Augustus 2010
12 Augustus 2010
Posted in
Kruisgewys -
Augustus 2010
Daar is ’n grondige verskuiwing in die kerk in Suider-Afrika aan die gang.
’n Mens kan dit beskryf as ’n beweging van dominasie na diens. Dit gaan om gelowiges en gemeentes wat uit vorige posisies van bevoorregting en beheer hulle gawes en vermoëns in diensbaarheid begin aanwend, nie net in en ten bate van hulle geledere nie, maar oral waar nood en behoefte bestaan.
In hierdie Kruisgewys is daar ’n seleksie van verhale wat van hierdie diensbaarheid getuig.
Ons sien dit ...
- op Elliot waar boere by die slagoffers van ’n taxi-ongeluk betrokke raak en dié betrokkenheid tot ’n hele gemeenskapsverandering lei;
- in Oos-Londen en Port Elizabeth haar dienslewering die kerk laat groei;
- in Durban se middestad waar ’n gemeente sy deure oopgooi vir die gemeenskap en die bediening ekumenies honderdvoudig ontplof;
- in die inspirerende alternatiewe storie uit Zimbabwe waar ons ons aan John se praktiese visie verwonder.
Daar is talle van dié verhale reg oor ons land versprei!
Dit is natuurlik nie heeltemal nuut nie. Die kerk in Suider-Afrika het nog altyd ’n barmhartige hart gehad. Dit het nog altyd op baie maniere mense met nood gehelp. En hoewel die persepsie onder baie toeskouers vir lank was dat omgee in baie kerke net beperk was tot die eie kring, is daar talle verhale wat die teendeel bewys.
Wat nóú gebeur, is tog iets méér. Die kerk groei op so baie plekke oor sy grense dat dit regtig inklusief begin word.