Wie's hier?

Ons het 8 gaste aanlyn

Besoekers

mod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_counter
mod_vvisit_counterVandag25
mod_vvisit_counterGister53
mod_vvisit_counterHierdie week142
mod_vvisit_counterVerlede week704
mod_vvisit_counterHierdie maand2065
mod_vvisit_counterVerlede maand3811
mod_vvisit_counterAlle dae625814

Aanlyn (20 minute gelede): 3
Jou IP: 3.233.219.101
,
Today: Jan 21, 2020

SENTRUM VIR KONTEKSTUELE BEDIENING

FAKULTEIT TEOLOGIE (UP)

in samewerking met

Sentrum vir Bedieningsontwikkeling

Excelsus

 

In hierdie Sentrum is dit ons passie om leiers op te lei wat weer ander kan help om waar hulle is 'n verskil te maak: om goeie nuus binne konteks te wees, te doen en te dra.

 

Jy word vriendelik uitgenooi na ons volgende geleenthede/kursusse vir jou voortgesette bedieningsontwikkeling. Vir detail kan jy die betrokke kursus op die webbladsy van die Sentrum vir Kontekstuele Bediening (www.ccm.up.ac.za) oproep by Afrikaans >akademiese programme@.

Al hierdie kursusse is volwaardige sertifikaat kurssuse. Suksesvolle kandidate ontvang ‘n UP sertifikaat. Gevorderde Lang Kursusse kan deur persone met die nodige kwalifikasies (soos ‘n B graad in Teologie) as krediete vir nagraadse studie (honeurs en/of Magister by UP) aangebied word.

Volle erkenning vir deelname aan Voortgesette Bedieningsontwikkeling word gegee aan predikante wat dit binne hulle beroepsomgewing benodig.

 

 

OKTOBER

 

JEUG OP ‘N MESPUNT

P002079

 

Doel van die kursus:

 

‘n Vaardigheidskursus met die fokus om jongmense wat weens hul omstandighede en keuses op die mespunt van die lewe staan pro-aktief en reaktief by te staan. Op alle vlakke van die jongmens se ontwikkeling, fisies, psigies, sosiaal en geestelik is daar aspekte wat ‘n beduidende invloed kan hê en wat maak dat jongmense keuses maak wat hulle op kort- en langtermyn beïnvloed. Begrip vir hierdie invloede en vaardighede om sulke jongmense by te staan word in hierdie drie dae oorgedra. ‘n Basiese kennis van berading word vereis.

 

Kursusleier: Dr Willem Semmelink

 

Plek en Datum:

Pretoria:16 – 18 Oktober 2012

Prys:  R650

RADIO-UITSENDING OPLEIDING

P002696

(Tweetalige Aanbieding)

 

Doel van die kursus:

Die kursus bied ‘n volledig insig in alle aspekte van wat dit behels om oor die radio uit te saai. Kursusgangers word blootgestel aan die tegniese vereistes van radio-opnames en uitsendings, sowel as die riglyne vir program-samestellings, mikrofoon- en stemgebruik, asook die bemarkings- en bestuursaspekte betrokke by radiostasies.

 

Wie mag inskryf?

Enige belangstellendes in die gebruik van die radio om uit te saai.

 

Kursusleier:Dr Flip Loots

 

Plek en Datum:                              

8 – 17 Oktober 2012

           

Die kursus word landswyd aangebied in samewerking met verskillende gemeenskapsradiostasies.

 

Prys: R1500

 

NOVEMBER

 

RADIO-UITSENDING OPLEIDING

P002696

 

Doel van die kursus:

 

Die kursus bied ‘n volledige insig in alle aspekte van wat dit behels om oor die radio uit te saai.  Kursusgangers word blootgestel aan die tegniese vereistes van radio-opnames en uitsendings, sowel as die riglyne vir program-samestellings, mikrofoon- en stemgebruik, asook die bemarkings- en bestuursaspekte betrokke by radiostasies

 

Wie mag inskryf?

Enige belangstellendes in die gebruik van die radio om uit te saai.

 

Kursusleier: Dr Flip Loots

 

Plek en Datum:

5 – 14 November 2012

 

Die kursus word landswyd aangebied in samewerking met verskillende gemeenskapsradiostasies.

 

Prys:  R1500

 

BYBEL EN SY BOODSKAP

MODULE 1 A (6de herhaling)

 

Doel van die werkswinkel en kursus:

 

Die kursus, Bybel en sy Boodskap bestaan uit agt modules van 14 lesings elk en is bedoel vir gebruik in gemeentes se Bybelskole. Die kursus bestaan uit 1 module oor die hantering en verstaan van die Bybel, drie Nuwe testament en vier Ou Testament modules. Die invalshoek is die tydsgleuwe waarin Bybelboeke ontstaan het en hoe om Bybelmateriaal vanuit hierdie hoek te lees en die boodskap te verstaan. Die doel van die werkswinkel is om leraars en ander leiers op te lei om die materiaal in gemeentes te kan aanbied. Module 1 se bywoning is ‘n veresite om ook die ander modules aan te bied. Meer as 200 lidmate het reeds binne die eerste jaar by hulle leraars die kursus deurloop en sertifikate van UP ontvang.

 

Module 1A: Die Bybel: ontstaan, karakter en hantering

Kursusleiers:Dr Gys Loubser  en Dr Gustav Claassen

 

Plek en Datum:

Pretoria: 06 – 07 November 2012

Prys:  R800

 

DIE KUNS VAN GEMEENTELIKE LEIERSKAP

P001598

(Engelse aanbieding)

 

Doel van die kursus:

In hierdie gevorderde kursus word pastors en ander gemeenteleiers opgelei om die kuns van gemeentelike leierskap te ontwikkel en bemeester. Die kursus fokus en reflekteer teologies op die persoon van die leier sowel as op die nodige vaardighede in die Suider-Afrikaanse konteks.

 

Plek:Pretoria

Datums van die kontakweke:

Week 1: 19 - 22 Nov 2012             Week 4: 19 - 22 Aug 2013

Week 2: 28 - 31 Jan 2013              Week 5:  Sal aangekondig word

Week 3: 22 - 25 April 2013                                   

 

Prys:  R2900

 

Vir verdere kennisname:

 

GETROUE GETUIES

P000162

(Tweetalige Aanbieding)

 

Doel van die werkswinkel:

Om persone op te lei wat Getroue Getuies in gemeentes kan aanbied Die kursus, Getroue Getuies (gebou op die teologie van "Service Evangelism" (RS Armstrong)) bevorder 'n lewenstyl van gemaklike interpersoonlike kommunikasie van die evangelie, ook genoem geloofsdeling. Langs die weg van egte omgee en diens in navolging van Christus kan en moet die evangelie met nuwe ywer gekommunikeer word. So baie werklikhede om ons, in 'n wêreld vol pyn en stukkende mense, verplig ons tot 'n nuwe gehoorsaamheid aan die styl van Hom wat gekom het om te dien.

 

Kursusleier: Prof Malan Nel

 

Plek en Datum:

Pretoria:  27-29 Mei 2013

 

 

Wie leef, leer.  Wie leer, leef.

 

 

Jy is welkom as student by die Sentrum. Kontak ons gerus by Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien ,/ Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien of besoek www.ccm.up.ac.za.

 

Ek hoop om jou by een van ons geleenthede vir voortgesette bedieningsontwikkeling te sien.

 

Stephan De Beer                                                                                Andre Bartlett

Direkteur: Sentrum vir Kontekstuele Bediening                    Direkteur: Excelsus