Wie's hier?

Ons het 67 gaste aanlyn

Besoekers

mod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_counter
mod_vvisit_counterVandag240
mod_vvisit_counterGister225
mod_vvisit_counterHierdie week947
mod_vvisit_counterVerlede week1933
mod_vvisit_counterHierdie maand4601
mod_vvisit_counterVerlede maand8577
mod_vvisit_counterAlle dae601159

Aanlyn (20 minute gelede): 4
Jou IP: 34.229.24.100
,
Today: Jul 17, 2019
Die Sentrum vir Kontekstuele Bediening

en

Sentrum vir Bedieningsontwikkeling
Excelsus

Jy word vriendelik uitgenooi na ons volgende geleenthede/kursusse vir voortgesette bedieningsontwikkeling wat in Maart en April begin. Vir detail kan jy die betrokke kursus op die webbladsy van die Sentrum vir Kontekstuele Bediening (www.ccm.up.ac.za) oproep by Afrikaans >akademiese programme@. .

MAART

Radio Kommunikasie

Doel van die kursus:

In Suid-Afrika is ons in die gelukkige posisie dat daar steeds heelwat geleenthede is vir leraars om radio-boodskappe te lewer.   Die huidige vereistes by die SAUK is dat leraars wat radio-boodskappe wil lewer, in staat moet wees om die radio as medium te benut.  Daarbenewens moet hulle weet watter vereistes radio-prediking stel en die eiesoortige kenmerke van die radio as 'n kommunikasiemedium kan aanwend in hul voorbereiding en lewering van die boodskappe.

Hierdie kursus is daarop gerig om leraars en teologiese studente in staat te stel om met kundigheid die korrekte voorbereiding vir radio-uitsendings te doen en op innoverende en kommunikatiewe manier die radio te benut.  Tydens die kursus word kursusgangers blootgestel aan alternatiewe wyses om die evangelie oor die radio te bring as net prediking.

Johannesburg: 16 - 18 Maart 2009

APRIL

Kursusleier

Dr Flip Loots

Datums en plek:

Bloemfontein: 06 - 08 April 2009

Durban: 20 - 22 April 2009 (Jy sal kan gaan stem)

Interkulturele Berading -

‘n Narratiewe Benadering

Doel van die kursus

Om persone wat op enige vlak met interkulturele kommunikasie gekonfronteer word, te help tot groter begrip van die problematiek en in die narratiewe benadering te onderrig

Kursusleier:

Prof Julian Müller

Datum:

20 - 21 April 2009

Ontwikkeling van Kontekstuele Bedieninge:

Misdaad in SA en die rol van die Kerk

Doel van die kursus:

Misdaad is een van die mees afbrekende werklikhede waarmee Suid-Afrika tans te kampe het. Die kerk as draer van hoop het ‘n betekenis-volle rol om speel om misdaad te voorkom of te verminder. In die praktyk word egter gevind dat kerkleiers meestal nie weet waar om te begin en wat om met kriminaliteit te doen nie. Die doel van hierdie seminaar is om aan kerkleiers toerusting hieroor te gee. Dit gaan onder andere oor die analise van die misdaad-situasie, en oor die ontwikkeling van praktiese response op die misdaadsituasie in ons gemeenskappe.

Kursusleiers:

Dr Johan Burger (Instituut vir Sekerheidstudies), Mnr Johan Duvenhage, Dr JP

van der Walt

Wie mag inskryf?

Alle kerkleiers en enige ander belangstellende persoon

Struktuur en duur van die seminaar:

Die kursus word aangebied as ‘n eendag-seminaar.

Datum:18 April 2009

Plek: Pretoria

Prys: R 300

Sperdatum vir inskrywings:

Een maand voor die aanvang van die kursus.

Minimum getal deelnemers wat vereis word: 10

Wie leef, leer. Wie leer, leef.

Jy is welkom as student by die Sentrum. Kontak ons gerus.

Web: www.excelsus.org.za/www.ccm.up.ac.za

Ek hoop om jou in een van ons geleenthede vir voortgesette bedieningsontwiikkeling te sien.

Malan Nel

Direkteur: Sentrum vir Kontekstuele Bediening

Ferdi Clasen: Programkoördineerder: Excelsus