Soek in vorige Kruisgewyse

Wie's hier?

Ons het 9 gaste aanlyn

Besoekers

mod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_counter
mod_vvisit_counterVandag236
mod_vvisit_counterGister225
mod_vvisit_counterHierdie week943
mod_vvisit_counterVerlede week1933
mod_vvisit_counterHierdie maand4597
mod_vvisit_counterVerlede maand8577
mod_vvisit_counterAlle dae601155

Aanlyn (20 minute gelede): 5
Jou IP: 34.229.24.100
,
Today: Jul 17, 2019

Dis dalk goed om met 'n belydenis te begin.

Toe ons 'n aantal jare gelede oor nuwe gemeente-ontwikkeling begin dink het, het die prentjie meermale by 'n mens opgekom dat daar dalk êrens 'n paar groot, nuwe dinamiese gemeentes gevestig kan word. Makro-gemeentes was immers die "geur van die maand".

Heelwat water het egter sedertdien hier by GKS in die see geloop. Die kontak met 'n aantal kleiner geloofsge­meenskappe wat onder moeilike omstandighede hulle lig laat skyn, het ons denke beïnvloed. Interessante navorsing het ons ook nuut oor gemeentes, veral kleineres, laat dink. Hier is 'n paar gedagtes.

Verreweg die meerderheid van alle gemeentes se lidmaattal is net meer as 100 en minder as 150.

Robin Dunbar het 'n interessante teorie. Daarvolgens is 150 die natuurlike getal vir sosiale groeperings of assosiasies. Groepe het 'n natuurlike plafon op ongeveer 150. Dit val saam met mense se natuurlike vermoë tot interpersoonlike verhoudinge. Vir groepe groter as 150, moet die verhoudinge deur kapasiteit bestuur word. Hoe groter die groep, hoe groter die nodige "bestuurskapasiteit" om die groep te bestuur (sien oor Dunbar in M Gladwell: The Tipping Point. London: Abacus, 2000, bl 177 en verder).

Nêrens in die Bybel staan dat 'n geloofsgemeenskap tot stand kom deur 'n voltydse predikant met 'n sekere aantal jare teologiese opleiding nie. Ons lees eerder oor geestelike leierskap wat, onder leiding van die Gees en met die hulp van die geestelike gawes wat aan die hele gemeenskap gegee is, die gemeenskap opbou. Daarom het ons ook die afgelope tyd weer só bewus geword van baie klein gemeenskappe wat beslis nie in die nabye toekoms 'n leraar sal kan bekostig nie, maar steeds 'n wonderlike geloofsgemeenskap vorm.

Ons dink daarom twee keer vóór afstigting.

Ons dink deesdae ál moeiliker oor samesmelting. Ons dink wel oor die moontlikheid dat een leraar drie selfstandige gemeentes kan bedien. Moet asseblief nie sommer gemeentes toemaak nie!

Ons verkneuter ons in die wonder van klein gemeentes.

Ons hoop dat daar sommer baie van hulle in die toekoms die lig sal sien.

Dit beteken nie dat groot, makrogemeentes nie 'n plek het nie. Kom ons vier net 'n slag die bestaan van klein gemeentes!

Binne die VGK lyk die prentjie nie veel anders nie. Gemeentes spook om kop bo water te hou. Hulle spandeer te veel energie aan vergaderings en te min tyd daaraan om aktiwiteite wat energie gee, te loods.

Gemeentes se sterkste fokus die afgelope jare was hulle eiendomme, sonder dat hulle werklik na mense se behoeftes gekyk het. 'n Gemeente se bates maak of hy as suksesvol geklassifiseer word, soveel so dat die pastorale arbeid dikwels skade lei.

Gemeentes se denke word nog gans te veel vasgevang deur die gedagte dat hulle 'n eie leraar moet kan bekostig. Gemeentes sal moet toelaat om 'n leraar met ander gemeentes te deel.

Die ekonomie dring ons om heelwat dieper oor ons verskillende bedienings te dink. Oor vyf tot tien jaar gaan meer as die helfte van VGK-gemeentes sukkel om leraars te bekostig. Hoekom sal ons tot dan wag?

Mag ons die enorme geleenthede van klein gemeentes raaksien om steeds die kerk van Christus te wees! Dit sal help as ons kan begin deelneem in gesprekke en opleidingsgeleenthede wat ons hierin kan begelei.

Braam Hanekom is moderator van die sinode Wes- en Suid-Kaapland. Hy en Peter Adams is albei deeltyds in diens van die Raad vir Gemeente-ontwikkeling van dié sinode en van die sinode Kaapland van die VGK.

Dié artikel het die eerste maal in die Gemeente-Ontwikkeling (GKS)-nuusbrief van Maart 2009 verskyn.