Soek in vorige Kruisgewyse

Wie's hier?

Ons het 21 gaste aanlyn

Besoekers

mod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_counter
mod_vvisit_counterVandag152
mod_vvisit_counterGister309
mod_vvisit_counterHierdie week152
mod_vvisit_counterVerlede week1818
mod_vvisit_counterHierdie maand5624
mod_vvisit_counterVerlede maand8577
mod_vvisit_counterAlle dae602182

Aanlyn (20 minute gelede): 6
Jou IP: 54.172.234.236
,
Today: Jul 21, 2019

Die globale prentjie van kleiner kerke en gemeentes is sorgwekkend.

Lees die volledige artikel hier, met statistieke en grafiekeDit is veral waar van nasionale kerke, volkskerke of staatskerke wat regoor die wêreld besig is om vinnig lidmate te verloor. In meeste lande bestaan die tradisionele "hoofstroom"-kerke nog net as klein minderheidsgroepe. In Suid-Afrika (en spesifiek die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika) is dieselfde tendens waarneembaar.

Die tradisionele gereformeerde kerke vaar ook wêreldwyd deurgaans die swakste in terme van erediensbywoning, selfs swakker as die Rooms-Katolieke Kerk. Dit blyk uit internasionale navorsing oor erediensbywoning (vgl http://www.religioustolerance.org/rel_rate.htm ). Dit is boonop duidelik dat die gereformeerde kerke in Suid-Afrika oor jare heen 'n verkeerde aanname gemaak het, naamlik dat dit die grootste godsdienstige groepering in Suid-Afrika is. Die teendeel is eerder waar.

Gereformeerde kerke is 'n uiters beperkte groep binne die breër Suid-Afrikaanse samelewing (vgl http://www.religioustolerance.org/rel_rate.htm). In Suid-Afrika vorm gereformeerde kerke net 6,7% van die bevolking, teenoor die Pinksterkerke se 8,5% en die Onafhanklike Inheemse Kerke se 52,1%.

Die situasie in die Hervormde Kerk

Die NHKA het sedert 1910 op 'n jaarlikse basis (met enkele uitsonderings) in elke gemeente sensus gedoen. Daaruit kan die volgende tendense in die laaste dertig jaar afgelei word:

  • Totale lidmaatgetalle het in die laaste twintig jaar met 30% verminder.
  • Die getal dopelinge het met 75% afgeneem. Dit is ten nouste verwant aan die lae geboortesyfer en veroudering wat in die gemeenskap aan die gang is. Dit dui ook daarop dat talle jongmense die Kerk verlaat deur na ander kerke te gaan, te emigreer of buitekerklik te word.
  • Op die huidige stadium is die getal sterftes in die Kerk reeds méér as die getal geboortes.
  • Dit beteken dat die Kerk geen groei sal beleef deur natuurlike aanwas en deur die normale proses van doop, kategese en belydenis nie.
  • Die vermindering van lidmate is oor die laaste twee dekades konstant. Daar is dus geen aanduibare rede waarom die proses nie sal voortgaan nie.
  • Dit beteken dat gemeentes dit toenemend moeilik sal vind om predikante te versorg, dat gemeentes sal saamsmelt of dat predikante meer as een gemeente sal bedien.
  • Ál meer predikante sal gemeentes deeltyds bedien.
  • Die Kerk se sinodale aktiwiteite gaan toenemend onder druk kom.

Gemeentes groei in afwesigheid van voltydse predikante

Een van die interessante, en moontlik baie belangrike waarnemings, is die feit dat die NHKA in die periode 1910 tot 1980 'n akute tekort aan predikante beleef het - juis omdat die Kerk so vinnig gegroei het. Dit het egter ook beteken dat gemeentes in baie gevalle gegroei het in die afwesigheid van voltydse predikante. Lidmate het self leiding geneem, en veral ouderlinge het 'n uitsonderlike groot rol gespeel in die voortgang van die Kerk.

Dit korreleer met die opvatting dat kerke net groei wanneer lidmate verantwoordelikheid vir gemeentes aanvaar. Die daling in lidmaatgetalle val ooreen met die tyd toe daar 'n oorskot aan beroepbare predikante was (vanaf die einde van die tagtigerjare tot op hede). Dit is dus opvallend dat die beskikbaarheid van predikante nie die daling in lidmaatgetalle voorkom of verminder het nie.

Langtermyn-implikasies

Die vraag is: Wat is die langtermyn-implikasies as die Kerk konstant en beduidend kleiner word?

Laasgenoemde is veral belangrik as in gedagte gehou word dat Alice Mann (Mann 1998) se navorsing oor die invloed van grootte op die funksionering van gemeentes, aangetoon het dat die grootte van 'n kerk impakteer op die prosesse, struktuur en dinamika wat in die kerk werksaam is. When organisms change significantly in size, they must also change in form (Mann 1998:1).

Hierby kan gevoeg word: As organisasies in grootte verander, verander nie net die vorm nie, maar ook die identiteit en funksionering van die organisasie.

