Wie's hier?

Ons het 11 gaste aanlyn

Besoekers

mod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_counter
mod_vvisit_counterVandag112
mod_vvisit_counterGister207
mod_vvisit_counterHierdie week112
mod_vvisit_counterVerlede week1670
mod_vvisit_counterHierdie maand1019
mod_vvisit_counterVerlede maand7100
mod_vvisit_counterAlle dae639561

Aanlyn (20 minute gelede): 7
Jou IP: 18.207.130.162
,
Today: Apr 05, 2020

Cizelle Louw, kliniese sielkundige, bied werksessies aan in korttermyn interaktiewe begeleiding waarin predikante opgelei word om binne ’n gemiddeld van drie tot vier gesprekke ’n noemenswaardige verskil te maak in die lewe van iemand wat nood ervaar. Daar is wêreldwyd ’n groot behoefte aan korttermynterapie/-begeleiding. Dit is van die grootste belang dat die predikant moet weet hoe om elke gesprek só te hanteer dat dit ’n langtermyn positiewe verskil kan maak, al word dit dalk sy of haar enigste kontak met die persoon. 

Pastorale vaardighede is ’n kritieke area wat predikante bekwaam maak en in staat stel om hul werk en dienste binne die werkruimte van ’n gemeente op hoë vlak te laat gebeur. Hierdie kursus in interaktiewe begeleiding sluit praktiese en tegniese vaardighede in en beloof om u in staat te stel om meer effektief en doelgerig te funksioneer. 

Die werksessies vind soos volg plaas in die Raadsaal van Gemeente Philadelphia (Lunnonstraat 127, Hillcrest, Pretoria): 

* 5 en 6 Mei 2020 (vanaf 09:00 daagliks). 

* 26 en 27 Mei 2020 (vanaf 09:00 daagliks). 

Gedurende die drie weke tussen hierdie sessies ontvang die deelnemers werkstukke en leeswerk. 

’n Registrasiefooi van R3 000 is betaalbaar, wat alle werkstukke, verversings en middagetes insluit. Daar is plek vir slegs 12 predikante, derhalwe word u vriendelik versoek om teen 3 2 

 

April 2020 by Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien u teenwoordigheid en betaling te bevestig. Betaling geskied soos volg: 

Bank: ABSA 

Rekeningnaam: Kerkgeld vir Kerkwerk 

Rekeningnommer: 020-149-752 

Takkode: 632-005 

Verwysing: KIB, volledige voorletters en van, 2510K 

Predikante kan 50 VBO-punte verdien. Die werksessies word wyd bekendgestel en sal na verwagting van oral af bygewoon word.