Soek in vorige Kruisgewyse

Wie's hier?

Ons het 19 gaste aanlyn

Besoekers

mod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_counter
mod_vvisit_counterVandag151
mod_vvisit_counterGister309
mod_vvisit_counterHierdie week151
mod_vvisit_counterVerlede week1818
mod_vvisit_counterHierdie maand5623
mod_vvisit_counterVerlede maand8577
mod_vvisit_counterAlle dae602181

Aanlyn (20 minute gelede): 5
Jou IP: 54.172.234.236
,
Today: Jul 21, 2019

Frederick Marais en die Communitas span het in 2008 nagedink oor Energie punte in gemeentes.  Een van die tendense wat hulle waargeneem het in gemeentes, het spesifiek met klein gemeentes te make:

"Nuwe" gemeentes in armoede- en multikulturele en ontkerklike kontekste:

  • Ons bemerk ‘n klein, maar betekenisvolle aantal gemeentes wat besig is om onder die radarskerm na vore te kom.  Dit is gemeentes wat ons in die verlede sou toemaak, of laat "terugstig" het met ander gemeentes.  Hierdie gemeentes funksioneer en lyk baie verskillend as die "normale" profiel van ons gemeentes.
  • Dit is nuwe, dikwels klein gemeentes, of herlewings van gemeentes in situasies van armoede of multi-kulturaliteit. Kenmerkend van hierdie gemeentes is hulle institusionele broosheid en hulle bereidheid om risiko's te neem.
  • Ons merk op dat die leiers hier met ander vrae besig is as gewone hoofstroom gemeentes. In baie gevalle het daar slegs ‘n klein kern van ‘n vorige groter gemeente oorgebly, maar is daar leiers wat met nuwe visie vir die gemeenskap na vore kom.
  • Ons merk op dat hulle dikwels in konflik kom met die institusionele gesig van die kerk, soos die Ring waarin hulle is, of buurgemeentes wat met hulle wil saamsmelt, maar is verras met hulle vasberadenheid en deursettingsvermoë.

Hulle definieer vir ons in ‘n groot mate hoe die toekoms sal en kan lyk. Om met hulle te werk, is ‘n voorreg wat ons inspireer en motiveer. Tot ‘n groot mate is hulle die gemeentes wat die roeping en die belydenisse van ons sinodes beliggaam.