Soek in vorige Kruisgewyse

Wie's hier?

Ons het 24 gaste aanlyn

Besoekers

mod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_counter
mod_vvisit_counterVandag152
mod_vvisit_counterGister309
mod_vvisit_counterHierdie week152
mod_vvisit_counterVerlede week1818
mod_vvisit_counterHierdie maand5624
mod_vvisit_counterVerlede maand8577
mod_vvisit_counterAlle dae602182

Aanlyn (20 minute gelede): 6
Jou IP: 54.172.234.236
,
Today: Jul 21, 2019

In ‘n wydlopende voordrag van Christo van der Merwe by die fakulteitsopening by Tukkies in Februarie vanjaar, het hy oor die tema van missionale gemeentes gepraat.  Met verwysing na die navorsing van Wim Dreyer, het hy gesê, dat ons waarskynlik die volgende kan verwagLees ook Nicki Reno se artikel oor mikro-gemeentes:

  • Die era ( en die ideaal) van ‘n gemeente met sy eie volversorgde predikant op elke dorp en in elke woongebied met ander woorde, die klassieke volkskerk model, is iets van die verlede. Die tradisionele herder/kudde gemeente gaan al meer onder druk kom. Daarmee saam sal die tipiese Reformatoriese identiteit en bedieningstrukture bepaalde veranderings ondergaan.
  • Gemeentes sal waar nodig saamsmelt en makrogemeentes vorm (sentralisasie) met die gepaardgaande tot niet gaan van omringende gemeentes;
  • of mikrogemeentes (desentralisasie), met die gepaardgaande proliferasie van groepe.

Maar dan wys hy daarop dat indien hierdie laaste scenario realiseer dit uiteraard baie groot uitdagings aan die kerk stel in terme van opleiding van lidmate asook ‘n radikale hervorming in kerkbegrip en kerkpraktyk.

Indien beide strategieë gevolg word (sentralisasie en desentralisasie) het dit die volgende implikasies:

  • Gemeentes sal waar nodig saamsmelt.
  • Op die platteland kan gemeentes van verskillende kerke saamsmelt en bediening deel.
  • Teologiese opleiding, barmhartigheidswerk en ander dienste sal linterkerklik plaasvind.
  • Op die makrovlak is die samesmelting van kerke ‘n moontlikheid.
  • Omgekeerd, indien die strategie van desentralisasie gevolg word, kan klein gemeentes (huisgemeentes soos waarvan ons lees in Rom 16:5 en Filemon 2 onder leiding van ouderlinge en lidmate funksioneer.
  • As bogenoemde realiseer het dit die implikasie dat die "professionele" predikant obsoleet word. Beskikbare predikante sal dus  waarskynlik baie aandag moet gee aan die opleiding en toerusting van lidmate.
  • Die NHKA sal sy pastorale bedieningsmodel moet hervorm tot ‘n omvattende missionale bedieningsmodel
  • Die tradisionele  teologiese opleiding sal ingrypend moet verander, aangesien predikante van die NHKA tans nie in staat is om in ‘n missionale omgewing te funksioneer nie (ek sal later hieroor meer probeer sê).

Skuiwe in gemeentes wat sal moet kom:

  • Van selfgesentreerdheid na Godgerigtheid
  • Van oorlewingsingesteldheid na ‘n missionale leefwyse
  • Van ‘n gemeentesentriese - na ‘n koninkryksgerigtheid
  • Van burgerlike godsdiens na deurleefde Christenskap
  • Van liniêre denke tot sistemiese denke
  • Van ‘n vergadering - en organisasiekultuur na ‘n bedieningskultuur.
  • Van programme en aksies na verhoudinge
  • Van lidmate wat verbruikers is na lidmate wat medewerkers word (algemene priesterskap van die gelowiges)
  • Van bydraers na ontvangers wat gee
  • Van uitgawe begrotings na bedieningsbegrotings