Wie's hier?

Ons het 11 gaste aanlyn

Besoekers

mod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_counter
mod_vvisit_counterVandag324
mod_vvisit_counterGister443
mod_vvisit_counterHierdie week1207
mod_vvisit_counterVerlede week3121
mod_vvisit_counterHierdie maand4788
mod_vvisit_counterVerlede maand10132
mod_vvisit_counterAlle dae675339

Aanlyn (20 minute gelede): 4
Jou IP: 3.228.11.9
,
Today: Aug 11, 2020

SENTRUM VIR KONTEKSTUELE BEDIENING

FAKULTEIT TEOLOGIE (UP)

in samewerking met

Sentrum vir Bedieningsontwikkeling

Excelsus

bied aan:

Jy word vriendelik uitgenooi na ons volgende geleenthede/kursusse vir jou voortgesette bedieningsontwikkeling.  Vir meer besonderhede kan jy die betrokke kursus op die webbladsy van die Sentrum vir Kontekstuele Bediening (www.ccm.up.ac.za) oproep, by Afrikaans, “akademiese programme@.

Al hierdie kursusse is volwaardige sertifikaat kurssuse. Suksesvolle kandidate ontvang ‘n UP sertifikaat.  Gevorderde Lang Kursusse kan deur persone met die nodige kwalifikasies (soos ‘n B graad in Teologie) as krediete vir nagraadse studie (honeurs en/of Magister by UP) aangebied word.

Volle erkenning vir deelname aan Voortgesette Bedieningsontwikkeling word gegee aan predikante wat dit binne hulle beroepsomgewing benodig.

 

FEBRUARIE

RADIOBEDIENING

P001599

Doel van die kursus:

In Suid-Afrika is ons in die gelukkige posisie dat daar steeds heelwat geleenthede is vir leraars om radio-boodskappe te lewer.   Die huidige vereistes by die SAUK is dat leraars wat radio-boodskappe wil lewer, in staat moet wees om die radio as medium te benut.  Daarbenewens moet hulle weet watter vereistes radio-prediking stel en die eiesoortige kenmerke van die radio as 'n kommunikasiemedium kan aanwend in hul voorbereiding en lewering van die boodskappe.

Hierdie kursus is daarop gerig om leraars en teologiese studente in staat te stel om met kundigheid die korrekte voorbereiding vir radio-uitsendings te doen en op innoverende en kommunikatiewe manier die radio te benut.  Tydens die kursus word kursusgangers blootgestel aan alternatiewe wyses om die evangelie oor die radio te bring as net prediking.

Kursusleier

Dr Flip Loots

Plek en Datum:

Pretoria: 20 – 22 Februarie 2012 

BYBEL EN SY BOODSKAP

MODULE 1 A (4de herhaling)

Doel van die werkswinkel en kursus:

Die kursus, Bybel en sy Boodskap bestaan uit agt modules van 14 lesings elk en is bedoel vir gebruik in gemeentes se Bybelskole. Die kursus bestaan uit 1 module oor die hantering en verstaan van die Bybel, drie Nuwe testament en vier Ou Testament modules. Die invalshoek is die tydsgleuwe waarin Bybelboeke ontstaan het en hoe om Bybelmateriaal vanuit hierdie hoek te lees en die boodskap te verstaan. Die doel van die werkswinkel is om leraars en ander leiers op te lei om die materiaal in gemeentes te kan aanbied. Module 1 se bywoning is ‘n veresite om ook die ander modules aan te bied.

Kursusleiers Module 1A: Die Hantering en Verstaan van die Bybel

Dr Gys Loubser en Dr Gustav Claassen

Plek en Datum:

Pretoria: 27 – 29 Febr 2012

BYBEL EN SY BOODSKAP

MODULE 4 A (1ste keer)

Doel van die werkswinkel en kursus:

Die kursus, Bybel en sy Boodskap bestaan uit agt modules van 14 lesings elk en is bedoel vir gebruik in gemeentes se Bybelskole. Die kursus bestaan uit 1 module oor die hantering en verstaan van die Bybel, drie Nuwe testament en vier Ou Testament modules. Die invalshoek is die tydsgleuwe waarin Bybelboeke ontstaan het en hoe om Bybelmateriaal vanuit hierdie hoek te lees en die boodskap te verstaan. Die doel van die werkswinkel is om leraars en ander leiers op te lei om die materiaal in gemeentes te kan aanbied. Module 1 se bywoning is ‘n voorvereiste om hierdie module aan te bied.

Kursusleier Module 4A: Pre-Ballingskap: Tyd van die Verdeelde Ryk

Dr Gustav Claassen en Prof Willie van Heerden

Plek en Datum:

Pretoria: Datum verskuif na 24 – 26 April 2012

Wie leef, leer.  Wie leer, leef.

Jy is welkom as student by die Sentrum. Kontak ons gerus by Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien , of besoek www.ccm.up.ac.za.

Ek hoop om jou by een van ons geleenthede vir voortgesette bedieningsontwikkeling te sien.

Malan Nel Andre Bartlett

Direkteur: Sentrum vir Kontekstuele Bediening                                Direkteur: Excelsus