30 Mei 2018
Posted in
Vennote -
HervormdeKerk
Die Kerk verbind homself tot uitnemendheid, en die beginsels van goeie en effektiewe korporatiewe beheer. Die Kerk is besig om toe te sien dat elke vlak van bestuur en beheer in pas is met internasionale beste praktyke en in lyn gebeur met die King IV-kode. Laasgenoemde sluit verskillende kwessies van interne leierskap en korporatiewe burgerskap, oudit- en risikokomitee, gevolglik die bestuur van risiko's, inligtingstegnologie, nakoming van statutêre verpligtinge, standaarde, interne oudit, geïntegreerde verslagdoening en openbaarmaking in.
Die King IV-kode oor korporatiewe beheer vir Suid-Afrika stel 16 beginsels of praktyke wat alle instellings/organisasie verbind tot die handhawing van die hoogste standaarde van integriteit en etiese beginsels in sy interaksie met alle belanghebbendes. King IV verbind korporatiewe burgerskap met etiese leierskap, professionele optrede, integriteit en 'n nie-kompromitterende houding.
Ten einde toe te sien dat effektiewe korporatiewe beheer in lyn met King IV gebeur, word u vriendelik versoek om die Sentrum vir Gemeentelike Bediening se werksessie opVrydag 31 Augustus 2018 om 09:00 te NHKA Gemeente Philadelphia (Lunnonstraat 127, Hillcrest) by te woon. Die NHKA is bevoorreg om die werksessie onder leiding van br Gert van Wyk (B.Com; B.Com Hons; M.Com) te hou. Hy is behoorlik geakkrediteer en geregistreer by nasionale en internasionale institute wat op voldoening, handhawing van rekenkundige beginsels en beheer betrekking het.
Gert van Wyk ('n volledige CV is op versoek by ondergetekende beskikbaar) is uiters bekwaam en onderlê om al die aspekte wat op King IV-kode, voldoening en risikoprosesse betrekking het, op hoë vlak met almal teenwoordig deur te werk. Genoeg tyd sal afgestaan word aan bespreking en gesprek aangesien King IV daarop gemik is om prakties en funksioneel te wees.
Die program vir die werksessie is as volg:
WERKSESSIE INSAKE KORPORATIEWE BEHEER EN KING IV |
||
08:30 tot 09:00 |
Registrasie |
|
09:00 tot 09:15 |
Verwelkoming |
Frikkie Labuschagne |
Sessie 1: 09:15 tot 10:15 |
Korporatiewe burgerskap |
Gert van Wyk |
Sessie 2: 10:15 tot 11:30 |
King IV-kode |
Gert van Wyk |
11:30 tot 11:45 |
Koffie en tee |
|
Sessie 3: 11:45 tot 12:30 |
Voldoening en risikobestuur |
Gert van Wyk |
12:30 tot 13:00 |
Vrae en bespreking |
|
13:00 tot 14:00 |
Middagete |
|
‘n Registrasiefooi van R200.00 is betaalbaar wat verversings en 'n middagete insluit. Om u plek te verseker word u vriendelik versoek om Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien (karen @ nhk.co.za) teen 27 Julie 2018 skriftelik in kennis te stel dat u van voorneme is om die werksessie by te woon, en die betaling elektronies te doen:
Bank: ABSA
Rekeningnaam: Kerkgeld vir Kerkwerk
Rekeningnommer: 020-149-752
Takkode: 632-005
Verwysing: KingIV, volledig voorletters en van, 2013K
Die bewys van betaling moet gestuur word aan Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien (rekeninge @ nhk.co.za) of faksnommer 086 633 2913.
Predikante kan vyf VBO-punte deur hierdie werksessie verdien. Die werksessie word wyd bekendgestel en beloof om van oral af bygewoon te word.
< Vorige |
---|