Augustus 2013
18 Augustus 2013
Posted in
Kruisgewys -
Augustus 2013
Dit beteken egter dat sleutelbedieninge in die kerk herbedink moet word. Nuwe sakke moet vir ou wyn ontwerp word, anders neem die status quo net weer té maklik oor. Dit raak eintlik alles in die kerklike bediening: kategese, leierskap, ampte, belydenisaflegging, bedieninge en nog talle meer.
In hierdie Kruisgewys gee ons geleentheid aan ’n aantal leiers wat oor lidmaatbemagtiging nadink om hulle gedagtes met die breër kerklike publiek te deel. Die doel aan die een kant is blootstelling aan nuwe gedagtes. Aan die ander kant is dit ook bedoel as ’n bydrae tot ’n gesprek.
Ons nooi dus lesers uit om hiermee in gesprek te tree. Dit kan in kommentaar op die webtuiste gedoen word (www.gemeentes.co.za), of in die vorm van artikels wat vir oorweging in toekomstige uitgawes van Kruisgewys ingestuur word.