Dit beteken onder andere dat die opleiding van predikante, die funk¬sio¬nering van gemeentes en die manier hoe gemeentes moet bestaan, ingrypend aan¬gepas sal moet word. Dit het implikasies vir die identiteit van die Kerk.

Vergelyking met ander kerke

Dit is belangrik om vas te stel of die daling van lidmaatgetalle net in die NHKA voorkom. As dit die geval sou wees, sou dit dui op ernstige interne, sistemiese probleme. As soortgelyke kerke as die NHKA dieselfde tendense vertoon, beteken dit waarskynlik dat daar eksterne faktore is wat die kerke se groei demp, of andersins soortgelyke interne prosesse wat groei demp.

In die Suid-Afrikaanse konteks is die naaste vergelykbare voorbeelde die Afrikaanse susterkerke, te wete die Nederduitse Gereformeerde Kerk (NGK), die Gereformeerde Kerke van Suid-Afrika (GKSA) en die NHKA.

As die kerke en die twee dekades met mekaar vergelyk word, is die volgende opvallend:

  • Die verlies aan dooplidmate, as persentasie uitgedruk, is feitlik identies.
  • Lidmate van die drie kerke het die afgelope 20 jaar met
  • 375 163 verminder waarvan die dooplidmate gedurende hierdie periode die grootste verlies verteenwoordig (65%).
  • Die NG Kerk het die kleinste daling van belydende lidmate. Dit kan daarop dui dat die NG Kerk, as grootste kerk, nog nie die volle impak van demografiese veranderinge vertoon nie; of dat die vlak van tevredenheid in die NG Kerk hoër is as by die ander twee kerke en minder lidmate dié Kerk verlaat.
  • Die NHKA se verlies aan belydende lidmate het in dekade twee (1999 tot 2008) verdubbel (van 6% tot 12%), in vergelyking met dekade een (1988 tot 1998). Hierdie versnelling sal na alle waarskynlikheid toeneem omdat kleiner kerke groter blootstelling aan demografiese veranderinge het.
  • Dit word bevestig deur die daling van belydende lidmate van die Gereformeerde Kerke, wat drievoudig toegeneem het (van 3% tot 9%).

Bogenoemde feite, asook die tekort aan predikante, kan binne die afsienbare tyd 'n inploffing van lidmaatgetalle veroorsaak.

Verwagtinge vir die Hervormde Kerk

Wat kan verwag word in 'n situasie waar die NHKA beduidend kleiner word?

Waarskynlik die volgende:

  • Die era (en die ideaal) van 'n gemeente met sy eie vol versorgde predikant op elke dorp en in elke woongebied (die klassieke volkskerkmodel) wat in geografiese wyke verdeel is en gereeld deur ouderlinge en diakens besoek word, is 'n verbygaande model van bediening.
  • Die tradisionele herder/kudde-gemeente gaan in groter, stedelike gemeentes toenemend onder druk kom.
  • Daarmee saam sal die tipiese reformatoriese identiteit en bedieningstrukture bepaalde veranderinge ondergaan.
  • Die toekoms van die Kerk is waarskynlik te vind in makrogemeentes (sentralisasie, met gepaardgaande toemaak van omringende gemeentes), of in mikrogemeentes (desentralisasie, met gepaardgaande proliferasie van huisgemeentes).
  • Indien hierdie scenario realiseer, sal dit uiteraard groot uitdagings aan die Kerk stel in terme van opleiding van lidmate en 'n radikale hervorming in kerk¬begrip en kerkpraktyk. Op plaas¬like vlak sal die verandering in grootte (groei of verkleining van gemeentes) eiesoortige eise stel.
  • Gemeentes sal waar nodig saamsmelt.
  • Op die platteland kan gemeentes van verskillende kerke saamsmelt en bedienings deel.
  • Teologiese opleiding, barmhartigheidsdiens en ander sinodale dienste moet interkerklik plaasvind.
  • Op 'n makrovlak is die samesmelting van kerke 'n moontlikheid.
  • Omgekeerd, as die strategie van desentralisasie gevolg word, kan klein gemeentes (huisgemeentes) onder leiding van lidmate en ouderlinge funksioneer.
  • As laasgenoemde realiseer, het dit die implikasie dat die rol van die predikant ingrypend sal verander. Predikante sal meer aandag aan die opleiding en toerusting van lidmate moet gee.
  • Die NHKA sal sy pastorale bedieningsmodel moet hervorm tot 'n omvattende missionale bedieningsmodel.
  • Die tradisionele teologiese opleiding sal ingrypend moet verander, aangesien predikante van die NHKA tans nie in staat is om in 'n missionale omgewing te funksioneer nie.

Laai die volledige artikel met grafieke en statistieke af by www.gemeentes.co.za.

Twee bonusartikels van Wim Dreyer is ook daar beskikbaar:

Wim Dreyer is ‘n voormalige redakteur van Die Hervormer (NHKA), en tans Algemene Sekretaris vir Apostolaat en deeltydse dosent aan die Afrika Instituut vir Missiologie (Kerkgeskiedenis en Praktiese Teologie).