AddThis Social Bookmark Button

diePLAN

Die gemeente met ‘n verskil maak ‘n verskil …

Die kerk in  beweging …

Vereniging ingelyf kragtens Artikel 21 - Registrasienommer: 2007/019233/08

diePLAN is 'n nie-winsgewende maatskappy wat die universele kerk help om as transformasie-agent sy missionele aard tot groter eer van God uit te leef

Ons visie is om 'n groeiende getal missionele gemeentes wêreldwyd te help om as geloofsgemeenskappe hul unieke rol in die uitvoering van God se Plan te verstaan en te vervul

Ons doen dit deur die volgende strategieë:

  • Navorsing en ontwikkeling
  • Konsultasie
  • Opleiding en Toerusting

Met die oog op die volgende strategiese uitkomste:

  • maak 'n relevante en substantiewe bydrae tot die vergroting van die missionêre impak van God se mense in die wêreld
  • help skep 'n Bybelse, holistiese, relevante en kontekstuele missionele ekklesiologie by gemeenteleiers en uiteindelik by alle gelowiges
  • stel geykte, skadelike en remmende missionêre paradigmas aan die kaak en werk mee tot die verandering daarvan
  • daarstelling van goedgefundeerde navorsing en ontwikkeling om diagnostiese en remediërende hulpmiddels en prosesse beskikbaar te stel waardeur gemeentes hul unieke missionêre bydrae en impak kan moniteer en verskerp
  • werk mee om nuwe entoesiasme, energie en fokus binne die kerk te help skep sodat God se mense waarlik as verskilmakers binne Sy skepping sal lewe

Produkte

Musiek CD

Gebedsjoernaal

Onverantwoordelik

Ons-is-die-Plan Handboek

Bybelstudieboek:  Nege weke van Transformasie

Ons-is-die-Plan Werkwinkel

Opleiding en Toerusting

Raad van Direkteure

Adviseurs

Voltydse medewerkers

Bestuur
diePLAN word op 'n wyse bestuur wat minimum oorhoofse kostes genereer

Infrastruktuur
'n Virtuele kantoorkonsep word gebruik om uitgawes en investering in vaste bates te beperk

Finansies
diePLAN se projekte en bedryfsuitgawes word hoofsaaklik gefinansier uit donasies deur gemeentes en individue asook deur die verkope van boeke en publikasies. Voltydse en deeltydse medewerkers word nie deur diePLAN vergoed nie en is verantwoordelik om persoonlike ondersteuning self te werf.

Helena Drotskie Trust
Hierdie trustfonds word aangewend vir die skep, vertaal, druk, dupliseer en verspreiding van visuele en/of oudio materiaal van diePLAN in digitale of gedrukte formaat wat by voorkeur vir gebruik in Russiessprekende lande en Oos-Europa bedoel is.

Trustees:

AddThis Social Bookmark Button

Broeders, almal van u is tot ʼn mindere of meerdere mate bekend met, op hoogte van, en blootgestel aan die materiaal wat ons diePLAN noem. Die materiaal probeer om gemeentes te help om volhoubaar as gestuurde (missionele) gemeentes te lewe - nie net kollektief as God se mense nie, maar ook as individuele gelowiges.

Dit is met dankbaarheid dat ons kon ervaar dat die Here diePLAN -werkwinkels, -aanbiedings en -publikasies gebruik in sy kerk - daarvan getuig die getuienisse van talle leraars en individuele gelowiges.

Ons het egter by ʼn punt gekom waar dit, na ons mening, nodig is om te herbesin oor die aanbieding, prosesse, ‘produkte' en ‘verpakking' van die materiaal. Nuwe geleenthede om die materiaal internasionaal beskikbaar te maak en om plaaslik meer gemeentes met ʼn proses te ondersteun, ontwikkel voortdurend. So is Bybel-Media byvoorbeeld gretig om by die verspreiding en bemarking van die publikasies betrokke te raak. En hoe langer, hoe meer raak ons daarvan oortuig dat ʼn herontdekking van die missionele aard van die kerk wêreldwyd  tot vars, nuwe en volgehoue entoesiasme en energie in gemeentes aanleiding gee. Oor die implikasies hiervan moet en wil ons besin.

Daarom het ons ʼn strategiese beraad gereël wat DV vanaf 12 tot 14 Mei op ʼn wildplaas naby Kimberley sal plaasvind. Die tema van die beraad is GOD se PLAN en diePlan.

Die doel van hierdie epos is om u te vra, om na aanleiding van u kennis en blootstelling aan die materiaal, vir ons te help met enige:

  • opmerkings;
  • belewenisse en ervarings;
  • waarnemings;
  • kommentaar;
  • voorstelle;
  • of enige ander bydrae wat na u mening relevant is vir ons besinning.

Die bedoeling is nie dat die beraad sal vasval in die bespreking van feite nie, maar dat hierdie ʼn geleentheid sal wees om waarlik God se stem te hoor oor hoe diePLAN daartoe kan bydra dat gemeentes wêreldwyd met entoesiasme sal lewe as Sy verskilmakers.

Alhoewel ons slegs beperkte getalle kan akkommodeer, moet u asseblief, indien u gelei voel om aan die beraad deel te neem, met ons kontak maak sodat ons vir u die nodige inligting daaroor kan stuur.

Om dalk u geheue te verfris heg ek hieronder ons kriptiese strategiese inligting aan.

U broer in Christus

Frans Hancke

DiePlan

'n Vereniging ingelyf kragtens Artikel 21

Reg No: 2007/019233/08

Fokusfrases

Die gemeente met 'n verskil maak 'n verskil ...

Die Kerk in beweging ...

Missie

Om die universele kerk te help om as transformasie-agent sy missionele aard tot groter eer van God uit te leef

Visie

'n Groeiende getal missionele gemeentes word wêreldwyd gehelp om as geloofsgemeenskappe hul unieke rol in die uitvoering van God se Plan te verstaan en te vervul

Dit doen ons deur die volgende strategieë:

  • Navorsing en Ontwikkeling
  • Konsultasie
  • Opleiding en Toerusting

Met die oog op die volgende strategiese uitkomste:

  • maak 'n relevante en substantiewe bydrae tot die vergroting van die missionêre impak van God se mense in die wêreld
  • help skep 'n Bybelse, holistiese, relevante en kontekstuele missionele ekklesiologie by gemeenteleiers en uiteindelik by alle gelowiges
  • stel geykte, skadelike en remmende missionêre paradigmas aan die kaak en werk mee tot die verandering daarvan
  • daarstelling van goedgefundeerde navorsing en ontwikkeling om diagnostiese en remediërende hulpmiddels en prosesse beskikbaar te stel waardeur gemeentes hul unieke missionêre bydrae en impak kan moniteer en verskerp
  • werk mee om nuwe entoesiasme, energie en fokus binne die kerk te help skep sodat God se mense waarlik as verskilmakers binne Sy skepping sal lewe

thePLAN ... the Global Church ... Incarnational ... Missional ... Transformational ... Glorifying God ...

Contact details:

Dr Frans Hancke

(Executive Director: thePLAN   /   Research Fellow: Faculty of Theology, University of the Free State, South Africa)

2 McClintock Street, Monument Heights, Kimberley, 8301, South Africa

Tel & Fax: +27(0)53 833 3280 (office and home)

Mobilie: 082 490 5737

Web: www.dieplan.org