AddThis Social Bookmark Button
AddThis Social Bookmark Button
Ons plaas die volgende 3 preekriglyne as 'n eenheid:
  • Palmsondag - Psalm 31 - Psalm 31 sê duidelik dat geloof jou nie ellende spaar soos wat die voorspoedsteologie ons wil wysmaak nie.  Geloof is nie net sigbaar in die suksesverhale van verhoorde gebede nie.  Dit is ook sigbaar in die krag tot volharding wat dit gee as ’n gebed nie beantwoord word soos jy dit graag wil hê nie.  Soos Proteas wat 'n veldbrand oorleef het, tekenend is van die lewe wat behoue bly ten spyte van, so is hierdie Psalm ’n waarborg van God se trou en sorg ten spyte van.  Ons tye is in Sy hand, en Hy sorg dat ons die lewe behou te midde van lyding.  PP 2003 -- PP 2007 -- Word
  • Goeie Vrydag - Jesaja 52-53 - Uit die dood kom lewe … Jesaja 53:2 laat ons in geen twyfel oor die voorkoms van die dienaar van die Here nie.  Hy was misvormd. Hy het nie skoonheid of prag gehad nie.  Hy was verag en deur mense verstoot, ’n man van lyding wat pyn geken het, iemand vir wie mense die gesig wegdraai.  Tóg het daar uit die veragte dienaar genesing en herstel gekom.  Uit die smeltkroes van die dienaar se lyding, het daar verrassende skoonheid en seën vir ons gekom!  PP 2003 -- PP 2007 -- Word
  • Paasfees - Kolossense 3 - Anders as die film Awakenings wat wentel om die tydelike  verligting wat medisyne vir sekere post-enkefalitis pasiënte gee, gee geloof ons ’n Christus-awakening!  Dit keer ons lewens radikaal om, permanent.  Die lewensveranderende feite is dat ons saam met Christus uit die dood opgewek is, ons lewe saam met Christus verborge is in God en dat ons saam met Hom sal verskyn by sy wederkoms.  Daarom moet ons die lewensveranderende opdragte gehoorsaam: om te strewe na die dinge daarbo, ons gedagtes op Hom te rig dat Hy ons lewenstyl bepaal.  PP 2003 -- PP 2007 -- Word
As jy alles in een slag wil aflaai laai hierdie zipfile af (4.4 MB).  Geniet!
AddThis Social Bookmark Button

Gevorm deur die Gees met geestelike gewoontes

Die Seisoen van Luister het 10 preekriglyne beskikbaar gestel vir Pinkster 2011.  Dit fokus op die werk van die Heilige Gees soos 'n mens dit in die verhaal van Barnabas in Handelinge lees.  Sy verhaal word gekoppel aan die geestelike gewoontes wat in sy lewe en dié van die kerk sigbaar is.  Die eksegetiese opmerkings en opsomming van die geestelike gewoontes is onmiddelik aflaaibaar.  Die bemarkingspamflet sal 13 April beskikbaar wees, en die volledige preekriglyne en liturgieë 16 Mei.  Daar is ook 'n Bybelstudieboek oor Barnabas (Bybel-Media) wat ná die tyd in kleingroepe gebruik kan word - 16 Mei beskikbaar.

Hier is skakels na die beskrywing van die hulpmiddels, geestelike gewoontes, die model van verandering waarmee gewerk word en someer:

Chris van Wyk
AddThis Social Bookmark Button

Excelsus

Sentrum vir Bedieningsontwikkeling

Universiteit van Pretoria

VBO - Kursusse

2011

Laai inskrywingsvorm af / Laai program af in pdf-formaat

Kursusnaam

Aanbieder

Plek

Datum

E1.

Die op en af van ‘n gemeente en sy stigter

(Nuwe Testament en Prediking)

Kobus Myburgh

 

Johannesburg

14, 15 Februarie

Potchefstroom

9, 10 Mei

E2

Wie is ons en waarheen is ons op pad?

(Die wese en ontwikkeling van missionêre gemeentes)

Malan Nel

 

Johannesburg

14, 15 Febuarie

Potchefstroom

9, 10 Mei

E3.

Hoe bemiddel jy die evangelie sodat mense verander?

