Soek in vorige Kruisgewyse

Wie's hier?

Ons het 48 gaste aanlyn

Besoekers

mod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_counter
mod_vvisit_counterVandag251
mod_vvisit_counterGister225
mod_vvisit_counterHierdie week958
mod_vvisit_counterVerlede week1933
mod_vvisit_counterHierdie maand4612
mod_vvisit_counterVerlede maand8577
mod_vvisit_counterAlle dae601170

Aanlyn (20 minute gelede): 6
Jou IP: 34.229.24.100
,
Today: Jul 17, 2019

Ook die Gereformeerde Kerk dink na oor die wyse waarop kleiner gemeentes gehelp kan word met bv. "preekkonsent", veral na die eenwordingsproses waar die sinode gekonfronteer word met 'n heel ander konteks as waaraan baie van hulle vroeër gewoond was. 

In die aanvullende rapport van die kuratorium van die Teologiese Skool Potchefstroom aan die Nasionale Sinode van 2009 word bv. ernstig geworstel met die probleem van klein gemeentes wat nie 'n predikant kan bekostig nie, en van ander bedieningsmaniere gebruik moet maak.  Dit is 'n saak wat al van die Sinode van 2003 kom, waar verwys is na die "kritieke bedieningsnood in veral swart, landelike en "township"-gemeentes" (Acta 2003:728). By die Sinode van 2006 (Acta 2006:797) het hulle verder kennis geneem daarvan dat dit veral gaan "oor die werklikheid dat ‘n groot deel van die pastorale werk in kerke wat uit ‘n sending agtergrond onstaan het (dus veral kerke uit die voormalige Sinode Middellande) behartig word deur persone wat nie as predikante opgelei, beroep of bevestig is nie."

In die kuratorium verslag word hierdie werklikheid veral gewyt aan strukturele armoede in die gemeenskappe waar hulle geroep is om kerk van die Here te wees. Met verwondering en dankbaarheid neem die kuratorium egter ook kennis daarvan dat hierdie kerke - ook Gereformeerde Kerke -  vinnig groei in ‘n konteks van geweldige geestelike nood.  Hulle ervaring van die voormalige Sinode Middellande is die volgende (uit die rapport van die Teologiese Skool op Potch aan die 2009 sinode):

Baie van hierdie gemeentes, wat voluit deel vorm van die gemeenskap van kerke binne die verband van die GKSA, beskik nie oor voltydse, goed opgeleide, beroepe en bevestigde, vol-betaalde predikante nie, hoofsaaklik as gevolg van strukturele armoede in die gemeenskappe waar hulle geroep is om kerk van die Here te wees. Tog sien ons met verwondering en dankbaarheid dat kerke - ook Gereformeerde Kerke - in hierdie gemeenskappe vinnig groei in ‘n konteks van geweldige geestelike nood. In hierdie gemeenskappe woon en werk gelowige kinders van die Here in situasies waar veral armoede, die verwoestende uitwerking van VIGS asook ander sosio-ekonomiese probleme mense honger maak vir die Woord van die Here. Daarom kom gelowiges saam in kleiner en groter gemeentes met ‘n lewendige en dinamiese kerklike lewe, om uit die Woord geleer, vertroos, versterk en vermaan te word en gevorm te word om as mense wat aan Christus behoort, aktief in hulle gemeenskappe teenwoordig te wees. Die Here voeg op baie plekke byna weekliks nuwe gelowiges by hierdie kerke (vgl Hand 2:47; 9:31).

Tersyde: dit het my sommer net weer laat verlang na eenheid in ons eie konteks - ons mis só baie as ons nie met mekaar praat en nie met mekaar vergader nie!

Ewenwel, dit lei daartoe dat op baie plekke lidmate voorgaan wat nie in terme van die KO, art 3 beroep en bevestig is as predikante nie, en ook nie behoorlik opgelei en toegerus is nie. Die kuratorium erken egter dat hulle dikwels begaafde mense is: "wat ‘n verskeidenheid geestelike gawes ontvang het, en met groot liefde en ywer vir die kinders van die Here getrou hulle werk doen - voltyds of deeltyds, betaald of onbetaald: hulle doen huisbesoek, lei byeenkomste, behartig kategese en Bybelstudies, doen intensief evangelisasie en gaan voor in die weeklikse eredienste. Ons beleef die wonder dat die Heilige Gees deur die dienswerk van hierdie broeders mense aan alle kante oortuig van die waarheid van die evangelie van Jesus Christus en hulle honger maak vir sy Woord - meer as wat daar predikante is om hulle te bedien."

Die kuratorium vra dus die vraag: "Wat staan ons as kerke binne die gemeenskap van die GKSA in hierdie opsig te doen? Kan ons hierdie broeders wat so voorgaan help met ‘n toeganklike en bekostigbare vorm van opleiding? Of moet ons hierdie brose nuwe groei in ons kerke dooddruk en gelowiges die Woord van die Here ontsê deur die voorgangers die swye op te lê omdat hulle optrede nie strook met die Kerkorde nie? Is daar ander maniere om gestalte te gee aan die beginsel dat kerke moet waak oor die verkondiging van die Woord? Moet ons daarop aandring dat almal die volle kandidaatstudie deurloop om predikant te kan word - al sou die meeste van hierdie broeders nie deur hulle gemeentes onderhou kon word nie? Moet ons daarop aandring dat al hierdie broeders, saam met hulle uitgebreide gesinne, vir ‘n aantal jare hulle gemeentes verlaat om as predikante opgelei te word aan ons Teologiese Skool? Wat word intussen van die gemeentes? Kan ons aanneem dat al hierdie broeders die nodige gawes het om tot op nagraadse vlak akademiese studie aan ‘n universiteit te voltooi? En as hulle dit nie het nie - diskwalifiseer dit hulle by voorbaat reeds om deur die Here gebruik te word in sy kerk? Kan ons selfs aanvaar dat al hierdie broeders noodwendig geroep is om predikant te word?"

Daarom versoek die kuratoruim die sinode om: "die saak van preekhulpe verder te ondersoek en teen die agtergrond van besluite in ander Gereformeerde kerkverbande voorstelle te maak aan die volgende Sinode oor maniere waarop hierdie saak hanteer kan word wat (a) reg laat geskied aan die nood van kerke waar hierdie broeders optree en (b) voldoen aan die beginsels van die Kerkorde (2.4.4 teen die agtergrond van 2.1.1).