plek:

Pretoria

(Prys sluit verversings en etes in)

Sperdatum vir registrasie:

Een maand voor die kursus begin.

DIE KUNS VAN GEMEENTELIKE LEIERSKAP

Doel van die kursus:

In hierdie gevorderde kursus word pastors en ander gemeenteleiers opgelei om die kuns van gemeentelike leierskap te ontwikkel en bemeester. Die kursus fokus en reflekteer teologies op die persoon van die leier sowel as op die nodige vaardighede in die Suider-Afrikaanse konteks.

Datums van die kontakweke:

Week 1: 29 Aug - 03 Sept 2009                    Week 4: 24 - 27 Mei 2010

Week 2: 23 - 26 Nov 2009                             Week 5: 23 - 26 Okt 2010

Week 3: 22 - 25 Feb 2010

Studente wat die Meestersgraad-opsie kies, woon dieselfde klasse by.

Prys:

R2750

Aanbieders:

Week 1: Onder leding van Stefan Joubert; Week 2: Olv Zander vd Westhuizen; Week 3: Olv Piet Oberholzer; Week 4: Olv Nelus Niemandt; Week 5: Olv Lieneke Neethling en Wynand Olivier.

Sperdatum vir registrasie:

Een maand voor die kursus begin.

Wie leef, leer. Wie leer, leef.

Jy is welkom as student by die Sentrum. Kontak ons gerus.

Web: www.ccm.up.ac.za

Ons hoop om jou in een van ons geleenthede vir voortgesette bedieningsontwiikkeling te sien.

Malan Nel

Direkteur: Sentrum vir Kontekstuele Bediening

Ferdi Clasen: Programkoördineerder: Excelsus