AddThis Social Bookmark Button
Dit is van tyd tot tyd nodig om indringend na te dink oor prosesse en veral die uitkomste daarvan.  Ons nader die einde van die huidige kerkjaar, en dit is tyd om oor die toekoms van die Seisoen van Luister projek in terme van die PowerPoint en Word hulpmiddels na te dink.
 
Aan die een kant is ons nou al in die NG Kerk meer as 8 jaar hiermee op verskillende maniere besig.  Die oorspronklike visie van die Visionêre Taakspan dateer al van 2002 af. Van die uitkomste is die volgende:
  • Ons het 'n hermeneutiese model van besig wees met die Bybel gevestig: rus, hoor en leef.  Ons kan praat van 'n kultuur van luister wat hierdeur gevestig is.  Die impak daarvan strek baie wyer as net die PowerPoint en Word hulpmiddels wat ons beskikbaar stel vir leraars en gemeentes om af te laai.  Dit sluit onder andere in dat die luistersiklus baie wyd gebruik word in kleingroepmateriaal, en dat ons anders dink oor die liturgie.  Die luistersiklus het letterlik die liturgiese bewegings geword wat ons gebruik in eredienste.  Dit is 'n fundamentele transformasie van die manier waarop ons in die kerk werk.
  • Ons help volgens ons berekeninge tans elke week 'n 950 verskillende leraars en gemeentes met materiaal wat in eredienste en wyer gebruik word.
  • Die Seisoen van Luister hulpmiddels word in totaal gemiddeld 8 000 keer 'n maand afgelaai, 270 keer 'n dag.  Grafika onder.
  • Dit sluit na alle waarskynlikheid veral gemeentes in wat minder hulpbronne het, en gemeentes wat net een leraar of selfs net 'n ouderling-korps het wat eredienste lei.  Dit word egter natuurlik wyer as dit gebruik.
  • En dan het ons ook nog 'n tiental publikasies die lig laat sien, wat steeds wyd gebruik word.
  • Daarby bly die hermeneutiese proses 'n fundamentele vertrekpunt in die meeste van die nuwe ontwikkelinge, selfs in die kerkherenigingsgesprekke.
Aan die ander kant moet ons telkens dink:
  • Is dit nog effektief? 
  • Is dit volhoubaar?
  • Is die visie hier rondom nog 'n gedeelde een?
  • Is daar beter maniere om dit te doen?
  • Is daar ander maniere om dit te doen?
  • Gaan ons steeds hulpbronne hieraan bestee?  
  • Ons moet ook vra, is die regte mense nog daarmee besig?
Ons sal graag jou mening hieroor wil hoor - kort of lank.  Lewer dit sommer hieronder in die kommentaar ruimte.
 
 2010-2012

Comments  

 
+1 # DsHansie Swart 2012-10-22 12:15
Ek is alleen in n gemeente van 951 siele (doop = 191 belydend = 760). Ek is van die begin af met die Leesrooster (ek dink ±1997/8) besig. Dit was en is nog steeds 'n onvervangbare hulpmiddel in my bediening. Ek gebruik die weeklikse teks en download slaafs. Later met die Luisterseisoen het dit weer nuwe lewe gebring. Ook dit word weekliks gebruik vir alle bedienings-gemeente-aktiwiteite. Ek kan regtig nie daarsonder nie. Moet dit asb nooit vervang of daarmee ophou nie. Dit gee struktuur aan my Woord en algemene bediening. Selfs lidmate kan nie meer daarsonder nie. Asseblief - julle doen 'n ongelooflike groot werk vir ons in die bediening - wat moet ek nog sê om julle te oortuig????
Reply | Reply with quote | Quote
 
