AddThis Social Bookmark Button
Ons plaas die volgende 3 preekriglyne as 'n eenheid:
  • Palmsondag - Psalm 31 - Psalm 31 sê duidelik dat geloof jou nie ellende spaar soos wat die voorspoedsteologie ons wil wysmaak nie.  Geloof is nie net sigbaar in die suksesverhale van verhoorde gebede nie.  Dit is ook sigbaar in die krag tot volharding wat dit gee as ’n gebed nie beantwoord word soos jy dit graag wil hê nie.  Soos Proteas wat 'n veldbrand oorleef het, tekenend is van die lewe wat behoue bly ten spyte van, so is hierdie Psalm ’n waarborg van God se trou en sorg ten spyte van.  Ons tye is in Sy hand, en Hy sorg dat ons die lewe behou te midde van lyding.  PP 2003 -- PP 2007 -- Word
  • Goeie Vrydag - Jesaja 52-53 - Uit die dood kom lewe … Jesaja 53:2 laat ons in geen twyfel oor die voorkoms van die dienaar van die Here nie.  Hy was misvormd. Hy het nie skoonheid of prag gehad nie.  Hy was verag en deur mense verstoot, ’n man van lyding wat pyn geken het, iemand vir wie mense die gesig wegdraai.  Tóg het daar uit die veragte dienaar genesing en herstel gekom.  Uit die smeltkroes van die dienaar se lyding, het daar verrassende skoonheid en seën vir ons gekom!  PP 2003 -- PP 2007 -- Word
  • Paasfees - Kolossense 3 - Anders as die film Awakenings wat wentel om die tydelike  verligting wat medisyne vir sekere post-enkefalitis pasiënte gee, gee geloof ons ’n Christus-awakening!  Dit keer ons lewens radikaal om, permanent.  Die lewensveranderende feite is dat ons saam met Christus uit die dood opgewek is, ons lewe saam met Christus verborge is in God en dat ons saam met Hom sal verskyn by sy wederkoms.  Daarom moet ons die lewensveranderende opdragte gehoorsaam: om te strewe na die dinge daarbo, ons gedagtes op Hom te rig dat Hy ons lewenstyl bepaal.  PP 2003 -- PP 2007 -- Word
As jy alles in een slag wil aflaai laai hierdie zipfile af (4.4 MB).  Geniet!

Comments  

 
0 # mRPieter labuschagne 2011-04-20 09:19
Hi
Ek soek n plek waar ek die paas naweek dienste kan bywoon
Reply | Reply with quote | Quote
 
 
0 # Paasnaweek diensteWebmeester 2011-04-20 09:41
In watter stad of dorp wil jy dit bywoon?
Reply | Reply with quote | Quote
 

Add comment


Security code
Refresh