Soek in vorige Kruisgewyse

Wie's hier?

Ons het 27 gaste aanlyn

Besoekers

mod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_counter
mod_vvisit_counterVandag165
mod_vvisit_counterGister309
mod_vvisit_counterHierdie week165
mod_vvisit_counterVerlede week1818
mod_vvisit_counterHierdie maand5637
mod_vvisit_counterVerlede maand8577
mod_vvisit_counterAlle dae602195

Aanlyn (20 minute gelede): 7
Jou IP: 54.172.234.236
,
Today: Jul 21, 2019

In die klein gemeentes hou ons liefde boek
Van die foute van die ledemate,
Van ons broers en susters, ons ondersoek
ry op, ry af, na links, na regs mekaar se kwaad...
ons hou rekening van en ons reken af met
mekaar in die klein gemeentes voor die diens,
met die ledemate se foute voor Gods wet,
gesien en ongesiens...

soos primate met die skerp nael mekaar
uitkam tot diep in die huid,
tot in die wortel van die haar...
van gehoresegge en ongehoord
en vermoed, voor en tydens en na die diens;
gesien en ongesiens.

Maar God is anders as ons. Hy
Is vol genoegdoening as die sondiges iets weer regkry...
God geniet dit as die alkoholis
Gerehabiliteer is.
God vergeet. God
Vergeet tot uitgediende hoerery, diefstal, tot
Uitgediende moord, tot die onthouers
So goed as saam met die verbrouers.

Maar ons, ons geheue is sterk
Wat oortredings betref, ons is sensitief vir boos
En heilig, ons hou die sonde lewend binne-in die kerk,
Tot in die vierde geslag.
En God? Gods liefde is geheueloos.