Wie's hier?

Ons het 7 gaste aanlyn

Besoekers

mod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_counter
mod_vvisit_counterVandag92
mod_vvisit_counterGister137
mod_vvisit_counterHierdie week452
mod_vvisit_counterVerlede week945
mod_vvisit_counterHierdie maand1397
mod_vvisit_counterVerlede maand2057
mod_vvisit_counterAlle dae621335

Aanlyn (20 minute gelede): 2
Jou IP: 18.207.255.49
,
Today: Des 11, 2019
ALGEMENE DIENSGROEP DIENS en GETUIENIS
Missie

Ons is geroep tot diens en getuienis in en vanuit Suider Afrika, om:

  • dit waartoe God ons in en vanuit hierdie konteks roep, biddende en saam met ander te onderskei en te gehoorsaam.
  • met deernis te luister na al die stemme wat uitroep om verlossing van sondes en bevryding van verslawing, vrees, honger, siekte, pyn, geweld, en onreg - lyding in alle dimensies,
  • 'n profetiese stem te laat hoor en priesterlik diensbaar in die verligting van die nood van mense in al ons gemeenskappe te wees.
  • ons ryk en diverse erfenis - tale, kulture, gawes, bydraes en die groot potensiaal van al die mense in Suider Afrika - te respekteer, uit te bou en te vier.
  • in betekenisvolle vennootskapsverhoudinge met ander kerke, ekumeniese liggame en regerings- en nie-regeringsinstansies te tree
  • en deur middel van respekvolle dialoog met mense van ander gelowe en oortuigings oor ons geloof in die Drie-enige God te getuig.
Kantoor

Die sekretaris vir Diens en getuienis is ds Willie van der Merwe

Adres
Kantoor van Algemene Sinode
H/V Duncan- & Pretoriusstraat
HATFIELD
Pretoria

Posadres
Posbus 13528
Hatfield
0028

Tel: 012 342 0092
Faks: 012 342 0370
e-pos: Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien


Fokuasareas
Roeping tot Diens en Getuienis

Navorsing en die Ontwikkeling van Bedieningsmateriaal

Kerklike Maatskaplike Dienste

Wêreld Sendingprojekte
Vigsforum van die NG Kerkfamilie
Netwerke en Forums
Samestelling

Die Algemene Diensgroep: Diens en Getuienis (ADD) word deur die Algemene Sinode saamgestel en bestaan uit:

  • Een verteenwoordiger uit elke sinode van die NG Kerk (10 persone)
  • Kundige persone op die terrein van Diens en Getuienis (10 persone)
  • Een verteenwoordiger van elke teologiese fakulteit (3 persone)
  • Verteenwoordigers van vroue-belange (2)
Opdrag
  • Adviseer die Algemene Sinode oor die kerk se diens- en getuienisbediening
  • Onderneem navorsing oor relevante bediening- en samelewingsvraagstukke
  • Reël netwerke/forums vir die koördinering en ondersteuning van sinodes, ringe en gemeentes se diens- en getuienisbedieninge
  • Ontwikkel vennootskappe rakende die kerk se diens- en getuienisbediening
  • Verteenwoordig die kerk se diens- en getuienisbedieninge in nasionale en internasionale netwerke
  • Skakel met die Staat en ander organisasies op nasionale vlak
  • Ondersteun die sinodes, ringe en gemeentes se diens- en getuienisbedieninge met relevante bedieningsmateriaal en die nodige inligting
Saam met ander Christene

Die NG Kerk glo dat die kerk haar roeping tot diens en getuienis saam met ander christene moet uitleef. Die Verenigde Diensgroep vir Diens en Getuienis(VDDG) van die NG Kerkfamilie het tot stand gekom om uitdrukking hieraan te gee. Die ADD is ook betrokke in verskillende ekumeniese netwerke.

Strategiese vennote

In die uitvoering van die opdrag werk die Diens en Getuienisbediening met ‘n aantal strategiese vennote saam:

o Christelike Lektuurfonds

o Universiteit van Stellenbosch (Teologiese Fakulteit)

o Universiteit van Pretoria (Teologiese Fakulteit)

o Universiteit van die Oranje Vrystaat (Teologiese Fakulteit)

o Hugenote Kollege, Wellington

o Instituut vir Sendingwetenskaplike en Ekumeniese Navorsing (Universiteit van Pretoria)

o Bybelmedia

Voorsitter:

Prof PGJ Meiring
Camellialaan 327
LYNNWOOD GLEN
0081
Tel 012 420 2383
Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien

Skriba:

Ds WC van der Merwe
Posbus 13528
HATFIELD 0028
Tel 012 342 0092
Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien

Dagbestuur:

Prof Piet Meiring (Voorsitter)
Dr Gideon van der Watt (Ondervoorsitter)
Dr Willie van der Merwe (skriba)
Ds Willem Botha (addisionele lid)
Ds Carin van Schalkwyk (addisionele lid)
Dr Eddie Orsmond (addisionele lid)

Sinodale Verteenwoordigers

Wes-en Suid-Kaapland: EC Orsmond (p) F Meyer (s)
Noord-Kaapland: JJ Knoetze (p) BJP Booysen (s)
Oos-Kaapland: Ds DW Mouton (p) Dr A Oliphant (s)
KwaZulu-Natal: SW Scott (p) LS Schoeman (s)
Vrystaat: CM James (p) JP Robb (s)
Wes-Transvaal: MJG du Plessis (p) CJ Smit (s)
Noordelike Sinode: MJP Grobler (p) DG Jordaan (s)
NG Sinode Hoëveld: JD Louw (p) HJ Jacobs (s)
Oostelike Sinode: AM Meiring (p) JH Fourie (s)
Namibië: MC van Rensburg (p) JA Theron (s)

Kundiges:

Dr JG Botha (Wes-Kaapland)
Dr RB van Aarde (KwaZulu-Natal)
Ds WJ Botha (OVS)
Ds CJ Swart (Wes-Kaapland)
Ds AJ Mocke (Wes-Transvaal)
Ds JH van Loggerenberg (Noordelike Sinode)
Ds ANE Louw (Oostelike Sinode)
Dr ME Grobler (Namibië)
Ds JvW du Plessis (Wes-Transvaal)

Sinodale personeel:

WC van der Merwe (Algemene Sinode)
HJ van Deventer (Bybelmedia)

Titel Filter      Vertoon #  
# Artikel Titel Outeur
1 Pinksterreeks 2015 - Die aarde behoort aan die Here Chris van Wyk
2 Pentecost 2015 "The earth is the Lord's" Chris van Wyk
3 VDDG - Week van Gebed 2015 riglyne / UMSW – Week of Prayer 2015 guidelines Chris van Wyk