Soek in vorige Kruisgewyse

Wie's hier?

Ons het 47 gaste aanlyn

Besoekers

mod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_counter
mod_vvisit_counterVandag251
mod_vvisit_counterGister225
mod_vvisit_counterHierdie week958
mod_vvisit_counterVerlede week1933
mod_vvisit_counterHierdie maand4612
mod_vvisit_counterVerlede maand8577
mod_vvisit_counterAlle dae601170

Aanlyn (20 minute gelede): 8
Jou IP: 34.229.24.100
,
Today: Jul 17, 2019

Die sinode van die NG Kerk in Noord-Kaapland gee al die afgelope 25 jaar aandag aan die saak van klein gemeentes (Verslag).

Van die opsies wat al oorweeg is, is

  1. hervestiging van selfstandige pensionarisse in die platteland (1983),
  2. die stigting van wyksgemeentes (1987,1991) en
  3. kombinasiegemeentes (1987, en van reglement voorsien in 1991 - sover bekend het 6 gemeentes die pad gevolg),
  4. die uitreik na vakansiegangers en
  5. naweektoeriste (1987), en
  6. die koppeling van stedelike gemeentes aan plattelandse gemeentes (1987 - sover bekend is daar 2 gemeentes wat dit gedoen het).

Die SKG is ook opdrag gegee om kleiner gemeentes te help met strategiese beplanning (1995).  Die kleiner gemeentes is ook tegemoet gekom met 'n kleiner sinodale aanslag (2005).

Die grondliggende model wat regdeur gebruik word, is 'n professionele een: elke gemeente moet 'n leraar hê, en as jy te klein is, moet jy saamsmelt met ander gemeentes sodat jy dit kan regkry.  Dit hang natuurlik saam met die 3-ampte leer wat aan die basis daarvan lê.

'n Hele aantal gemeentes in die land het die weg gevolg, 153 gemeentes teen Mei 2008 volgens Howard du Toit (NIMSA - die ekumeniese netwerk vir Brugpredikante), die weg van samesmelting of eenwording  en 71 gekombineerde gemeentes is so gevorm.

Maar, dit is ook so dat meer stedelike klein gemeentes as plattelandse gemeentes dié roete gevolg het, heel moontlik omdat die afstande in die platteland dit moeiliker maak vir sulke prosesse om te slaag.  En die Noord-Kaap se klein gemeentes is oorwegend plattelands met groot afstande tussen hulle.

Daarom is dit moontlik tyd dat daar weer gedink word oor die model van die professionele predikant, soos Dons Kritzinger dit ook in sy boek Rethinking Ministry doen, en soos tans in die NG Kerk se sinodes in Oos-Kaapland en KwaZulu-Natal gedoen word.

Baie keer is dit juis in die uur van nood, wat nuwe werklikhede oopgaan.  Dit kos egter 'n doelgerigte keuse, om te vra waar God in dit alles is, voordat hierdie nuwe werklikhede as geskenke uit die hand van God aanvaar kan word.