Soek in vorige Kruisgewyse

Wie's hier?

Ons het 27 gaste aanlyn

Besoekers

mod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_counter
mod_vvisit_counterVandag238
mod_vvisit_counterGister225
mod_vvisit_counterHierdie week945
mod_vvisit_counterVerlede week1933
mod_vvisit_counterHierdie maand4599
mod_vvisit_counterVerlede maand8577
mod_vvisit_counterAlle dae601157

Aanlyn (20 minute gelede): 4
Jou IP: 34.229.24.100
,
Today: Jul 17, 2019

J L C du Preez het 'n tesis in 2004 met die titel Leierskapsontwikkeling in Klein Landelike Gemeentes van die VGK die lig laat sien, onder leiding van professore Hennie Pieterse en Flip Theron.

Hy skryf oor die bediening, strukture, bestaanswyse, tentmaker-bediening en ekklesiologie in 'n konteks van armoede om uiteindelik iets te sê oor leierskapsontwikkeling.  Dit het 'n stuk empiriese navorsing ingesluit van die 128 gemeentes in die Noord-Transvaalse VGKSA sinode.  Hy bepleit 'n sintese van vakleerling-, indiensopleiding- en tentmakermodelle as tweede bedieningsmodus langs die bestaande predikante-opleidings modus.  Dit sal bewese plaaslike gemeenteleiers in staat stel om as pastores in klein gemeentes op te tree.Lees die hele tesis hier:

Die opsomming van sy tesis lui as volg:

Die VGKSA se gebiedsinode van Noord-Transvaal bestaan uit 128 gemeentes waarvan 48 tans sonder 'n eie predikant is.  Van die 48 gemeentes is 23 klein gemeentes op die platteland.  Die talle wyks-kerke van groot plattelandse gemeentes, wat in wese ook klein gemeentes is, is nie hierby ingesluit nie.  Die VGKSA het veral twee historiese erflatings naamlik, materiële armoede en die presbiteriale vorm van kerkregering, bekend as die drie-ampteleer (manus triplex), wat 'n ingeboude hiërargie aan pastores 'n prominente leiersrol in gemeentes toeken.  Uit die drie-ampteleer kan die aanname dus gemaak word dat elke gemeente 'n kerkraad met 'n eie predikant behoort te hê.

Waar klein landelike gemeentes nie 'n eie predikant kan bekostig nie, moet hulle daarsonder klaarkom.  Dit is die agtergrond waarteen ons die belangrikheid van ouderlinge in die klein landelike gemeentes van die VGKSA moet verstaan waar ouderlinge, sonder formele opleiding, die pastorsrol moet oorneem en uitvoer.  Dit noop die kerk om na alternatiewe maniere te kyk vir die toelating van pastores.

Die voormalige NGSK en die NGKA het 'n erkende kerklike praktyk onderskryf waar bewese gemeenteleiers op grond van hul unieke geestesgawes toelating as pastores kon kry. Dié praktyk is deur die algemene sinode van die VGKSA erken.  Uit hierdie empiriese ondersoek gaan duidelike stemme op dat die topleiding van die VGKSA dié erkende kerklike praktyk moet aanpas om die situasie van die plattelandse kerk te akkommodeer.  Die moontlike sintese van die vakleerling-, indiensopleiding- en tentmakermodelle as algemene modelle vir leraarsopleiding onder Protestante in die verlede, kan die weg baan vir 'n aangepaste Pauliniese tentmakermodel wat sal lei tot die toelating van bewese plaaslike gemeenteleiers as pastores in die die VGKSA se landelike wykskerke en klein gemeentes.

Die heersende situasie van die landelike kerk noodsaak hierdie bedieningsmodus as 'n aanvullende alternatief tot die bestaande predikante-opleiding.  Omdat dit 'n kritieke situasie aanspreek, staan dit nie in opposisie tot die voltydse bediening of deeglike teologiese opleiding van veral jonger persone nie.  Wat uit die konteks van die plattelandse kerk opkom, is die behoefte an beide bedieningsmodi.