(Waardevorming)

Andre van Niekerk

 

Potchefstroom

14, 15 Februarie

Johannesburg

14, 15 Maart

E4.

As dit vertaal word…

(Hermeneutiek)

James Kirkpatrick

 

Potchefstroom

14, 15 Februarie

Johannesburg

14,15 Maart

E5.

Preek en leef die Ou Testament

(Ou Testament en Prediking)

Fanie Cronjé

 

Potchefstroom

14,15 Maart

Johannesburg

9, 10 Mei

E6.

Pastorale sorg in die gemeente

(Pastoraat)

Lourens Bosman

 

Potchefstroom

14,15 Maart

Johannesburg

9, 10 Mei

E7.

Word wat jy bedoel is

(Persoonsgroei, selfbestuur, loopbaanontwikkeling)

Henk en Ansie Gous

 

Pretoria

14, 15 Februarie

Natal

9, 10 Mei

E8.

Vensters op die erediens

(Liturgiek)

André Bartlett

 

Middelburg

14, 15 Februarie

Pretoria

14,15 Maart

E9.

Waar kinders en jongmense leer glo en deel word van ‘n lerende gemeenskap van dissipels (Kategese)

Johan Avenant

 

Pretoria

14, 15 Februarie

Natal

9, 10 Mei

E10.

Die kuns van gemeentelike leierskap

(Missionêre leierskap)

Nelus Niemandt

 

Pretoria

14, 15 Maart

 

 

E11.

Kom ons verander sonder dat ons gedwing word!

(Transformasiebestuur in die kerk)

Herman Carelsen

 

Middelburg

14, 15 Februarie

Pretoria

9, 10 Mei

E12.

‘n Nuwe generasie van leiers wat jy moet ontwikkel!

(Jeugbediening)

Zander van der Westhuizen

Pretoria

9, 10 Mei

 

 


Laai inskrywingsvorm af

Excelsus ... waar ons saam bou aan ’n kultuur van lewenslange leer

AddThis Social Bookmark Button
Die volledige versameling Kerkspieël ondersoeke is nou by www.kerkspieël.co.za beskikbaar.

Registrasie (gratis) by GDN is noodsaaklik, waarna jy kan inteken en kerkspieel.co.za kan besoek.

 

 

AddThis Social Bookmark Button

Laai inskrywingsvorm af

Excelsus

Sentrum vir Bedieningsontwikkeling

Universiteit van Pretoria

VBO-KURSUSSE

2010

"VBO-KURSUSSE: Die program vir voortgesette bedieningsontwikkeling (VBO) vorm deel van die A tot Z-beleid vir predikante van die NG Kerk wat tydens die Algemene Sinode in 2007 goedgekeur is. Excelsus se VBO-kursusse vir 2010 (wat deel van die program vorm) vind gedurende Maart plaas. Predikante wat een van die kursusse bywoon, verwerf 30 VBO-punte. Kursusinligting sowel as 'n inskrywingsvorm is hierby aangeheg. Kontak dr Ferdie Clasen vir meer inligting by (012) 809-0107 of ."

Excelsus bied in 2010 vir die eerste keer 'n kursusreeks, as deel van die VBO-program vir predikante van die NG Kerk, in die volgende vier sentra aan:

  • 1-2 Maart:       Johannesburg (Bonaeropark) en Middelburg (Middelburg-Suid)
  • 15-16 Maart:   Potchefstroom (Potchefstroom-Oos) en Pretoria (Skuilkrans)

Kursustye: Dag 1: 09:00 - 21:00; Dag 2: 08:00 - 16:00.

Kursusgangers verwerf 30 VBO-punte: 15 vir bywoning en 15 vir 'n gepaardgaande werksopdrag. Indien jy die werksopdrag voltooi, kwalifiseer jy ook vir akademiese krediete en ontvang dus 'n sertifikaat van die Universiteit van Pretoria.

Die kursusse waaruit jy kan kies word oor 'n tydperk van twee jaar op 'n roterende basis by al vier sentra aangebied.

Al dertien kursusse word aangebied deur persone wat hulle deeglik ingegrawe het op die onderskeie terreine. Kom deel in die nuutste teologiese ontwikkelinge en verryk op dié manier jou bediening!

Navrae: Ferdie Clasen

Tel (012) 809 0107

Faks (012) 809 0445