Soek in vorige Kruisgewyse

Wie's hier?

Ons het 19 gaste aanlyn

Besoekers

mod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_counter
mod_vvisit_counterVandag237
mod_vvisit_counterGister225
mod_vvisit_counterHierdie week944
mod_vvisit_counterVerlede week1933
mod_vvisit_counterHierdie maand4598
mod_vvisit_counterVerlede maand8577
mod_vvisit_counterAlle dae601156

Aanlyn (20 minute gelede): 3
Jou IP: 34.229.24.100
,
Today: Jul 17, 2019

Hoe lyk tradisionele gereformeerde kerke aan die begin van die 21ste eeu? Laai die volledige artikel - Gereformeerde Institusionalisme - hier af sowel as die een wat spesifiek fokus op die NHKA se Institusionalisering

Dit is myns insiens onlosmaaklik deel van die verhaal van die kerk van die eeue. In dié verhaal ontdek ons wie en wat die Kerk eintlik is. Ons ontdek iets van die Kerk se identiteit. "Drilling down in this systems story - the paradigm, or mode of church - is one of the keys to change and constant innovation" (Hirsch 2006:54). Om die systems story van gereformeerde kerke te kan verstaan, dink ek dat dit vanuit die dominante institusionele karakter van hierdie kerk gedoen moet word.

Die kerk as instituut - met sy georganiseerde aktiwiteite, ampte, strukture, belydenisskrifte, kerkordes en vergaderings - is nie deur Jesus van Nasaret gestig nie. Teoloë is dit eens dat daar nie Skriftuurlike gronde bestaan vir die opvatting dat Jesus die kerk gestig het nie. Jesus het aan mense verkondig dat God se koninkryk naby gekom het en dat hulle hulle moes bekeer. Daar is ook geen historiese gronde om die stigting van die kerk aan Jesus of aan Paulus toe te skryf nie. Die gelowiges in die Nuwe Testament was kwalik bewus van 'n toekomstige bestaan op aarde. Hulle het die wederkoms van Christus verwag, selfs nog in hulle eie leeftyd.

Corpus Christianum

Met die Edik van Milaan is die tydvak van die corpus christianum ingelei, waar die liggaam van Christus nie net die Christelike kerk omvat het nie, maar die totale Christelike samelewing onder heerskappy van die Christelike vors. As dryfkrag agter die corpus christianum het die Christelike godsdiens 'n dominante invloed uitgeoefen in die vorming van die Westerse kultuur en beskawing.

Die corpus christianum het sonder onderbreking 15 eeue lank bly voortbestaan. Regdeur die Middeleeue, Renaissance en kerkhervorming het die kerk sy invloed en magsposisie behou en is die kultuur-christenheid verder uitgebou.

Die 16de eeuse Reformatore het die kerk, volk en owerheid as een organiese eenheid gesien.

Dit was eers met die opkoms van die modernisme en die sekularisering van die Westerse samelewing, dat die kerk sy oorheersende posisie in die samelewing stelselmatig begin verloor het. Sedert die 18de eeu het die corpus christianum begin om in duie te stort en word die kerk toenemend gemarginaliseer.

Heitink is van mening dat die Konstantynse Christendom teen 1960 finaal tot 'n einde gekom het (Heitink 2007:36). Daarmee het 'n nuwe periode in die kerkgeskiedenis aangebreek. Ten spyte daarvan dat die corpus christianum (Konstantynse Christendom) in die gemeenskap tot niet gegaan het en die kerk gemarginaliseer is, het baie van die voorveronderstellings en denkbeelde daarvan in die kerk bly voortbestaan. Niemandt skryf: Die kerk is in sy wese en optrede vasgevang in die Christenheidsparadigma ... Ons leef asof die Christelike geloof steeds die amptelike geloof van die amptelike kultuur is" (Niemandt 2007:15).

