Soek in vorige Kruisgewyse

Wie's hier?

Ons het 48 gaste aanlyn

Besoekers

mod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_counter
mod_vvisit_counterVandag241
mod_vvisit_counterGister225
mod_vvisit_counterHierdie week948
mod_vvisit_counterVerlede week1933
mod_vvisit_counterHierdie maand4602
mod_vvisit_counterVerlede maand8577
mod_vvisit_counterAlle dae601160

Aanlyn (20 minute gelede): 4
Jou IP: 34.229.24.100
,
Today: Jul 17, 2019

In 'n verslag aan die Moderamen van die NG Kerk in SA (Wes- en Suid-Kaapland sinode) DEMOGRAFIESE EN KONTEKSTUELE UITDAGINGS VIR GEMEENTES IN DIE NG KERK IN SA.- ook 'n Bylaag: Ons voorstede verander. Moet die kerk ook? (Anné Verhoef) in Maart 2009, fokus die Communitas span ook op energiepunte in hulle sinode, maar sterker gekoppel aan navorsing oor die huidige stand van sake.

Interessante opmerkings in dié verslag wat met klein gemeentes te make het:

  1. Ons kan nie meer noodwendig aanvaar dat stedelike gemeentes groei en plattelandse gemeentes swaar trek en kwyn nie. In albei gevalle is daar gemeentes wat `n opbloei beleef en gemeentes wat sukkel en kwyn.
  2. Daar is tans geen noemenswaardige groei in die suidelike voorstede. Daarom dat ‘n eksperimentele bedieningspunt soos LFM in Tokai vir ons so `n belangrike oefening is.
  3. Van die kleiner myn gemeenskappe (Kleinsee/Grootmist, Alexanderbaai, Oranjemund) gaan deur `n baie moeilike tyd.
  4. Offervaardigheid: ‘n Voorbeeld uit ‘n plattelandse VGK gemeente: Meer as 70% van dié gemeente se lidmate is plaaswerkers waarvan die inkomste laer as R500 p.w. (< R2 000 p.m.) is. Maar hulle het ‘n droom vir die Here se werk en gee hulleself daarvoor. Hulle beplan uitbreidings aan hulle kerkkompleks vir meer as R3 miljoen en is goed oppad om die bedrag in kontant te hê. Dit laat ‘n mens nogal klein voel as meeste van hulle, netjies aangetrek na ‘n Debutante Dinee waar R120 000 ingesamel is, agter op vragmotors huis toe vertrek. Hulle het elkeen ook nog R75 vir die ete opgedok. En die volgende oggend het die erediens-dankoffer bordjies oorgeloop van "groot" note!
  5. Faktore wat energie kan kelder: Deur vas te hou aan `n plattelandse bedieningsmodel as absolute. (Sien Bylaag 1)
  6. Moet asseblief nie klein gemeentetjies toemaak of geboue nou verkoop nie! Hulle is te kosbaar. Onthou, dis `n mite dat `n gemeente `n predikant moet kan bekostig om voort te bestaan. Daar is baie ander opsies. (Kontak gerus die Gemeente-Ontwikkeling en Kerklike Samewerking kantoor (GKS) in die Kaap vir raad - 021-9577202)

Uit die bylaag

  1. As voorstede dus verander wat die kultuursamestelling betref, word dit gou as bedreigend ervaar. Mense trek weg na waar hulle eie kulture is, of mense isoleer hulle nog meer van die nuwe intrekkers wat as indringers beskou word. Interessant genoeg reik die nuwe mense, die vreemdes in die ou omgewings, dan uit na mekaar en vorm nuwe subgemeenskappe.
  2. Op hierdie punt lyk dit of die kerk deur sy multikulturele bedieninge ʼn aanknopingspunt kan kry. Die meeste bedieninge in die NG Kerk wat multikultureel funksioneer, is bedieninge wat hierdie nuut saamgestelde gemeenskappe ondervang. Gewoonlik gebeur dit in die middestad, soos byvoorbeeld in Windhoek (Andrew Murray gemeente) en in Pretoria (Arcadia Faith Community) waar ʼn verskeidenheid nuwe kultuurgroepe intrek en dan saam groepeer en tuiskom by die kerk. In die voorstede gebeur dit ook, maar op ʼn kleiner skaal. In ʼn voorstad soos Amanzimtoti word die Engelse erediens byvoorbeeld bygewoon deur Engelstalige blankes (met hulle Afrikaanse familie) en ʼn groep van swart mense wat dít in gemeen het dat hulle nie Zoeloes is nie. Hulle praat Sotho, Tswana of ander inheemse tale, maar hulle moedertaal is nie Zoeloe nie en hulle gemeenskapslewe is die van Amanzimtoti en nie van byvoorbeeld KwaMakhutha nie.Hierdie soort nuwe "subgemeenskappe" begin waarskynlik al meer in alle voorstede van die land ontstaan en hulle het nie ʼn onmiddellike, nabye of "natuurlike" heenkome soos baie ander kultuurgroepe in die voorstede nie.