Wie's hier?

Ons het 8 gaste aanlyn

Besoekers

mod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_counter
mod_vvisit_counterVandag27
mod_vvisit_counterGister53
mod_vvisit_counterHierdie week144
mod_vvisit_counterVerlede week704
mod_vvisit_counterHierdie maand2067
mod_vvisit_counterVerlede maand3811
mod_vvisit_counterAlle dae625816

Aanlyn (20 minute gelede): 2
Jou IP: 3.233.219.101
,
Today: Jan 21, 2020

SENTRUM VIR KONTEKSTUELE BEDIENING

FAKULTEIT TEOLOGIE (UP)

in samewerking met

Sentrum vir Bedieningsontwikkeling

Excelsus

bied aan:

Jy word vriendelik uitgenooi na ons volgende geleenthede/kursusse vir voortgesette bedieningsontwikkeling. Vir detail kan jy die betrokke kursus op die webbladsy van die Sentrum vir Kontekstuele Bediening (www.ccm.up.ac.za) oproep by Afrikaans >akademiese programme@.

 

JULIE

DIE KUNS VAN GEMEENTELIKE LEIERSKAP

P001598

(Let asb op die verandering in datums)

Uit ons terugvoer van Afrikaanssprekende pastors wat die Engelse kursus in Leierskap bygewoon en voltooi het, is dit duidelik dat hulle dit geniet het en deur ander kulture verryk is. Soveel so dat die dosente in die kursus besluit het om binne die karakter van die ontwikkeling van missionale leierskap hierdie jaar net een kursus aan te bied en dit wel sover moontlik tweetalig.

Hiermee nooi ek jou namens die ondergenoemde dosente uit om vir hierdie verrykende kursus te registreer. Predikante van die NG Kerk kry volle VBO-erkenning (vir twee jaar) vir deelname en suksesvolle voltooiing van die kursus.

Doel van die kursus:

In hierdie gevorderde kursus word pastors en ander gemeenteleiers opgelei om die kuns van gemeentelike leierskap te ontwikkel en bemeester. Die kursus fokus en reflekteer teologies op die persoon van die leier sowel as op die nodige vaardighede in die Suider-Afrikaanse konteks.

 

Plek: Pretoria

 

Datums van die kontakweke:

Kontakweek 1: 22 - 25 Augustus 2011 

Kontakweek 2: 21 - 24 November 2011 

Kontakweek 3: 23 - 26 Januarie 2012

Kontakweek 4: 16 - 19 April 2012

Kontakweek 5: 20 - 23 Augustus 2012 

 

Studente wat die Meestersgraad-opsie kies, woon dieselfde klasse by.

Aanbieders:

Week 1: Onder leding van Stefan Joubert; Week 2: Olv Zander vd Westhuizen; Week 3: Olv Piet Oberholzer; Week 4: Olv Nelus Niemandt; Week 5: Olv Lieneke Neethling

 

RENTMEESTERSKAP EN FINANSIëLE

BESTUUR

P000961

(Tweetalige Aanbieding)

Doel van die kursus:

Om gemeenteleiers toe te rus met finansiële bestuursvaardighede, te help om Bybelse beginsels van rentmeesterskap toe te pas en om begrotings op 'n nuwe manier op te stel.

Kursusleier: Me Doris Viljoen

Plek en Datum:

Pretoria: 26 – 28 Julie 2011

 

OPLEIDING VAN MENTORS

P001466

 

Doel van die kursus:

Pastors beleef dikwels dat hulle in hulle eie persoonsontwikkeling stagneer. Dit is een ding om kennis op ‘n wye front te ontwikkel, maar waar kry hy of sy objektiewe terugvoer en insette wat hulle lewens kan verander?

 

Die kursus het ten doel om leraars op te lei om mentors te kan wees vir ander in die bediening, maar ook om ‘n mentorprogram vir hulle gemeentes te ontwikkel.

Kursusleier: Dr Johan van den Heever

Plek en Datum:

Pretoria: 26 – 28 Julie 2011

 

AUGUSTUS

PASTORALE SORG EN BERADING

P000043

 

Doel van die kursus:

Leraars en ander beraders word dikwels oorweldig deur die behoefte aan emosionele geestelike en verhoudingsgenesing in ons samelewing. In hierdie kursus word die teorie en praktyk van narratiewe pastorale sorg en berading geïntegreer. Studente word toegerus om hoop en genesing in 'n wye verskeidenheid van situasies te bring - situasies wat eie is aan die Suid- en Suider-Afrikaanse samelewing.

 

Kursusleier: Dr Ilse Gravett. Ander dosente: Dr Hilda Steyn; Ds Pieter de Wet,  Mej Heleen Heidenreich, Ms Mantoa Nzeko, Dr Faure Louw

Plek: Pretoria

Datums van kontakweke:

Week 1: 01 - 04 Aug 2011                Week 4: 23 - 26 Julie 2012

Week 2: 17 - 20 Okt 2011                 Week 5: 05 - 08 Nov 2012

Week 3: 05 - 08 Maart 2012 

VERBEELDINGSBERAAD VLAK 1

P001445

Doel van die kursus:

Om persone wat by beraad/terapie betrokke is toe te rus in die narratiewe benadering en veral in die vermoë om te verbeel en kreatief/verbeeldingryk in gesprekke teenwoordig te wees.

Kursusleiers: Prof Julian Müller en Dr Lourens Human 

Plek en Datum:

Pretoria:  22 - 24 Augustus 2011

JEUGBEDIENING

P00046

(Tweetalige Aanbieding)

Doel van die kursus:

Die bediening aan kinders en jongmense in Suid- en Suider Afrika is ‘n groot  uitdaging. Deur hierdie kursus word leraars en ander jeugleiers opgelei en gemotiveer om ‘n effektiewe bediening aan klein kinders, tieners en jongmense te behartig binne die Suid- en Suider Afrikaanse konteks.

 

Kursusleier:             Prof Malan Nel. Verskeie ander dosente

Plek: Pretoria

Datums:

Week 1: 29 Aug – 01 Sept 2011 Week 4: 30 April - 03 Mei 2012

Week 2: 14 - 17 Nov 2011                Week 5: 16 -19 Junie 2012

Week 3: 30 Jan - 02 Feb 2012         Week 6: 17 – 20 Sept 2012

Wie leef, leer. Wie leer, leef.

 

Jy is welkom as student by die Sentrum. Kontak ons gerus.

Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien

 

Ek hoop om jou in een van ons geleenthede vir voortgesette bedieningsontwiikkeling te sien.

Malan Nel

Direkteur: Sentrum vir Kontekstuele Bediening

Ferdi Clasen: Programkoördineerder: Excelsus