AddThis Social Bookmark Button

TIW rus gelowiges toe vir interkulturele getuienis en diens in gemeentes en die gemeenskap.

TIW is ʼn buro van die Hugenote Kollege met die doel om die Christelike gemeenskap tot diens te wees. TIW onder leiding van Ryk van Velden help gemeentes en organisasies met die toerusting van gemeenteleiers en lidmate vir interkulturele diens en getuienis binne gemeenteverband en in die gemeenskap.

Buigbaarheid in die programinhoud en aanbieding word nagestreef ten einde te verseker dat die toerusting aangebied, die behoeftes van die gelowiges in ʼn spesifieke konteks aanspreek.

Alhoewel TIW soms kursusse organiseer en adverteer in verskillende dele van die land, word voorkeur gegee aan toerustingsprogramme wat op versoek van gemeentes of organisasies beplan en aangebied word.

Toerustingsprogramme op aanvraag:

Op aanvraag kan TIW gemeentes en gelowiges toerus vir interkulturele dienswerk ten opsigte van byvoorbeeld die volgende:

Toerusting t.o.v. spesifieke aspekte van interkulturele getuienis en diens

TIW bied op versoek kort kursusse by gemeentes aan oor spesifieke aspekte van interkulturele diens en getuienis soos bv.:
• Hoe maak ons kontak met en begin diens lewer in onbekende gemeenskappe
• Kultuur en sinvolle dienswerk
• Die uitdaging van interkulturele kommunikasie
• Hoe leer ons ʼn taal aan
• Kruiskulturele verkondiging van die evangelie
• Bediening in informele nedersettings
• Besluitneming in ʼn interkulturele konteks

Toerusting vir beter inter-gemeentelike samewerking

Die fokus van die toerusting is om gemeentes wat kontak soek en nouer met ander gemeentes wil saamwerk, te help om:
• Die dinamiek van sulke prosesse beter te verstaan;
• Die inklusiewe aard van die gemeentes te vergroot;
• Sinvolle gesprek en besluitneming tussen die groepe uit te bou.

Toerusting van lidmate wat deurlopend interkultureel werksaam is

Hierdie toerusting fokus op lidmate wat op ʼn voltydse of deeltydse basis in hulle nabye omgewing by diens en getuienis in ʼn interkulturele konteks werksaam is soos bv. by kleuterskole, versorging van Vigswesies en maatskaplike werk.

Korttermynuitreikspanne

Hierdie toerusting help uitreikspanne toe om hulle uitreike goed te beplan en spanlede behoorlik voor te berei vir kultuursensitiewe uitreike.

Toerusting vir voornemende interkulturele kerklike werkers na die buiteland.

Die doel van die kursus oor 10 dae is om voornemende voltydse sendelinge of ander gelowiges op ʼn oorsigtelike wyse te oriënteer vir hulle dienswerk in ʼn vreemde land en kultuur. Naas inligting en praktiese wenke word daar ook riglyne gegee vir verdere toepaslike toerusting vir hulle spesifieke dienswerk.

Toerusting oor die versorging van interkulturele werkers

Hierdie toerustingsprogramme help gemeentes om hulle sendelinge of interkulturele werkers beter te begelei en te versorg (Member care). TIW kan behulpsaam wees met die opleiding van stuurspanne en die hertoetrede (re-entry) kampe en programme.

Die aard en opset van die toerusting

TIW streef daarna om die toerustingsprogramme te skoei na die spesifieke behoeftes en situasie van ʼn gemeente of die lidmate wat toegerus moet word. Om dit te bereik beplan TIW en die gemeentes die toerustingsprogram saam met inagneming van die uitkomste wat die gemeente wil bereik, die getalle teenwoordig en die tyd en fondse beskikbaar vir die toerusting.

Kostes

Reis- en verblyfkostes moet deur die gemeentes betaal word. Kostes verbonde aan die toerusting self is onderhandelbaar.

Navrae

Dr. R. van Velden. Tel. 021-8730025(k); 0828574368; E-pos:
AddThis Social Bookmark Button
TIW het enkele konferensies oor Kultuur en Bediening organiseer. Tydens die konferensie het ’n inleier ’n onderwerp behandel waarna iemand repliek gelewer het wat opgevolg is met ’n groepsbespreking. Die volgende lesings kan afgelaai word:
AddThis Social Bookmark Button

Die Oriënteringskursus vir voornemende sendelinge vanaf 23 Januarie tot 4 Februarie 2009 het die volgende kommentaar uitgelok:

  • “Die inhoud is baie prakties en daag jou uit tot diepe nadenke. Ek het beslis ʼn baie beter prentjie van wat om te verwag en voel toegerus daarvoor.”  - Betsie Nel.
  • “Die kursus is onmisbaar! Ons kan nie dink hoe ons ons toekomsplanne kon aanpak sonder dit wat ons hier geleer het nie. Dit is besonder bruikbaar en verstaanbaar en is op ʼn verantwoordelike manier aangebied.”- Neville Nel

Twee foto's wat daar geneem is: