Wie's hier?

Ons het 8 gaste aanlyn

Besoekers

mod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_counter
mod_vvisit_counterVandag93
mod_vvisit_counterGister137
mod_vvisit_counterHierdie week453
mod_vvisit_counterVerlede week945
mod_vvisit_counterHierdie maand1398
mod_vvisit_counterVerlede maand2057
mod_vvisit_counterAlle dae621336

Aanlyn (20 minute gelede): 3
Jou IP: 18.207.255.49
,
Today: Des 11, 2019
'n Netwerk van dienste aan gemeentes van die VGK Kaapland en die NGK Wes- en Suid-Kaapland
Missie:
Communitas begelei gemeentes in die ontdekking van hulle roeping en die ontsluiting van hulle gawes
Die doel van die netwerk is geleë in die missie van Comunitas:
Communitas is ’n netwerk van kommissies van die VGK Sinode Kaapland en die NG Sinodes Wes- en Suid-Kaap en Oos-Kaap wat in lyn met die sinodes se missie, kapasiteit in gemeentes bou sodat gemeentes hulle roeping ontdek en hulle gawes ontsluit

Communitas bou kapasiteit deur begeleidingsdienste soos roepingsontdekking, bedieningsbeplanning ens in lyn met die Sinode en gemeentes se roeping.

Die volgende kommissies van die betrokke Sinodes het die inisiatief geneem om Communitas te stig en vorm deel van die Communitas-netwerk:
  1. SKG (Verenigde Kommissie van die NG en VGK)
  2. GKS Kommissie vir Gemeenteontwikkeling
  3. Kommissie vir Vrouelidmate
  4. SKP (NG Kerk Wes- en Suid-Kaap)
  5. VBO (NG Kerk Wes- en Suid-Kaap)
  6. SJK en SCO
  7. Kuratoria (NG Kerk Wes- en Suid-Kaap)
  8. Sinodale kommissie Oos-Kaap

Hierdie lys kan uitbrei soos wat ander kommissies en rolspelers deel wil word van die netwerk.

Vertrekpunte in ons dienslewering:
Bogenoemde missiestelling impliseer oa die volgende vertrekpunte:
  1. Gemeentes is nie die objek van ons dienslewering is nie, maar aktiewe medewerkings in die ontdekking van hulle roeping en die ontsluiting van hulle Godgegewe gawes.
  2. Communitas werk dus nie met ’n probleemoplossende benadering tov ons diens aan gemeentes en leraars nie, maar ’n waarderende of volwasse leer-benadering. Konkreet beteken dit dat die gemeentes, leraars en gemeenteleiers self oor die oplossings beskik en dat Communitas hulle help om dit te ontdek en te deel met ander gemeentes.
  3. Teologies beteken dit dat ons gemeentes sien as bewegings binne die kragveld van die Gees. Gemeentes is geskenke van God aan die wêreld wat as teken en voorsmaak van die Koninkryk instrumenteel kan wees in die realisering van God se sending in Sy wêreld.
  4. Ons glo dat die Gees aan gemeentes al die gawes en bronne gee om hulle missionêre roeping te realiseer. Communitas wil daarom met gemeentes netwerk om hulle by te staan in die proses van roepingsontdekking en -verheldering en die ontsluiting van hulle gawes.
Waardes

In die uitleef van ons missie sien ons die volgende waardes as rigtinggewend:

  • Waarderende en leerbare ingesteldheid teenoor die gemeente
  • Deernis & egtheid in ons begeleiding en ondersteuning van predikante en gemeenteleiers
  • Uitnemendheid tov die kwaliteit van ons dienslewering
  • Geloofsverwagting en –afwagting tov wat die Drie-enige God in en deur gemeentes kan doen
  • Die stel van voortdurende uitdaging
  • Onderlinge goeie verhoudinge
Titel Filter      Vertoon #  
# Artikel Titel Outeur
1 SLEUTELTEKSTE – ADVENT 2015 TOT KERSFEES 2016 Chris van Wyk
2 Teologiese dag ter viering van die 450ste herdenking van die Heidelbergse Kategismus Chris van Wyk
3 Woord en fees - preekstudies en liturgiese voorstelle 2013 Chris van Wyk
4 Konferensie oor bruin identiteit Chris van Wyk
5 PhD-program in Nuwe Testament Chris van Wyk
6 Teologie in tye van transisie - bydraes Frederick Marais
7 Teologie in tye van transisie Frederick Marais
8 Nagraadse Diploma in Teologie Ian Nell
9 The Holy Spirit made the church grow by crossing boundaries Chris van Wyk
10 Nuus van Communitas Chris van Wyk