Wie's hier?

Ons het 15 gaste aanlyn

Besoekers

mod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_counter
mod_vvisit_counterVandag317
mod_vvisit_counterGister443
mod_vvisit_counterHierdie week1200
mod_vvisit_counterVerlede week3121
mod_vvisit_counterHierdie maand4781
mod_vvisit_counterVerlede maand10132
mod_vvisit_counterAlle dae675332

Aanlyn (20 minute gelede): 6
Jou IP: 3.228.11.9
,
Today: Aug 11, 2020

SENTRUM VIR KONTEKSTUELE BEDIENING

FAKULTEIT TEOLOGIE (UP)

in samewerking met

Sentrum vir Bedieningsontwikkeling

Excelsus

bied aan:

Jy word vriendelik uitgenooi na ons volgende geleenthede/kursusse vir voortgesette bedieningsontwikkeling. Vir detail kan jy die betrokke kursus op die webbladsy van die Sentrum vir Kontekstuele Bediening (www.ccm.up.ac.za) oproep by Afrikaans >akademiese programme@.

 

JUNIE

EREDIENS EN PREDIKING

P000042

(Tweetalige Aanbieding)

 

Doel van die kursus:

Prediking is een van die belangrikste maar tegelyk ook een van die mees uitdagende bedienings in die Kerk. Die doel van hierdie kursus is om leraars verder toe te rus en te motiveer om effektief te kommunikeer wanneer die evangelie binne die Suid-Afrikaanse konteks in die vorm van prediking oorgedra word. Die kursus is onder rekonstruksie en ontwikkel saAm met hierdie nuwe groep in ‘n 5 weke kursus wat ook as krediete vir ‘n gestruktureerde Magister kan geld (wanneer die nodige voorvereistes in plek is)

 

Kursusleiers: Prof Cas Wepener, Dr Nelius Steyn en ander dosente

 

Plek en Datum:

Pretoria: Week 1: 20 - 23 Jun 2011       Week 2: 12 - 15 Sept 2011 (Weke 3 – 5 word later bekend gemaak) 

GEMEENTEBOU

Die opbou van ʼn missionêre gemeente

P000039

Doel van die kursus

In hierdie gevorderde kursus word pastors en ander gemeenteleiers opgelei om missionêre/missionale gemeentes te ontwikkel. Die kursus fokus teologies op die identiteit van die gemeente, prosesse en sisteme sowel as op die huidige samelewing en konteks. Die doel is om gemeentes te bou / te ontwikkel wat hoop bring en in hulle plaaslike gemeenskappe ʼn verskil maak. In die woorde van ‘n boek se subtitel: “How to change a church without breaking it”.

 

Kursusleier: Prof Malan Nel met verskeie ander Dosente

Plek en Datum:

Pretoria: Week 1: 20 -23 Junie 2011           Week 4: 10 - 13 April 2012

Week 2: 05 - 08 Sept 2011            Week 5: 30 Julie-03 Aug 2011

Week 3: 16 - 19 Jan 2012

BRUGBEDIENING

P001151

Doel van die kursus:

Brugpastoraat handel oor die begeleiding van gemeentes om ten tyde van predikante-vakatures afskeid te neem van die vorige bedieningstydperk, en om hulle vir die volgende tydperk voor te berei. Dit gaan onder andere daaroor dat die gemeente se identiteit herontdek moet word. In hierdie kursus word geselekteerde predikante opgelei om gemeentes in die oorgangstyd by te staan en in 'n nuwe tydvak in te begelei.

Kursusleier: Prof Malan Nel, Dr Howard du Toit en verskeie ander Dosente

Plek en Datum:

Pretoria: Week 1: 20 -23 Junie 2011 (deel van Week1: Gemeentebou)

Week 2: 12 - 15 Sept 2011

 

JULIE

DIE KUNS VAN GEMEENTELIKE LEIERSKAP

P001598

Doel van die kursus:

In hierdie gevorderde kursus word pastors en ander gemeenteleiers opgelei om die kuns van gemeentelike leierskap te ontwikkel en bemeester. Die kursus fokus en reflekteer teologies op die persoon van die leier sowel as op die nodige vaardighede in die Suider-Afrikaanse konteks.

 

Plek: Pretoria

 

Datums van die kontakweke:

Week 1: 18 – 21 Julie 2011                Week 4: 28 - 31 Mei 2012

Week 2: 24 - 27 Okt 2011                  Week 5: 20 - 23 Aug 2012

Week 3: 06 – 09 Feb 2012

 

Studente wat die Meestersgraad-opsie kies, woon dieselfde klasse by.

Aanbieders:

Week 1: Onder leding van Stefan Joubert; Week 2: Olv Zander vd Westhuizen; Week 3: Olv Piet Oberholzer; Week 4: Olv Nelus Niemandt; Week 5: Olv Lieneke Neethling

 

RENTMEESTERSKAP EN FINANSIëLE

BESTUUR

P000961

(Tweetalige Aanbieding)

Doel van die kursus:

Om gemeenteleiers toe te rus met finansiële bestuursvaardighede, te help om Bybelse beginsels van rentmeesterskap toe te pas en om begrotings op 'n nuwe manier op te stel.

Kursusleier: Me Doris Viljoen

Plek en Datum:

Pretoria: 26 – 28 Julie 2011

 

OPLEIDING VAN MENTORS

P001466

 

Doel van die kursus:

Pastors beleef dikwels dat hulle in hulle eie persoonsontwikkeling stagneer. Dit is een ding om kennis op ‘n wye front te ontwikkel, maar waar kry hy of sy objektiewe terugvoer en insette wat hulle lewens kan verander?

 

Die kursus het ten doel om leraars op te lei om mentors te kan wees vir ander in die bediening, maar ook om ‘n mentorprogram vir hulle gemeentes te ontwikkel.

Kursusleier: Dr Johan van den Heever

Plek en Datum:

Pretoria: 26 – 28 Julie 2011

Wie leef, leer. Wie leer, leef.

 

Jy is welkom as student by die Sentrum. Kontak ons gerus.

Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien

 

Ek hoop om jou in een van ons geleenthede vir voortgesette bedieningsontwiikkeling te sien.

Malan Nel

Direkteur: Sentrum vir Kontekstuele Bediening

Ferdi Clasen: Programkoördineerder: Excelsus