Soek in vorige Kruisgewyse

Wie's hier?

Ons het 45 gaste aanlyn

Besoekers

mod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_counter
mod_vvisit_counterVandag251
mod_vvisit_counterGister225
mod_vvisit_counterHierdie week958
mod_vvisit_counterVerlede week1933
mod_vvisit_counterHierdie maand4612
mod_vvisit_counterVerlede maand8577
mod_vvisit_counterAlle dae601170

Aanlyn (20 minute gelede): 6
Jou IP: 34.229.24.100
,
Today: Jul 17, 2019

Shawn McMullen en Mary Hopkins vertel ‘n paar verhale oor klein gemeentes in Amerika wat ‘n impak het wat groter is as hulle getalle. Daarmee dekonstrueer hulle die konsep dat groter altyd beter is: "We have mindlessly bought into the concept that bigger means better, and in fact, it doesn't." Dit is nie getal lidmate wat ‘n gemeente se impak bepaal nie, maar die getal verhoudinge waarin ‘n gemeente se lidmate staan, beide na binne as na buite.

Benewens die rol wat gebed en die gereelde viering van uitsette kan speel, is dit die beklemtoning van verhoudinge (plug people in) en roeping (find a niche) wat veral opval in die beginsels wat hulle vir die impak van gemeentes uitspel.

Vir enige gemeente is dit immers belangrik om die bediening te fokus op die roeping wat God hulle gee.  Vir klein gemeentes is só ‘n fokus egter moontlik nóg belangriker as vir groter gemeentes.  In plaas daarvan om ‘n aantal bedieninge in stand te hou, bv. net omdat ander gemeentes sulke dinge het, kan klein gemeentes eerder hulle bronne, onder leiding van die Gees, aanwend vir dit waarin hulle goed is of dié nood wat die belangrikste is in hulle omgewing.

Lees verder hieroor in Common Size, Uncommon Impact van Shawn McMullen & Mary Elizabeth Hopkins in Outreach magazine, "Features," July/August 2006