Julie 2012

AddThis Social Bookmark Button

voorblad-Julie-2012Verwagtings kan ’n mens maak of breek, of dit nou verwagtings in die huwelik, die gemeenskap of jou werksomgewing is.

Wat ander van jou verwag, het ’n onontwykbare impak op jou ervaring van jouself en jou menswees. Nóg dieper: Wat jy van jouself verwag, het ’n bepalende impak op wat jy van jouself dink en die manier waarop jy aan jou lewe gestalte gee.

Dit is nie vir predikante anders nie. Die verwagtings van gemeentelede en kollegas, die verwagtings van familie en gesinslede sowel as die verwagtings van die kerkverband en die gemeenskap, speel ’n integrale rol in predikante se ervaring van hulle rol en bediening.

Dié ervaring word aangevul en aangevuur deur die verwagtings wat predikante van hulleself het, invloede van buite af (gemeente en gemeenskap), van binne af (selfverstaan) en ten slotte deur die verstaan van hulle Goddelike roeping.

Hierdie Kruisgewys gee ’n paar perspektiewe op die lewe en bediening van predikante in die lig van al dié verwagtings.

Aan die een kant is dit geanker in die empiriese predikante­paneelnavorsing van 2011. Dié navorsing is weliswaar net onder NG predikante gedoen, maar behoort vir predikante van alle denominasies perspektiewe oop te maak wat in hulle eie gemeente en werksomgewing relevant is. Kommentaar van alle predikante hierop sal dus verwelkom word.1

Aan die ander kant word die perspektiewe aangevul deur verhale en nadenke oor die verwagtings van predikante, van buite (gemeente en gemeenskap) en van binne (predikante self).

Attachments:
FileBeskrywingFile size
Download this file (redakteursbrief.doc)RedakteursbriefChris van Wyk en Pieter Fourie30 Kb
Download this file (Die predikant se lewe en werksomgewing.doc)Die predikant se lewe en werksomgewing.docKobus Schoeman33 Kb
Download this file (Wat word vandag van 'n predikant verwag.doc)Wat word vandag van 'n predikant verwag.docGielie Loubser31 Kb
Download this file (Wat verwag predikante van hulleself.doc)Wat verwag predikante van hulleself.docFrederick Marais32 Kb
Download this file (Die vreugdes en pyn van medeleraarskap.doc)Die vreugdes en pyn van medeleraarskap.docJan Woest31 Kb
Download this file (Vestiging van 'n kultuur van brugpredikante.doc)Vestiging van 'n kultuur van brugpredikante.docMalan Nel30 Kb
Download this file (Gemeentelike personeel kort ook versorging.doc)Gemeentelike personeel kort ook versorging.docPierre Goosen35 Kb
Download this file (Van doen na wees MIV program.doc)Van doen na wees MIV program.docLyn van Rooyen25 Kb
AddThis Social Bookmark Button

Die doelstelling van Kruisgewys is om die jongste teologiese denke oor kerk- en gemeentewees op ’n bevatlike wyse aan besige gemeenteleiers oor te dra.

Bybel-Media is die uitgewer van Kruisgewys en versprei dit minstens vier keer per jaar gratis as ’n diens aan gemeentes, ooreenkomstig die leuse “Vennoot in geloof en bediening”. Die tydskrif is ’n gesamentlike aksie met die Gemeentedienstenetwerk (GDN).

Chris van Wyk van GDN is die artikelredakteur. Pieter Fourie van Bybel-Media is die eindredakteur.

Kruisgewys word gestuur aan leraars van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika, die Nederduitsch Hervormde Kerk, die NG Kerk, die Afrikaanse gemeentes van die VGKSA en die Christelike Gereformeerde Kerk.

Die koerant van die Nuwe Hart-beweging wat probeer om nuwe waardes in Suid-Afrika te bevorder, verskyn in die toekomstig as ’n bylae tot die kerkkoerant Kerkbode. Diegene wat nie laasgenoemde koerant ontvang nie, ontvang die koerant van die Nuwe Hart-beweging as ’n abba-produk tot Kruisgewys. Dit is ’n poging om verantwoordelik met Koninkryksreserwes om te gaan in die lig van die geweldige hoë koste van posgeld.

AddThis Social Bookmark Button

Gister en vandag is nie dieselfde nie. Die wêreld, insluitend die kerklike wêreld van 10 en 15 jaar gelede, verskil ingrypend van vandag s’n. Dit sal môre ook wéér anders lyk.

Suksesvolle en effektiewe leierskapsvaardighede van die verlede waarborg nie meer vandag dieselfde resultate nie.

Een reaksie aan die een kant is om aan die ou styl en strategie vas te hou en vir die beste te hoop. Aan die ander kant kan die nuwe uitdagings met kreatiwiteit en entoesiasme tegemoet gegaan word. Albei kontrasterende reaksies skep spanning by predikante en plaas hulle binne uitdagende situasies wat hanteer moet word.

Die rol en taak van die leierskap van ’n gemeente, spesifiek van die predikant, word voortdurend uitgedaag en oor geskryf.

Is daar nog vreugde en roepingsvervulling in die taak van gemeenteleier? Om meer spesifiek te wees: Hoe gaan dit met predikante? Om van dié vrae te beantwoord, kan gekyk word na van die bevindings van die eerste Predikantepaneel.

Attachments:
FileBeskrywingFile size
Download this file (Die predikant se lewe en werksomgewing.doc)Die predikant se lewe en werksomgewing.doc 33 Kb
AddThis Social Bookmark Button
Vandat ek kan onthou, was ons dominee iemand van wie daar met respek gepraat is en wat ’n baie sterk invloed in ons gemeenskap gehad het. Duidelik het Dominee se mening getel. Wat hy gesê het (altyd ’n hy!), was gewoonlik aanvaar as reg en waar.

Ons dominee het gewéét

Dit was immers die rol van die predikant om vir ons te sê wat reg en verkeerd is, wat waar en onwaar is.

Attachments:
FileBeskrywingFile size
Download this file (Wat word vandag van 'n predikant verwag.doc)Wat word vandag van 'n predikant verwag.docGielie Loubser31 Kb
AddThis Social Bookmark Button
Dit is moeiliker om oor verwag­tings te skryf as wat ek voorsien het.

Meer biografies as wetenskaplik

Ek kan eintlik nie anders as om in dié proses meer uit my eie herinneringe te put nie.

Dit beteken aan die een kant dat hierdie artikel meer biografies as “wetenskaplik” gaan wees. Gerben Heitink het darem ’n omvangryke werk onder die titel, Biografie van de dominee geskryf (2001). Biografiese nadenke kan ’n mens tot ’n dieper en méér verantwoorde blik op jouself en jou bediening lei.

Aan die ander kant open só ’n aanpak ook die moontlikheid dat almal wat dit lees, hulle eie inkleding van die biografiese perspektiewe kan maak. En dalk is die verwagtings wat ons as dominees ervaar – méér as wat ons miskien sal wil toegee – eintlik maar spieëls wat aan ons eie herinneringe hang. Dalk het ons in die verwoording van ons eie verwagtings eerder met onsself as met die verwagtings van ander te make.

Attachments:
FileBeskrywingFile size
Download this file (Wat verwag predikante van hulleself.doc)Wat verwag predikante van hulleself.docFrederick Marais32 Kb