Wie's hier?

Ons het 8 gaste aanlyn

Besoekers

mod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_counter
mod_vvisit_counterVandag324
mod_vvisit_counterGister443
mod_vvisit_counterHierdie week1207
mod_vvisit_counterVerlede week3121
mod_vvisit_counterHierdie maand4788
mod_vvisit_counterVerlede maand10132
mod_vvisit_counterAlle dae675339

Aanlyn (20 minute gelede): 3
Jou IP: 3.228.11.9
,
Today: Aug 11, 2020

WELKOM BY RIMPELS

Rimpels vir die Koninkryk!

Bemagtig elke lidmaat

Rimpels benut elke gelowige  se potensiaal en gawes optimaal om ‘n verskil in hulle omgewing te maak.

Die Rimpelproses verskaf praktiese, geïntegreerde en goed deurdagte prosesse en bedieningsgereedskap, wat lidmate sal help om hulle roeping in die  markplein uit te leef.

Die Rimpelproses help met:

  • Leraar-wees
  • Gelowige-wees
  • Gemeente-wees

en hoop om meer energie en entoesiasme op ‘n praktiese manier te bring!

AAN ELKE LERAAR,GEMEENTE EN MEDE-REISIGER IN DIE GELOOF

Gelowiges is "gestuurdes" met 'n spesifieke roeping!

God is by uitnemendheid die God wat stuur! Johannes 3:16 "Want so lief het God die wêreld gehad dat hy Sy enige gebore Seun GESTUUR het...!"  Joh 20:21 lees: "Soos die Vader my gestuur het stuur Ek julle ook!"

Ons ken almal Hd 1:8 waar ons ook bekragtig en toegerus word met die Heilige Gees vir ons roeping as gestuurdes!   Die wese van die Kerk is dat elke lidmaat waar hy ookal geplant is, 'n verskil behoort te maak in sy omgewing.  "Waar die gelowige geplant is - Daar blom hy/sy vir God se Koninkryk!"

Ons siele is gerat en gestuur om rimpels te maak. 

Ons is gekoppel aan die Wynstok (Jesus), en daarom kan ons nie anders as om vrug te dra nie! (Joh 15 en Gal 5:22).  Die goeie nuus is dat die Heilige Gees ons daarmee  help.

U word as gelowige genooi om deur die Rimpel-Handleiding en bekendstellings-Rimpel CD-Rom te werk en saam te dink, saam te gesels en te bid oor u roeping en gestuurdheid in die wêreld. U is ook welkom om te registreer op Rimpels se webwerf waar u nog baie meer as die Rimpel-Handleiding se inhoud kan vind. U kan ook Rimpelprodukte by BybelMedia bestel.

Kan dit wees dat die ware betekenis en sin van die mens se lewe opgesluit lê in ‘n besondere geloofsroeping waarmee elke gelowige geroep is?  As gelowiges ervaar en vier ons die lewe op 'n unieke manier - onder andere in ons manier van gemeentewees, maar ook dáár waar die Here ons geplaas het.  Ons kan daadwerklik rimpels maak omdat die Here ons in staat stel om uit dankbaarheid, ‘n lig vir die wêreld en sout vir die aarde te wees by ons werkplek en ook in ons familie- en huwelikslewe.

Ons as geloofsgenote is familie in Christus!  Dit stel ons in staat om op ‘n  besondere manier  op enige persoon wat ons pad kruis, ‘n impak te maak.  Goddelike Rimpels word menslike rimpels!

Die Rimpel-Proses is die begin van 'n gesamentlike reis oor lidmaatbemagtiging. Ons as gelowiges is mos saam deel van God se reisgeselskap.  Mag dit wees dat ons in die rimpelproses gesamentlike "reisgenade" ontvang wat ons aanvuur om nuwe horisonne vir God se gemeentes te ontdek..!

KONTAKBESONDERHEDE VIR MEER INLIGTING:

OOR DIE RIMPELPROSES SELF:

Me Rinel Hugo:                         Dr Francois Swart                          Dr Martin Lazenby

012 342 0092                            021 919 2697                                 012 329 0156

Voorsitter Taakspan:                Skriba Taakspan:                         Webmeester: Rimpels

Lidmaatbemagtiging                Lidmaatbemagtiging                   Lidmaatbemagtiging

E-pos: Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien Epos: Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien Epos: Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien

BESTELLINGS:

Vir 'n ekstra gratis kopie van die Rimpel-handleiding, en  bekendstellings CD ROM, kontak:

Bybel-Media

E-pos: Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien

JAARLIKSE REGISTRASIEFOOI OP RIMPELS SE WEBTUISTE:

www.rimpels.co.za

(Spesiale korting vir lede)

Gemeentes met:

0       tot  500 lidmate   R 300,00

500   tot 1000 lidmate    R 400,00

1000 tot 2000 lidmate    R 500,00

2000 tot 3000 lidmate    R 600,00

3000 tot 4000 lidmate    R 700,00

4000 tot 5000 lidmate    R 800,00

5000 plus       lidmate    R 900,00

Registreer jou gemeente elke jaar op Rimpels se webtuiste om die volle effek van Rimpels te kry.