Die probleem wat dit vir die kerk skep, is dat in die postmoderne era mense juis skepties staan teenoor groot organisasies met hulle institusionele denke en funksionering. Mense wil deel wees van 'n beweging, nie van 'n organisasie nie. Bewegings fokus op mense, organisasies op beleid en programme (Callahan 2002:12). Die manier hoe die corpus christianum in die kerk bly voortleef, is te sien in die institusionele denkwyse van die kerk.

Institusionele konfigurasie

Soos reeds gemeld, meen Heitink dat die corpus christianum en die Konstantynse Christendom in 1960 gesterf het. Wanneer 'n mens sterf, laat hy 'n boedel na. Die kerk het 'n institusionele konfigurasie geërf (Hirsch 2006:55).

Die nalatenskap van die Konstantynse Christendom, is dat die kerk as instituut funksioneer. Dit blyk 'n bankrotboedel te wees wat die kerk met moeite bestuur en nóg moeiliker van ontslae kan raak. Die bestuur van hierdie bankrotboedel neem soveel tyd en energie in beslag, dat die kerk nie behoorlik aan sy eintlike taak, die missionêre en profetiese verkondiging van die evangelie, aandag kan gee nie.

Die kerk gaan in die proses agteruit. Daar is krampagtige pogings om die posisie van die kerk te herstel. Allerlei programme en vernuwing word ingevoer. Die kerk probeer om dieselfde as in die verlede te doen, net beter. Hierteen het Hirsch skerp kritiek uitgespreek:

Most efforts at change in the church fail to deal with the very assumptions on which Christendom is built and maintains itself. The change of thinking needed in our day as far as the church and the mission are concerned must be radical indeed; that is, it must go to the roots of the problem. Restructure the organization and leave the systems story in place and nothing changes within the organization. It is futile to revitalize the church, or a denomination, without first changing the system (Hirsch 2006:51-56).

Van instituut na beweging

Die denksisteem (die systems story waarna Hirsch verwys) wat verander moet word, kan na my mening as institusionele denke beskryf word. Institusionele denke kan gedefinieer word as denke waarin die kerk as instituut verstaan word en dus primêr as instituut funksioneer.

Callahan het in sy analise die volgende kenmerke van die kerk as instituut (teenoor 'n beweging) geïdentifiseer (Callahan 2002:13):

Callahan se navorsing het aangetoon dat by swak en sterwende gemeentes, bogenoemde institusionele denke dominant is. Waar die kerk primêr as instituut funksioneer, kwyn dit (Callahan 2002:15-16).

Van ampsdraers na gewone lidmate

Nog 'n kenmerk van kerke wat vasgeval het in institusionele denke, is die onderskeid wat gemaak word tussen ampsdraers en gewone lidmate. "In an institutional, organizational, bureaucratic church, much is made of the caste system between clergy and laypeople. Much is made of the distinctive character of ordination. There is a subtle, hierarchical tendency in an institutional church" (Callahan 2002:16).

Heitink gaan van die standpunt uit dat stagnasie Westerse kerke se agteruitgang veroorsaak, veral ná die Tweede Wêreldoorlog (Heitink 2007:20). Stagnasie dui op 'n stilstaande poel water, waar daar geen beweging is nie, geen suurstof nie, en mettertyd sterftes. 'n Mens kan byvoeg: 'n Poel water wat geen bydrae tot die ekologie lewer nie en van geen nut in die omgewing is nie.

Stagnasie lei tot 'n massale daling in lidmaatgetalle, jeug wat die kerk verlaat en die feit dat die kerk nie 'n greep op die religiositeit van 'n postmoderne samelewing kan kry nie. Heitink kom tot die gevolgtrekking dat die kerk in Wes-Europa sy grootste krisis in die geskiedenis in die gesig staar (Heitink 2007:21). Hy wys ook daarop dat baie mense meen dit is 'n onomkeerbare situasie - hulle meen die kerk is gedoem om te sterf.

