Wie's hier?

Ons het 9 gaste aanlyn

Besoekers

mod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_counter
mod_vvisit_counterVandag25
mod_vvisit_counterGister53
mod_vvisit_counterHierdie week142
mod_vvisit_counterVerlede week704
mod_vvisit_counterHierdie maand2065
mod_vvisit_counterVerlede maand3811
mod_vvisit_counterAlle dae625814

Aanlyn (20 minute gelede): 3
Jou IP: 3.233.219.101
,
Today: Jan 21, 2020

SENTRUM VIR KONTEKSTUELE BEDIENING

FAKULTEIT TEOLOGIE (UP)

in samewerking met

SENTRUM VIR BEDIENINGSONTWIKKELING

EXCELSUS

In hierdie Sentrum is dit ons passie om leiers op te lei wat weer ander kan help om waar hulle is 'n verskil te maak: om goeie nuus binne konteks te wees, te doen en te dra.

 Jy word vriendelik uitgenooi na ons volgende geleenthede/kursusse vir jou voortgesette bedieningsontwikkeling. Vir detail kan jy die betrokke kursus op die webbladsy van die Sentrum vir Kontekstuele Bediening (www.ccm.up.ac.za) oproep by Afrikaans >akademiese programme@.

 Al hierdie kursusse is volwaardige sertifikaat kurssuse. Suksesvolle kandidate ontvang ‘n UP sertifikaat. Gevorderde Lang Kursusse kan deur persone met die nodige kwalifikasies (soos ‘n B graad in Teologie) as krediete vir nagraadse studie (honeurs en/of Magister by UP) aangebied word.

 Volle erkenning vir deelname aan Voortgesette Bedieningsontwikkeling word gegee aan predikante wat dit binne hulle beroepsomgewing benodig.

 

 

 

APRIL

GEVORDERDE KURSUS IN PERSOONLIKE EN KORPORATIEWE AFRIGTING (COACHING)

P002609

Doel van die kursus:

Die gevorderde kursus in afrigting bied blootstelling aan hierdie wye veld soos dit ontwikkel het oor die afgelope jare.  Hoewel dit breë blootstelling bied word veral aandag gegee aan ‘n narratiewe invalshoek, spiritualiteit as deel van menslike diversiteit, en die Afrika konteks.

Die kursus ontwikkel die kennis en vaardigheid van die afrigter tot ‘n professionele vlak; iemand wie gereken kan word in die industrie as ‘n verantwoordelike en bekwame afrigter. Verdermeer onderskei die kursus hom van ander deur goeie refleksie op die onderliggende denkraamwerk aan te moedig vir wat dit kan beteken in die afrigtingverhouding. Hierdeur word onafhanklike denke aangemoedig wat steun op ‘n interdissiplinêre benadering.

Kursusleier: Dr Elmo Pienaar.

Ander Dosente: Verskeie kenners uit die vak- en besigheidswêreld

Plek: Pretoria

Datums van Kontakweke:

Week 1: 10 - 13 April 2012                Week 4: 21 - 24 Januarie 2013
Week 2: 16 - 19 Julie 2012                Week 5: 15 - 18 April 2013
Week 3: 22 - 25 Oktober 2012

Prys:  R38,000 (etes ingesluit vir al die kontakweke)

Registrasies sluit 2 April 2012

 

BYBEL EN SY BOODSKAP

MODULE 1 A (5de herhaling)

Doel van die werkswinkel en kursus:

Die kursus, Bybel en sy Boodskap bestaan uit agt modules van 14 lesings elk en is bedoel vir gebruik in gemeentes se Bybelskole. Die kursus bestaan uit 1 module oor die hantering en verstaan van die Bybel, drie Nuwe testament en vier Ou Testament modules. Die invalshoek is die tydsgleuwe waarin Bybelboeke ontstaan het en hoe om Bybelmateriaal vanuit hierdie hoek te lees en die boodskap te verstaan. Die doel van die werkswinkel is om leraars en ander leiers op te lei om die materiaal in gemeentes te kan aanbied. Module 1 se bywoning is ‘n veresite om ook die ander modules aan te bied.

Kursusleiers Module 1A: Die Hantering en Verstaan van die Bybel:

Dr Gys Loubser  en Dr Gustav Claassen

Plek en Datum:

Pretoria: 24 – 26 April 2012

Prys:  R800

BYBEL EN SY BOODSKAP

MODULE 3 A (2de keer)

Doel van die werkswinkel en kursus:

Die kursus, Bybel en sy Boodskap bestaan uit agt modules van 14 lesings elk en is bedoel vir gebruik in gemeentes se Bybelskole. Die kursus bestaan uit 1 module oor die hantering en verstaan van die Bybel, drie Nuwe testament en vier Ou Testament modules. Die invalshoek is die tydsgleuwe waarin Bybelboeke ontstaan het en hoe om Bybelmateriaal vanuit hierdie hoek te lees en die boodskap te verstaan. Die doel van die werkswinkel is om leraars en ander leiers op te lei om die materiaal in gemeentes te kan aanbied. Module 1 se bywoning is ‘n voorvereiste om hierdie module aan te bied.

Kursusleier Module 3A: Pauliniese Materiaal: Prof Francois Malan

Plek en Datum:

Pretoria: 24 – 26 April 2012

Prys:  R800