Soek in vorige Kruisgewyse

Wie's hier?

Ons het 56 gaste aanlyn

Besoekers

mod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_counter
mod_vvisit_counterVandag240
mod_vvisit_counterGister225
mod_vvisit_counterHierdie week947
mod_vvisit_counterVerlede week1933
mod_vvisit_counterHierdie maand4601
mod_vvisit_counterVerlede maand8577
mod_vvisit_counterAlle dae601159

Aanlyn (20 minute gelede): 3
Jou IP: 34.229.24.100
,
Today: Jul 17, 2019

Daar word al hoe meer geskryf oor die vitaliteit van klein gemeentes.    Sheryl Kujawa-Holbrook noem sulke gemeentes: A Saving Remnant ( A Saving Remnant: Vitality in Small Congregations. Congregations, Spring 2007, number 2, Alban)

Sy vertel in haar artikel bv. van een so ‘n gemeente in die dorpie Winn in die staat Maine in die VSA, St. Thomas's Episcopal Church.  Winn was op sy dag ‘n besige dorp met ‘n hotel, ‘n leerlooiery en ‘n stasie.  Uit die gemeente het vier ander ontstaan, waarvan een steeds funksioneer.  Vandag is daar egter net ‘n poskantoor en ‘n algemene handelaar oor vir die paar honderd mense wat nog daar woon.

Ten spyte van ‘n groot diversiteit in opvoedkundige en ekonomiese  agtergrond by die lidmate, sê Carolyn Metzler, die plaaslike pastor: "At the altar, however, all these difference melt away.  Then people come forward, kneel-as they are able-and stretch out their open hands."

Die klein grootte van die gemeente stel haar in staat om die mense aan hulle hande uit te ken: "cupped in front of them and waiting for the holy bread. Dimpled, creased, arthritic, calloused, ringed, bony, pudgy, thumbless, tilted, open, all waiting expectantly."

En net so gretig as wat hulle die nagmaal ontvang, is hulle bereid om om te gee vir ander en in gasvryheid uit te reik.  Carolyn beskryf die lidmate se pastorale sorg as: "generosity breaking out".  So deel hulle bv. hout uit vir die winter aan dié wat nie genoeg het nie en in hulle eredienste word kinders se geraas verwelkom, al is die 50 kerkgangers meesal ouer lidmate met net ‘n handvol kinders.

Sheryl plaas die gemeente in sy breër Amerikaanse konteks -  50% van Amerikaanse kerke is klein met minder as 100 kerkgangers op ‘n Sondag - en noem twee faktore wat in die ervaring van sulke gemeentes tot dié klein-gemeente vitaliteit aanleiding gee:

  • Omgee en energieke betrokkenheid van alle lidmate by die gemeente en gemeenskap; en
  • ‘n Positiewe waardering vir die bediening van die gemeente.

Die omgekeerde is natuurlik ook waar.  Waar gemeentes vitaliteit kan verloor, is wanneer:

  • die bediening, en besluite oor die bediening, in die hande van een of twee persone gelaat word en dié besluite nie neergeskrywe word nie; en
  • die gemeente se hooffunksie as die instandhouding van die gebou gesien word, eerder as ‘n sentrum vir die bediening.

Klein gemeentes floreer dus met ‘n deelnemende ekklesiologie, waar alle gawes en alle lidmate ingespan en ontwikkel word in die bediening van die gemeente as deel van die Missio Dei in hierdie wêreld.

Metafories gestel:  Alle hande moet saam die brood van die lewe ontvang EN uitdeel.  En geld dit nie ook maar vir groter gemeentes nie?