# |
Web Skakel |
Treffers |
1 |
Bybel-Media Bybel-Media bestaan om Christene vanuit die Woord van die Here toe te rus.
In vennootskap met kerke van verskillende denominasies, ontwikkel ons produkte, bedienings- en kursusmateriaal.
Hierdie webtuiste help besoekers om van al ons werksaamhede en produkte kennis te neem.
Webbesoekers kan een van twee roetes kies:
1. Besoek ons e-winkel vir inligting oor al ons produkte en gebruik die portaal om direkte aankope te doen; of
2. Besoek ons aktiwiteite- en diensteblad vir inligting oor al die dienste, gemeente- en predikantehulp, kursusmateriaal en dies meer.
|
1897 |
2 |
CLF CLF is in 1957 gestig met die doel om Christelike leesstof gratis onder die verskillende taal– en bevolkingsgroepe van Suider-Afrika, Afrika en die res van die wêreld te versprei. Lektuurverspreiding is egter maar net ‘n deel van ‘n omvattende lektuurbediening, waarby elke gelowige betrokke kan raak. CLF se bediening vind in vennootskap met individue, gemeentes, bedieningsorganisasies en uitreikaksies plaas. Oor die jare heen was daar talle getuienisse van mense wie se lewe deur die lektuur van CLF verander is. Dit was nog altyd ons missie om lektuur te ontwikkel, te voorsien en te versprei wat aantreklik en leesbaar is en wat die belangrikste aktuele sake aanspreek. CLF se leesstof word oorwegend in die vorm van bedieningspamflette beskikbaar gestel en die onderwerpe wat in die pamflette behandel word is Skrifgefundeerd, aktueel en op die man af. CLF het ook pamflette en ander materiaal wat spesiaal saamgestel is vir kleuters, tieners en volwassenes. Temas raak aktuele onderwerpe aan soos MIV/vigs, dwelms, alkoholisme, moraliteit, armoede, hoe kom ek tot bekering, hoe om jou Moesliembure te verstaan en nog baie meer. Hierdie leesstof word gratis beskikbaar gestel vir gebruik deur gelowiges in uitreikaksies, op straat en op plase, tehuise en townships, kantore en fabrieke, spreekkamers, hospitale, klinieke, gevangenisse, hawens en op skepe—oral waar onbereiktes bereik kan word om hul lewe te verander met die Boodskap van die Bybel.
CLF se droom is om die Boodskap van die Bybel na almal in hul eie taal te neem. Deur die getrouheid van God wat donateurs se harte oopmaak om donasies te gee, bou ons al 50 jaar aan hierdie droom en glo dat God die weë vir ons verder sal baan.
|
1833 |
3 |
Lux Verbi Visie
Lux Verbi.BM is die onbetwiste markleier in die vervaardiging en verspreiding van betroubare Christelike media van hoogstaande gehalte in en vanuit Suid-Afrika.
Missie
Lux Verbi.BM vervaardig en versprei 'n verskeidenheid Christelike produkte effektief en winsgewend. Die maatskappy bied produkte en dienste van uitstekende gehalte en streef daarna om 'n onbesproke Christelike sake-etiek te handhaaf.
Oor Lux Verbi.BM
Lux Verbi.BM is het ontstaan uit die oudste uitgewersmaatskappy in Suid-Afrika, NG Kerk-Uitgewers, wat in 1818 gestig is. Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika, wat uit dieselfde moedermaatskappy ontstaan het, versprei steeds miljoene Bybels elke jaar.
Lux Verbi en Bybel-Media se besigheidseenhede het in 1999 saamgesmelt om 'n sterk, opwindende nuwe maatskappy te vorm; dit is Lux Verbi.BM genoem. Bybel-Media is steeds 'n onafhanklike maatskappy, wat die bedienings bestuur. Ons is nou beter daartoe in staat om effektief te voorsien in die behoeftes en vir die uitdagings van die nuwe millennium … media vir Christus in Afrika en verder.
Die mees onlangse ontwikkeling, wat ook uiters opwindend is, is dat Lux Verbi.BM in die Naspers-groep opgeneem is. Ons is nou deel van die grootste mediagroep in Afrika, wat onder meer televisie, tydskrifte, koerante, uitgewerye en verspreidingsloodse insluit en wat die toon aangee wat posbestellings en elektroniese media betref.
Ons doelwitte
Om die evangelie die hele land oor te versprei deur middel van gedrukte en ander media.
Om te voorsien in die geestelike behoeftes van lesers van alle ouderdomme en uit alle taalgemeenskappe.
Om pastors, teoloë en studente van handboeke te voorsien.
Ons strategieë om ons doelwitte te verwesenlik
Ons dra sorg om te verseker dat die inhoud van ons produkte met Bybelse beginsels ooreenstem.
Ons produkte word op 'n esteties aantreklike manier aangebied.
Ons doen moeite om ons produkte so bekostigbaar moontlik te hou.
Ons bring ons produkte onder die aandag van lesers landwyd met behulp van uitgebreide reklame en bemarkingstrategieë.
Danksy koproduksies met gerespekteerde buitelandse uitgewers is Lux Verbi.BM in staat om publikasies wat andersins onbekostigbaar sou wees aan lesers beskikbaar te stel. Buiten die Engelse publikasies wat ons self genereer, bou Lux Verbi.BM aan 'n sterk afdeling vir internasionale titels (die International Book Division), wat boeke verskaf wat in die behoeftes van 'n breë mark kan help voorsien.
|
1839 |
4 |
Alban Downloads If you want to move the world, move a congregation. The Alban Institute was founded in 1974 as a major resource for American congregations facing the challenges of a changing society. While today’s challenges are even more pressing than they were three decades ago, the opportunities have never been clearer for congregations to be vital communities of faith, health, and leadership. Alban stands at the forefront of knowledge and experience regarding congregational vitality and positive trends across denominations and faith traditions. Our work is helping shape the strong congregations of tomorrow.
Alban has set out to be a place where we gather many perspectives, respect ideas, and learn from one another. Creating that space in American religious life is also the task of congregations. And it requires leadership. At Alban, we seek to develop strong congregational leaders who have the creativity, the endurance, and the joy to do the work needed to fulfill their congregations’ particular callings.
Each year, Alban touches hundreds of thousands of lives around the world—through our publishing, education, consulting, research, membership, online activities, and projects, such as the Indianapolis Center for Congregations and the Congregational Resource Guide. Our influence reaches deeply into the congregations of this country and the world.
Alban truly makes a difference in congregational life. Our work is supported by contributions and sales of programs, services, and publications. As a 501(c)(3) not-for-profit organization, the Alban Institute relies on generous contributions from individuals and foundations to realize our mission.
Location
The Alban Institute
2121 Cooperative Way
Suite 100
Herndon, VA 20171
|
2036 |