AddThis Social Bookmark Button

Die Seisoen van Luister het 'n eie webtuiste!

Gaan na www.seisoenvanluister.co.za en lees meer oor die produkte, prosesse, bronne en luisterverhale wat die Seisoen van Luister die afgelope paar jaar geskep het.

PowerPoint en Word hulpmiddel

Die Seisoen van Luister voorsien elke week 'n PowerPoint en Word hulpmiddel vir gebruik saam met die fokusteks van die Leesrooster se Preekriglyne wat Bybel-Media in samewerking met Communitas uitgee.

Die uitgangspunte is die volgende:

  • Dit sluit direk aan by die Seisoen van Luister se kultuur, styl en metodiek.
  • Dit sluit direk aan by die Preekstudies met Liturgiese voorstelle gebaseer op die kerkjaar.
  • Dit gebruik visuele media en verhale om ‘n erediens-ervaring te skep waarin ‘n egte ontmoeting met God en mekaar kan gebeur.
  • Dit skep ‘n Familie-vriendelike toepassing vir die erediens.
  • Die projek word steeds met die heelhartige ondersteuning van Bybel-Media moontlik gemaak.
  • Daarom kan ons die PowerPoints en Word-lêers steeds gratis beskikbaar stel.
AddThis Social Bookmark Button

Advent 2011 tot Koninkrykstyd 2012

Hier volg die fokustekste vir Jaar B van die RCL Leesrooster soos in die Preekstudies en liturgiese voorstelle gebruik word.  Klik op die Lees meer om dit op die webtuiste te kan lees.  Klik op die skakel na die Word dokument aan die onderkant van die artikel om dit af te laai.

Klik hier om die weeklikse PowerPoint en Word hulpmiddels van die Seisoen van Luister af te laai.

Attachments:
FileBeskrywingFile size
Download this file (Fokustekste 2011-2012.doc)Fokustekste 2011-2012Preekstudies en Liturgiese voorstelle148 Kb
AddThis Social Bookmark Button

Ons het baie goeie terugvoer gekry oor die impak van die Pinksterreeks: In die spore van Barnabas. Ons sal dit steeds waardeer as jy 'n paar minute neem om vir ons ook oor jou gebruik van of deelname aan die Pinksterreeks in te lig. Dit sal baie help met die toekomstige beplanning vir die Seisoen van Luister se prosesse en produkte.

Klik hier om die meningsopname in te vul.

Klik hier om 'n opsomming van die meningsopname te lees.

AddThis Social Bookmark Button
Hier is die PowerPoint en Word files vir die Pinksterreeks, sowel as die Joernaal wat tydens die dienste gebruik kan word.  Onthou ook die Bybelstudieboek Barnabas wat Bybelstudie- en kleingroepe na die tyd kan gebruik om die geestelike gewoontes nog dieper in te oefen.

1. Barnabas die Bemoediger - Handelinge 4:32-37

Die Heilige Gees versprei die evangelie deur vrygewigheid  (vrygewigheid)

2. Barnabas die Borg - Handelinge 9:26-31

Die Heilige Gees skep veilige ruimtes deur gasvryheid (gasvryheid)

3. Barnabas die Brugbouer - Handelinge 11:19-24a

Die Heilige Gees skuif grense deur die getuienis van gewone mense (bemoediging)

4. Barnabas die Bemagtiger - Handelinge 11:24b-30

Die Heilige Gees sorg vir ander deur ons omgee (omgee)

5. Barnabas die Bedienaar - Handelinge 13:1-12

‘n Gestuurde gemeente leef deur gebed en getuienis (daaglikse ondersoek)

6. Barnabas die Beledigde- Handelinge 13:13-52

Die Heilige Gees gee die ewige lewe deur ons getuienis (getuienis)

7. Barnabas die Bewonderde - Handelinge 14:1-20

’n Nederige lewenstyl kies die pad van dienslewering en nie magsvertoon nie (nederigheid)

