Wie's hier?

Ons het 62 gaste aanlyn

Besoekers

mod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_counter
mod_vvisit_counterVandag240
mod_vvisit_counterGister225
mod_vvisit_counterHierdie week947
mod_vvisit_counterVerlede week1933
mod_vvisit_counterHierdie maand4601
mod_vvisit_counterVerlede maand8577
mod_vvisit_counterAlle dae601159

Aanlyn (20 minute gelede): 4
Jou IP: 34.229.24.100
,
Today: Jul 17, 2019

Die Sentrum vir Kontekstuele Bediening

en

Sentrum vir Bedieningsontwikkeling

Excelsus

Jy word vriendelik uitgenooi na ons volgende geleenthede/kursusse vir voortgesette bedieningsontwikkeling wat in Mei en Junie begin. Vir detail kan jy die betrokke kursus op die webbladsy van die Sentrum vir Kontekstuele Bediening (www.ccm.up.ac.za) oproep by Afrikaans >akademiese programme@. .

MEI

Radio Kommunikasie

Doel van die kursus:

In Suid-Afrika is ons in die gelukkige posisie dat daar steeds heelwat geleenthede is vir leraars om radio-boodskappe te lewer. Die huidige vereistes by die SAUK is dat leraars wat radio-boodskappe wil lewer, in staat moet wees om die radio as medium te benut. Daarbenewens moet hulle weet watter vereistes radio-prediking stel en die eiesoortige kenmerke van die radio as 'n kommunikasiemedium kan aanwend in hul voorbereiding en lewering van die boodskappe.

Hierdie kursus is daarop gerig om leraars en teologiese studente in staat te stel om met kundigheid die korrekte voorbereiding vir radio-uitsendings te doen en op innoverende en kommunikatiewe manier die radio te benut. Tydens die kursus word kursusgangers blootgestel aan alternatiewe wyses om die evangelie oor die radio te bring as net prediking.

Plek

Port Elizabeth: 25 – 27 Mei 2009 (Adres word by inskrywing verskaf)

Kursusleier

Dr Flip Loots

JUNIE

Prediking

Doel van die kursus:

Prediking is een van die belangrikste maar tegelyk ook een van die mees uitdagende bedienings in die Kerk. Die doel van hierdie kursus is om leraars verder toe te rus en te motiveer om effektief te kommunikeer wanneer die evangelie binne die Suid-Afrikaanse konteks in die vorm van prediking oorgedra word.

Wie mag inskryf:

Persone met ‘n graad of ‘n gevorderde (drie jaar) diploma in teologie; ook persone wat ten minste 30 krediete versamel het deur die nodige aantal basiese kursusse by hierdie Sentrum te voltooi.

Nota: Hierdie kursus word slegs in Engels aangebied.

Struktuur en duur van die kursus:

Die kursus strek oor een jaar. Gedurende hierdie jaar word twee periodes van kontakonderrig bygewoon. Tuiswerk-opdragte maak deel van die kursus uit. Toetsing vind tydens die kontakweke plaas.

Datums van die kontakweke:

Week 1: 01 – 04 Junie 2009 Week 2: 12 - 15 Oktober 2009

Plek:

Teologie Gebou, UP kampus.

Aanbieders:

Prof Hennie Pieterse, Dr James Kirkpatrick (OT), Prof Dirk vd Merwe (NT), Prof Malan Nel (week 2)

Vir detail: www.ccm.up.ac.za

Radio Kommunikasie

Doel van die kursus:

In Suid-Afrika is ons in die gelukkige posisie dat daar steeds heelwat geleenthede is vir leraars om radio-boodskappe te lewer. Die huidige vereistes by die SAUK is dat leraars wat radio-boodskappe wil lewer, in staat moet wees om die radio as medium te benut. Daarbenewens moet hulle weet watter vereistes radio-prediking stel en die eiesoortige kenmerke van die radio as 'n kommunikasiemedium kan aanwend in hul voorbereiding en lewering van die boodskappe.

Hierdie kursus is daarop gerig om leraars en teologiese studente in staat te stel om met kundigheid die korrekte voorbereiding vir radio-uitsendings te doen en op innoverende en kommunikatiewe manier die radio te benut. Tydens die kursus word kursusgangers blootgestel aan alternatiewe wyses om die evangelie oor die radio te bring as net prediking.

Plek

George: 01 – 03 Junie 2009 (Adres word by inskrywing verskaf)

Kursusleier

Dr Flip Loots

Basiese Bemarkingsbeginsels vir Gemeentes

Doel van die Seminaar:

Die doel van hierdie seminaar is om kerkleiers toe te rus met basiese bemarkingskennis en -vaardighede. Die oogmerk is om hulle in staat te stel om pasgemaakte bemarkingsprogramme vir hul gemeentes te ontwikkel. Klem word gelê op die bemarking van die gemeente se dienste, en op die opbou van langtermyn verhoudings met die lidmate. Praktiese voorbeelde en navorsingsresultate uit Suid-Afrika en die buiteland word gegee om die waarde wat 'n goeie bemarkingsprogram vir die kerk mag hê, te onderstreep.

Wie kan inskryf?

Gemeenteleiers, personeel, en geestelike werkers in kerke (gemeentes) en ander geloofsorganisasies.

Struktuur en duur van die seminaar:

Die seminaar word oor een dag aangebied. Die seminaar is interaktief en sluit praktiese oefeninge en rollespel in. Persoonlike ervarings word onderling in die groep uitgeruil.

Aanbieder:

Prof Ernie North (Bestuurswetenskappe)

Datum en Plek: Pretoria, 02 Junie 2009

Vir detail: www.ccm.up.ac.za

Jeugbediening

Doel van die kursus:

Die bediening aan kinders en jongmense in Suid- en Suider Afrika is ‘n groot uitdaging. Deur hierdie kursus word leraars en ander jeugleiers opgelei en gemotiveer om ‘n effektiewe bediening aan klein kinders, tieners en jongmense te behartig binne die Suid- en Suider Afrikaanse konteks.

Wie mag inskryf?

Persone met ‘n graad of ‘n gevorderde (drie jaar) diploma in teologie; ook persone wat ten minste 30 krediete versamel het deur die nodige aantal basiese kursusse by hierdie Sentrum te voltooi.

Nota: Studente wat kwalifiseer om in te skryf vir ‘n Meestersgraad by die Fakulteit

Teologie, Universiteit van Pretoria, kan hierdie kursus aanbied as deel van ‘n gestruktureerde Meestersgraad in Praktiese Teologie.

Struktuur en duur van die kursus:

Die kursus strek oor twee jaar. Gedurende hierdie tydperk is daar vyf periodes van kontakonderrig (Meestersgraad studente woon ook in die Fakulteit ‘n seminaar oor navorsing by). Tuiswerkopdragte maak deel van die kursus uit. Toetsing vind tydens die kontakweke plaas.

Datums van die kontakweke:

Kontakonderrig begin op die volgende datums, en duur telkens vier dae:

Week 1: 8 – 11Jun 2009 Week 4: 28 – 30 April 2010

Week 2: 14 – 17 Sept 2009 Week 5: 26 – 29 Julie 2010

Week 3: 01 – 04 Febr 2009

Vir detail: www.ccm.up.ac.za

‘teologiese wandel ......stadswandel’

Ontdekking van nuwe maniere om kerk

te wees in stedelike kontekste

Doel van die kursus

Regdeur die wêreld het stede die enjins geword wat amper elke aspek van ons wêreld-gemeenskap aandryf van ons mikro-en makro-ekonomieë tot die klere wat ons dra en dít wat ons, ons kinders leer. Stede het die spilpunte geword waarom ons regerings en besigheidsektore wentel. Hiér vind ons ook die vernaamste afsetgebiede van amper enigeiets: van verpakte katoenbolletjies tot

atoomwapens.

Dit het ook die enjin geword wat ons denke oor kerk en teologie aandryf omdat ons in die stad ‘n natuurlike laboratorium aantref van amper elke denkbare menslike kondisie. In die stad vind ons die arme en die ryke en die sg. middelklas; ons vind hiér plaaslike Suid-Afrikaners en vreemdelinge; gesonde mense en baie siekes; die aanvaarbares en die onaanvaarbares; dié wat huise het en die haweloses. Hiér hoef ons nie te gaan soek vir die sosiale “Goliats”

van ons tyd nie. In die stad kom hulle ons tegemoet en in ons ontmoetings word ons teologie en kerkmodelle uitgedaag, en as ons sterk en oop genoeg is, verander en versterk.

Kursusleier:

Ds Francois Smit en talle kenners uit Suid-Afrika en Afrika

Datum:

08 – 10 Junie 2009

Plek: Bosmanstraat, Pretoria.

Vir detail: www.ccm.up.ac.za

Opleiding van mentors

Doel van die kursus

Pastors beleef dikwels dat hulle in hulle eie persoonontwikkeling stagneer. Dit is een ding om kennis op ’n wye front te ontwikkel, maar waar kry hy of sy objektiewe terugvoer en insette wat hulle lewens kan verander.

Die kursus het dan ten doel om leraars op te lei om mentors te kan wees vir ander in die bediening, maar ook om ’n mentorsprogram vir hulle gemeentes te ontwikkel.

Kursusleier:

Dr Johan van den Heever.

Plek: Teologie Gebou, UP.

Datum: 09 – 11 Junie 2009

Vir detail: www.ccm.up.ac.za

Wie leef, leer. Wie leer, leef.

Jy is welkom as student by die Sentrum. Kontak ons gerus.

Web: www.ccm.up.ac.za

Ons hoop om jou in een van ons geleenthede vir voortgesette bedieningsontwiikkeling te sien.

Malan Nel

Direkteur: Sentrum vir Kontekstuele Bediening

Ferdi Clasen: Programkoördineerder: Excelsus