Wie's hier?

Ons het 7 gaste aanlyn

Besoekers

mod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_counter
mod_vvisit_counterVandag22
mod_vvisit_counterGister53
mod_vvisit_counterHierdie week139
mod_vvisit_counterVerlede week704
mod_vvisit_counterHierdie maand2062
mod_vvisit_counterVerlede maand3811
mod_vvisit_counterAlle dae625811

Aanlyn (20 minute gelede): 2
Jou IP: 3.233.219.101
,
Today: Jan 21, 2020

SENTRUM VIR KONTEKSTUELE BEDIENING

FAKULTEIT TEOLOGIE (UP)

in samewerking met

Sentrum vir Bedieningsontwikkeling

Excelsus

bied aan:

Jy word vriendelik uitgenooi na ons volgende geleenthede/kursusse vir voortgesette bedieningsontwikkeling. Vir detail kan jy die betrokke kursus op die webbladsy van die Sentrum vir Kontekstuele Bediening (www.ccm.up.ac.za) oproep by Afrikaans >akademiese programme@.

 

AUGUSTUS

PASTORALE SORG EN BERADING

P000043

(Saam met die Engelse aanbieding)

Doel van die kursus:

Leraars en ander beraders word dikwels oorweldig deur die behoefte aan emosionele geestelike en verhoudingsgenesing in ons samelewing. In hierdie kursus word die teorie en praktyk van narratiewe pastorale sorg en berading geïntegreer. Studente word toegerus om hoop en genesing in 'n wye verskeidenheid van situasies te bring - situasies wat eie is aan die Suid- en Suider-Afrikaanse samelewing.

 

Kursusleier: Dr Ilse Gravett. Ander dosente: Dr Hilda Steyn; Ds Pieter de Wet,  Mej Heleen Heidenreich, Ms Mantoa Nzeko, Dr Faure Louw

Plek. Datums van kontakweke:

Pretoria: Week 1: 22 - 25 Aug 2011     Week 4: 13 ‑ 16 Aug 2012

Week 2: 07 ‑ 10 Nov 2011     Week 5: 19 - 22 Nov 2012

Week 3: 19 - 22 March 2012

VERBEELDINGSBERAAD VLAK 1

P001445

Doel van die kursus:

Om persone wat by beraad/terapie betrokke is toe te rus in die narratiewe benadering en veral in die vermoë om te verbeel en kreatief/verbeeldingryk in gesprekke teenwoordig te wees.

Kursusleiers: Prof Julian Müller en Dr Lourens Human 

Plek en Datum:

Pretoria:  22 - 24 Augustus 2011

JEUGBEDIENING

P00046

(Tweetalige Aanbieding)

Doel van die kursus:

Die bediening aan kinders en jongmense in Suid- en Suider Afrika is ‘n groot  uitdaging. Deur hierdie kursus word leraars en ander jeugleiers opgelei en gemotiveer om ‘n effektiewe bediening aan klein kinders, tieners en jongmense te behartig binne die Suid- en Suider Afrikaanse konteks.

 

Kursusleier:             Prof Malan Nel. Verskeie ander dosente

Plek: Pretoria

Datums:

Week 1: 29 Sug – 01 Sept 2011 Week 4: 30 April - 03 Mei 2012

Week 2: 14 - 17 Nov 2011                 Week 5: 16 -19 Junie 2012

Week 3: 30 Jan - 02 Feb 2012          Week 6: 17 – 20 Sept 2012

 

SEPTEMBER

NARRATIEWE BESTUUR

P001605

(Tweetalige Aanbieding)

Doel van die werkswinkel:

Die werkswinkel fokus daarop om persone wat betrokke is by bestuur van enige aard (in die bedryfswêreld, maar ook in gemeentes) toe te rus om op ‘n narratiewe manier te bestuur. Die werkswinkel is interaktief. Dit behels praktiese oefeninge, rollespel, asook die deel van persoonlike ondervinding. Dit is gebaseer op die teorieë van bestuurskunde en narratiwiteit.

Kursusleier: Prof Julian Müller, Dr Niekie Lamprecht en ander

 

Plek en Datum:

Pretoria: 05 – 07 September 2011

TRAUMA BERADING

P000041

Doel van die kursus:

Dit is nie oordrewe om te sê dat ons in 'n getraumatiseerde samelewing leef nie. Geweldsmisdade, fisiese trauma (bv. 'n motorongeluk), mishandeling en verliese op verskillende vlakke is deel van ons alledaagse lewe. Die kerk en pastorale beraders is dikwels die enigste bronne vir ondersteuning en leiding in traumatiese situasies. Die doel van die kursus is om pastors en ander beraders op te lei om getraumatiseerde persone te begelei deur die proses van herstel en genesing na 'n traumatiese gebeurtenis.

Kursusleier: Dr Ilse Gravett

Plek en Datum:

Pretoria: 06-08 September 2011 

GEMEENTEBOU

Die opbou van ʼn missionêre gemeente

P000039

Doel van die kursus

In hierdie gevorderde kursus word pastors en ander gemeenteleiers opgelei om missionêre/missionale gemeentes te ontwikkel. Die kursus fokus teologies op die identiteit van die gemeente, prosesse en sisteme sowel as op die huidige samelewing en konteks. Die doel is om gemeentes te bou / te ontwikkel wat hoop bring en in hulle plaaslike gemeenskappe ʼn verskil maak. In die woorde van ‘n boek se subtitel: “How to change a church without breaking it”.

 

Kursusleier: Prof Malan Nel met verskeie ander Dosente

Plek en Datum:

Pretoria: Week 1: 05 - 08 Sept 2011            Week 4: Datum word bepaal

Week 2: 16 - 19 Jan 2012              Week 5: 30 Julie-03 Aug 2012

Week 3: 10 - 13 April 2012

Wie leef, leer. Wie leer, leef.

 

Jy is welkom as student by die Sentrum. Kontak ons gerus.

Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien

 

Ek hoop om jou in een van ons geleenthede vir voortgesette bedieningsontwiikkeling te sien.

Malan Nel

Direkteur: Sentrum vir Kontekstuele Bediening

Ferdi Clasen: Programkoördineerder: Excelsus