AddThis Social Bookmark Button

SENTRUM VIR KONTEKSTUELE BEDIENING

FAKULTEIT TEOLOGIE (UP)

in samewerking met

Sentrum vir Bedieningsontwikkeling

Excelsus

bied aan:

Jy word vriendelik uitgenooi na ons volgende geleenthede/kursusse vir voortgesette bedieningsontwikkeling. Vir detail kan jy die betrokke kursus op die webbladsy van die Sentrum vir Kontekstuele Bediening (www.ccm.up.ac.za) oproep by Afrikaans >akademiese programme@.

 

MEI

KREATIEWE VEROUDERING

P001832 

Doel van die kursus

  • Om die nodige kennis en vaardighede aan kursusgangers te voorsien om die ouer persoon as lid van die gemeenskap beter te verstaan.
  • Om die bydrae en funksionering wat die multi- dissiplinêre span lewer, toe te lig.
  • Om die kerk en die gemeenskap van ouer persone, hulle familie en ander vrywilligers saam te snoer in ‘n span waar besin kan word oor eietydse bedieningsmodelle.

Kursusleier

Dr Elrisa Malan, Dr Karel Prinsloo en ander bekende dosente

 

Plek en Datum:

Pretoria: 10 – 12 Mei 2011

 

JUNIE

EREDIENS EN PREDIKING

P000042

(Tweetalige Aanbieding)

 

Doel van die kursus:

Prediking is een van die belangrikste maar tegelyk ook een van die mees uitdagende bedienings in die Kerk. Die doel van hierdie kursus is om leraars verder toe te rus en te motiveer om effektief te kommunikeer wanneer die evangelie binne die Suid-Afrikaanse konteks in die vorm van prediking oorgedra word. Die kursus is onder rekonstruksie en ontwikkel saAm met hierdie nuwe groep in ‘n 5 weke kursus wat ook as krediete vir ‘n gestruktureerde Magister kan geld (wanneer die nodige voorvereistes in plek is)

 

Kursusleiers: Prof Cas Wepener, Dr Nelius Steyn en ander dosente

 

Plek en Datum:

Pretoria: Week 1: 06 - 09 Jun 2011       Week 2: 12 - 15 Sept 2011 (Weke 3 – 5 word later bekend gemaak) 

GEMEENTEBOU

Die opbou van ʼn missionêre gemeente

P000039

Doel van die kursus

In hierdie gevorderde kursus word pastors en ander gemeenteleiers opgelei om missionêre/missionale gemeentes te ontwikkel. Die kursus fokus teologies op die identiteit van die gemeente, prosesse en sisteme sowel as op die huidige samelewing en konteks. Die doel is om gemeentes te bou / te ontwikkel wat hoop bring en in hulle plaaslike gemeenskappe ʼn verskil maak. In die woorde van ‘n boek se subtitel: “How to change a church without breaking it”.

 

Kursusleier: Prof Malan Nel met verskeie ander Dosente

Plek en Datum:

Pretoria: Week 1: 20 -23 Junie 2011           Week 4: 10 - 13 April 2012

Week 2: 05 - 08 Sept 2011            Week 5: 30 Julie-03 Aug 2011

Week 3: 16 - 19 Jan 2012

BRUGBEDIENING

P001151

Doel van die kursus:

Brugpastoraat handel oor die begeleiding van gemeentes om ten tyde van predikante-vakatures afskeid te neem van die vorige bedieningstydperk, en om hulle vir die volgende tydperk voor te berei. Dit gaan onder andere daaroor dat die gemeente se identiteit herontdek moet word. In hierdie kursus word geselekteerde predikante opgelei om gemeentes in die oorgangstyd by te staan en in 'n nuwe tydvak in te begelei.

Kursusleier: Prof Malan Nel, Dr Howard du Toit en verskeie ander Dosente

Plek en Datum:

Pretoria: Week 1: 20 -23 Junie 2011 (deel van Week1: Gemeentebou)

Week 2: 12 - 15 Sept 2011

BYBEL EN SY BOODSKAP

MODULE 1 A (3de herhaling)

Doel van die werkswinkel en kursus:

Die kursus, Bybel en sy Boodskap bestaan uit agt modules van 14 lesings elk en is bedoel vir gebruik in gemeentes se Bybelskole. Die kursus bestaan uit 1 module oor die hantering en verstaan van die Bybel, drie Nuwe testament en vier Ou Testament modules. Die invalshoek is die tydsgleuwe waarin Bybelboeke ontstaan het en hoe om Bybelmateriaal vanuit hierdie hoek te lees en die boodskap te verstaan. Die doel van die werkswinkel is om leraars en ander leiers op te lei om die materiaal in gemeentes te kan aanbied. Module 1 se bywoning is ‘n veresite om ook die ander modules aan te bied.

 

Kursusleiers Module 1A:

Dr Gys Loubser  en Dr Gustav Claassen

 

Plek en Datum:

Pretoria: 19 – 20 April 2011

Wie leef, leer. Wie leer, leef.

 

Jy is welkom as student by die Sentrum. Kontak ons gerus.

 

Ek hoop om jou in een van ons geleenthede vir voortgesette bedieningsontwiikkeling te sien.

Malan Nel

Direkteur: Sentrum vir Kontekstuele Bediening

Ferdi Clasen: Programkoördineerder: Excelsus

Add comment


Security code
Refresh