8. Barnabas die Beskermer - Handelinge 14:21-28

Die Heilige Gees skep ’n gemeenskap waarbinne geloof tot sy reg kom (gemeenskap)

9. Barnabas die  Besluitnemer - Handelinge 15:1-35

Die Heilige Gees leer ons onderskei deur getuienisse en die Bybel (geloofsonderskeiding)

10. Barnabas die Begeleier - Handelinge 15:36-41 (Kol 4:10; Fil 24; 2 Tim 4:11; 1 Pet 5:13)

Die Heilige Gees seën mense deur ons lewenspraktyke (lewenspraktyk)

Joernaal

 

AddThis Social Bookmark Button
Ons plaas die volgende 3 preekriglyne as 'n eenheid:
  • Palmsondag - Psalm 31 - Psalm 31 sê duidelik dat geloof jou nie ellende spaar soos wat die voorspoedsteologie ons wil wysmaak nie.  Geloof is nie net sigbaar in die suksesverhale van verhoorde gebede nie.  Dit is ook sigbaar in die krag tot volharding wat dit gee as ’n gebed nie beantwoord word soos jy dit graag wil hê nie.  Soos Proteas wat 'n veldbrand oorleef het, tekenend is van die lewe wat behoue bly ten spyte van, so is hierdie Psalm ’n waarborg van God se trou en sorg ten spyte van.  Ons tye is in Sy hand, en Hy sorg dat ons die lewe behou te midde van lyding.  PP 2003 -- PP 2007 -- Word
  • Goeie Vrydag - Jesaja 52-53 - Uit die dood kom lewe … Jesaja 53:2 laat ons in geen twyfel oor die voorkoms van die dienaar van die Here nie.  Hy was misvormd. Hy het nie skoonheid of prag gehad nie.  Hy was verag en deur mense verstoot, ’n man van lyding wat pyn geken het, iemand vir wie mense die gesig wegdraai.  Tóg het daar uit die veragte dienaar genesing en herstel gekom.  Uit die smeltkroes van die dienaar se lyding, het daar verrassende skoonheid en seën vir ons gekom!  PP 2003 -- PP 2007 -- Word
  • Paasfees - Kolossense 3 - Anders as die film Awakenings wat wentel om die tydelike  verligting wat medisyne vir sekere post-enkefalitis pasiënte gee, gee geloof ons ’n Christus-awakening!  Dit keer ons lewens radikaal om, permanent.  Die lewensveranderende feite is dat ons saam met Christus uit die dood opgewek is, ons lewe saam met Christus verborge is in God en dat ons saam met Hom sal verskyn by sy wederkoms.  Daarom moet ons die lewensveranderende opdragte gehoorsaam: om te strewe na die dinge daarbo, ons gedagtes op Hom te rig dat Hy ons lewenstyl bepaal.  PP 2003 -- PP 2007 -- Word
As jy alles in een slag wil aflaai laai hierdie zipfile af (4.4 MB).  Geniet!
AddThis Social Bookmark Button

Gevorm deur die Gees met geestelike gewoontes

Die Seisoen van Luister het 10 preekriglyne beskikbaar gestel vir Pinkster 2011.  Dit fokus op die werk van die Heilige Gees soos 'n mens dit in die verhaal van Barnabas in Handelinge lees.  Sy verhaal word gekoppel aan die geestelike gewoontes wat in sy lewe en dié van die kerk sigbaar is.  Die eksegetiese opmerkings en opsomming van die geestelike gewoontes is onmiddelik aflaaibaar.  Die bemarkingspamflet sal 13 April beskikbaar wees, en die volledige preekriglyne en liturgieë 16 Mei.  Daar is ook 'n Bybelstudieboek oor Barnabas (Bybel-Media) wat ná die tyd in kleingroepe gebruik kan word - 16 Mei beskikbaar.

Hier is skakels na die beskrywing van die hulpmiddels, geestelike gewoontes, die model van verandering waarmee gewerk word en someer:

Chris van Wyk