CABSA

AddThis Social Bookmark Button

CABSA Wordle

 

CABSA maak weekliks riglyne beskikbaar om leraars te help nadink oor die leesrooster teks van die week in 'n Wêreld met MIV - klik hier. Hierdie riglyne is gewoonlik teen die vorige Dinsdag beskikbaar.

AddThis Social Bookmark Button

"Kerke, Kanale van Hoop/Churches, Channels of Hope" (CCoH)

Kanale van hoopCABSA glo geloofsgemeenskappe het ’n ongelooflike potensiaal om die ernstige uitdagings aan te spreek wat die MIV epidemie steeds bied. Dit word dikwels bevestig, ook as volg in ’n onlangse internasionale verslag: “The role of religion is becoming increasingly important in the context of health, both globally and locally. There are numerous experiences that show that some of the most effective agents for behaviour change at community level are religious leaders or faith based groups.”[1] Hierdie potensiaal word deur CABSA se dienste en programme ontsluit.

Deur die Kerke Kanale van Hoop program bied CABSA inligting en opleidingsessies aan wat pasgemaak is vir spesifieke omstandighede. Hierdie benadering is ontwikkel op grond van versoeke van individue en gemeenskappe vir verskillende tipes en vlakke steun.

CABSA is ook baie bewus van die kompleksiteit van gender verhoudings en die invloed wat geslagsverhoudings op die kwesbaarheid van vroue het, en daarom word hierdie aspekte aktief en doelbewus in opleidingsmateriall en aktiwiteite ingesluit. Hierdie word van die grondoorsake van kwesbaarheid vir MIV aangespreek.

CABSA bied die volgende opleiding en inligtingsgeleenthede:

  1. Sensitiserings geleenthede – Sluit in aanbiedings oor CABSA, MIV, ‘n Positiewe Leefstyl ens by geleenthede by ‘n kerk, klub of vereniging.
  2. MIV Positiewe sprekers - CABSA het ‘n klein databasis van individue wat bereid is om met groepe te praat oor hulle ervaring van ‘n lewe met MIV.
  3. Eredienste – CABSA word dikwels genooi om te preek of aanbiedings tydens eredienste te doen.
  4. Mini-werkswinkels oor onderwerpe soos ‘n Inleiding tot MIV en Vigs, Gender, MIV Bevoegdheid/bekwaamheid, Leef Positief, Stigma ens
  5. MIV Integrasie – Hierdie opleidingskursus help individue om ‘n deeglike kennis van en insig oor MIV verwante onderwerpe in hulle persoonlik, spirituele en professionaele lewens te integreer, en is ook geskik vir opleiding in die werksplek.
  6. Kerke, Kanale van Hoop werkswinkels fokus op geloofsgemeenskappe en gemeentes, en word aangebied deur CABSA personeel en fasiliteerders wat suksesvol die 7 dae Kerke, Kanale van Hoop fasiliteerders opleiding deurloop het. Die fokus en formaat van die werkswinkels is aanpasbaar.
  7. Kerke, Kanale van Hoop Fasiliteerdersopleiding – die doel van hierdie intensiewe opleidingsprogram is om deelnemers toe te rus met die nodige houding, kennis en vaardighede om ‘n kanaal van hoop te wees en gemeenshappe te begelei na MIV bevoegdheid.

CABSA ondersteun die Kerke Kanale van Hoop Program op verskeie maniere. Dis sluit in ‘n mentorprogram en die CARIS inligtingsdiens.

AddThis Social Bookmark Button

VIGS strik

Bly op hoogte van die nuutste inligting oor MIV en die MIV epidemie hier.

AddThis Social Bookmark Button

JChelminiski

CABSA is 'n een-stop diens vir Christen gemeenskappe wat omgee en versoening en hoop in die MIV pandemie bring.  Lees die nuutste nuusbrief van CARIS, CABSA se hulpbron en inligtingsdiens hier en die nuutste organisasie nuusbrief hier.

AddThis Social Bookmark Button

CABSA_logo

Omgee Christen gemeenskappe wat versoening en hoop bied in ‘n wêreld met MIV:

Verstaan die virus, die epidemie en die drywers daarvan, hoor God se stem en reageer omvattend en sinvol.