Faktore vir heroriëntasie

Heitink wys op agt faktore wat vir die kerk van uiterste belang is, indien dit die gety wil keer. Vier van dié faktore het te doen met die kerk as instituut, en vier met die kerk as gemeenskap. Elkeen van hierdie faktore dra by tot die stagnasie van die kerk. Heitink sluit dan elke hoofstuk met 'n heroriëntasie van hoe die kerk die stagnasie kan stop.

Die vier faktore wat Heitink met die kerk as instituut verbind, is die volgende:

  • Kultuur: Die sentrale problematiek handel oor die kerk se onvermoë om binne die heersende kultuur die evangelie só te verkondig dat mense dit hoor en glo.
  • Integrasie: Die sentrale problematiek handel oor die kerk se onvermoë om diversiteit te akkommodeer en verskillende strominge te integreer tot groter eenheid.
  • Evangelisasie: Die sentrale problematiek handel oor hoe die gemeente in sy omgewing die evangelie kommunikeer.
  • Organisasie: Die sentrale problematiek handel oor die opbou van die gemeente en kerk in terme van die presbiteriaal-sinodale kerkregering, die amp en leierskap.

Die vier faktore wat Heitink met die kerk as gemeenskap verbind, is die volgende:

  • Inisiasie: Die sentrale problematiek handel oor die kerk se gebrek aan sinvolle rites waarmee kinders en jongmense deel kan word van die kerk.
  • Partisipasie: Die sentrale problematiek handel oor die gebrek aan deelname van lidmate aan gemeentelike aktiwiteite, lidmaatskap en gemeentevorming.
  • Kongregasie: Die sentrale problematiek handel oor die byeenkomste van die gemeente, die liturgie en die betrokkenheid van kinders daarby.
  • Kontemplasie: Die sentrale problematiek handel oor die gebrek aan spiritualiteit en die behoefte aan nuwe vorme van spiritualiteit.

Heitink se benadering maak erns met die kerk in sy huidige bestaansvorm. Sy analise van die problematiek is van groot waarde as die kerk homself wil oriënteer aan die toekoms en aan hoe dit geleenthede om die evangelie te verkondig, gaan benut.

Meer ingrypende benadering nodig?

Dit is egter 'n vraag of 'n benadering, waar die bestaande strukture en funksionering van die kerk as vertrekpunt geneem word, transformasie en kerkhervorming sal bevorder. Is 'n meer ingrypende benadering nie nodig nie? Heitink self wys daarop dat die vernuwing van die kerk (transformasie) baie meer gaan vra as net beter onderhoud van die bestaande (Heitink 2007:331). Transformasie verg nuwe visie en radikale verandering. Wat die kerk nodig het, is 'n metamorfose (2 Kor. 3,18).

Bill Easum het aangetoon dat institusionele denke dit vir kerke bykans onmoontlik maak om uit hulle tradisionele bestaanswyse te tree en (byvoorbeeld) nuut te begin in die sendingveld (Easum 2001:31). Transformasie en kerkhervorming is onmoontlik indien die denksisteem of sisteemverhaal (systems story) nie verander word nie. Dit is eers wanneer die dominante denksisteem in 'n kerk ontbloot word, dat die eerste tree gegee word in die rigting van kerkhervorming.

Easum toon ook aan dat meeste van die teorie wat die afgelope jare oor gemeente-ontwikkeling gepubliseer is, inherente swakhede het omdat dit vertrek vanuit 'n institusionele en meganistiese denksisteem. Hy neem die standpunt in dat die kerk nooit bedoel was om as instituut te funksioneer nie.

Hirsch kom tot die gevolgtrekking dat "a prophetically consistent Christianity means that we must remain committed to a constant critique of the structures and rituals we set up and maintain. Perhaps rather than calling this anti-institusionalism, a rather negative frame of mind, we should rather understand it as ‘holy rebellion' based on the loving critique of an institution modelled by the original apostles ......" (Hirsch 2006:55).