 
0 # KommentaarNIcole 2012-10-30 08:49
Dankie, ek gebruik dit ook gereeld. Is ook alleen in die gemeente en soms het met net daardie ekstra inspirasie nodig om die diens kreatief aan te pak. Ek gebruik nogals die liturgie gedeeltes. Alhoewel ek dit 80% aflaai, gebruik ek die preke nie meer so baie nie. My gevoel is dat dit baie dieselfde raak. (ek bedoel dit nie negatief nie) Bv die week sn sluit aan by een n paar weke vantevore, so dus kan ek nie WEER oor dit preek nie. Sal dalk goed wees as mens vooraf weet julle werk aan so n "reeks" dan kan mens dit so gebruik. Maar dankie. Soms kry mens net n lekker idee of n ander manier om iets te sê. Sterkte.
Reply | Reply with quote | Quote
 
 
0 # ReekseWebmeester 2012-10-30 09:10
Ons het ook al in ons voorbereiding van die preekriglyne self gesels oor die fokustekste wat soms in 'n gegewe jaar in terme van die temas ooreenkom. Daar was ook al dieselfde teks wat op twee plekke in dieselfde kerkjaar as fokusteks gekies is. Daarby is die Adventtekste wat vir die volgende kerkjaar gebruik word, dieselfde tekste as in 2006. Ons is dus bewus hiervan, en sal aandag gee daaraan in gesprek met die groep wat die fokustekste uitwerk.
Reply | Reply with quote | Quote
 
 
0 # dsDanie Fourie 2012-12-08 12:11
Het ook reeds in 1983 met leesrooster begin. Stem saam met Hansie Swart se opmerkings en pleit vir voortsetting. Die Powerpoint aanbieding kan dalk meer variasie bied en meer innoverend wees (Dit kan egter ook individueel gedoen word)Kleingroep materiaal kan dalk nog uitgebrei word, maar so eenoudig en prakties moontlik gehou word. Seën op die werk
Reply | Reply with quote | Quote
 
 
0 # DsHM Strydom 2012-12-23 06:42
Ek is al 'n hele paar jaar afgetree, maar vir my eie verreiking en ook bediening, besoek ek die werf gereeld. Baie dankie vir die groot werk deur die webmeester en sy meddewerkers. Seënwens.
Reply | Reply with quote | Quote
 
 
0 # DsHM Strydom 2013-01-07 22:01
Het ek so ellendig gespel of het iemand my geskrif oorgeskryf? Ek kan nie glo dat ek nie verryking kan spel nie - meddewerkers kon 'n tikfout aan my kant wees. Liefde.
Reply | Reply with quote | Quote
 
 
0 # SpellingWebmeester 2013-01-07 22:16
Ten minste kan jy dit raaksien! Die bydraes word nie gewoonlik deur ons oorgeskryf of geredigeer nie.
Reply | Reply with quote | Quote
 
 
0 # dsfrans klopper 2013-01-15 11:21
Suidkus wil graag aansluit met gemeentepakket van R2000. Sal ons van verskillende rekenaars met een wagwoord kan ingaa. Ek was lid by NOUS.
Dankie
fRANS kLOPPER
Reply | Reply with quote | Quote
 
 
0 # kontak.org.za/Webmeester 2013-01-15 14:32
Jy sal alle inligting kry by http://www.kontak.org.za/
Reply | Reply with quote | Quote
 
 
0 # DsCharel Nel 2017-06-06 12:45
Ek wil net vir die span dankie sê. Ek gebruik nie noodwendig elke week die matriaal nie, maar ek lees dit elke week. Wat vir my lekker is, is dat hier drie insette oor dieselfde teks beskikbaar is wat my eie boekery aansienlik aanvul. Ek hou van die individuele voorstelle - op elke webblad anders maar juis daarom stimulasie vir my voorbereiding. Dankie Luisterseisoen, Leesrooster en Kontak se span.
Reply | Reply with quote | Quote
 
 
0 # WaarderingWebmeester 2017-06-06 14:03
Dit is 'n voorreg! Bly ons kan van diens wees. Chris.
Reply | Reply with quote | Quote
 

Add comment


Security code
Refresh