CABSA begelei en ondersteun Christen Gemeenskappe tot “MIV vaardigheid”of "MIV bekwvoegdheid" Ons funksioneer as ‘n inligtingsdiens met ‘n fokus op mobilisering, opleiding en netwerk.

Die Vigsepidemie word wêreldwyd gekenmerk deur stigma, onkunde en apatie. Die aantal mense wat geïnfekteer word bly hoog: Twee nuwe infeksies vir elke persoon wat toegang tot medikasie kry.

Hierteenoor is daar ‘n netwerk van gemeentes met gevestigde infrastruktuur dwarsoor Afrika. Daar is dus ’n wonderlike potensiaal vir kerke en Christene om deel van die oplossing van hierdie krisis te wees. CABSA help om hierdie potensiaal te ontsluit.

CABSA verhoog mense se MIV-bewussyn deur inligting beskikbaar te stel, leiers op te lei en gemeentes betrokke te maak. CABSA is betrokke by ‘n netwerk van inisiatiewe en steun talle prosesse om geloofsgemeenskappe te help om hul roeping in ’n wêreld met MIV te verstaan en uit te leef.

Ons werk vanuit kantore in Wellington (Wes-Kaap) en Randburg (Gauteng). Die CABSA verteenwoordigers in verkillende dele van Afrika is ons plaaslike stem. Ons vennote, AIDSLink en WorldVision, werk wêreldwyd. CARIS dienste is ook internasionaal beskikbaar.

CABSA het ’n klein kern van personeel en verskeie medewerkers, insluitend deeltydse verteenwoordigers, vrywilligers en individue aan wie verskillende take gekontrakteer word.

Verskeie deurlopende dienste word gebied: die webblad is 24/7 beskikbaar, ’n weeklikse Bybel boodskap en maandelikse nuusbrief word per e-pos aan intekenaars gestuur, navrae word tydens kantoorure beantwoord, materiaal word ontwikkel en versprei vir spesiale geleenthede soos Wêreld Vigsdag en Vigs Herdenkings Sondag. Geleenthede vir opleiding, werkswinkels en optredes word benut waar moontlik. CABSA fasiliteer verskeie werkswinkels, gefokusde opleidingsprogramme en het sprekers beskikbaar om by geleenthede op te tree.

CARIS (die Christian AIDS Resource and Information Service) verskaf kennis, inligting en hulpbronne om individue en organisasie te bemagtig om ‘n omvattende MIV diens te verskaf. CARIS sluit in ‘n uitgebreide webblad, drie aanlyn databasisse, ’n materiaal verspreidingsprogram, ‘n hulpbronsentrum, steun aan plaaslike hulpbronsentrums, nuusbriewe en die gebruik van sosiale media soos Facebook en Twitter.

CABSA is betrokke by ’n verskeidenheid aktiwiteite om die stem van hulle wat nie gehoor word nie duideliker te maak, beleid te beïnvloed, die rol van geloofsgemeenskappe in sekulêre omgewings sigbaar te maak en te verseker dat geloofsgemeenskappe ingeligte en bevoegde response op MIV kan lewer.

CABSA skep netwerkgeleenthede en gebruik bestaande geleenthede om geloof-response op MIV te versterk en sinergie met ander te ondersoek.

Deur al hierdie aktiwiteite verstaan geloofsgemeenskappe die epidemie, hoor hulle hul roeping en is hulle bevoeg om die regte dinge op die regte manier te doen.

CABSA is ’n geregistreerde NPO verantwoordelik vir sy eie befondsing. Befondsing sluit in donasies van individue en gemeentes, Christen organisasies, trusts en plaaslike-/internasionale donor organisasies. CABSA verskaf ook sekere dienste teen ’n fooi om groter finansiële onafhanklikheid te bewerkstellig.

U steun help CABSA om lewens en gemeenskappe te verander! Kontak ons vir inligting oor hoe om deur die Vriende van CABSA program gereelde steun te bied en kommunikasie te ontvang.

Gereelde finansiële steun deur die “1 in ’n 1000” program is besonder waardevol om volhoubaarheid te verseker, maar enige donasie is baie welkom.

Bank rekening besonderhede
 
Naam: “Christian AIDS Bureau”,
Bank: ABSA,
Rekening Nommer 910 467 4160 (Active saving account),
Tak:   Wellington (632005)

[1] “Why bother? Global Health and AIDS: Fighting for justice and equity” NORAD