Maart 2010

AddThis Social Bookmark Button
AddThis Social Bookmark Button

Die afgelope twee Kruisgewys-uitgawes het op gemeentes gekonsentreer.

Dit het nagedink oor klein gemeentes en of hulle 'n seën of mislukking is. Dit het ook nagedink oor gemeentes waarvan ons hoor dat hulle 'n wedergeboorte of omkeer ervaar.

Uit lesers-terugvoer het ons gehoor dat dié stories goed ontvang is, en dat dit verdere nadenke stimuleer het.

Induksie

Die praktyk van mentorskap in die kerk - waar ouer leraars jonger leraars as deel van 'n induksieproses begelei - is besig om 'n impak te maak. Leraars getuig dat die proses hulle help om met baie groter oorleg die kultuurskok van die beweging na 'n nuwe gemeente te hanteer. Van gemeentes hoor ons dat dit hulle help om die komplekse veranderings wat met 'n nuwe leraar se koms in 'n plaaslike gemeente gebeur, te verstaan en te bestuur.

Dit is opmerklik dat jong leraars 'n positiewe ervaring van die induksieproses het.

Vir hierdie uitgawe het ons daarom besluit om 'n proses van "reverse mentoring" aan die gang te sit. Dit gee jong leraars 'n geleentheid om hulle stem te laat hoor. Ons keer die rolle om. In plaas van luister na ouer en meer ervare leraars in 'n induksieproses, luister ons nou na jonger en minder ervare leraars.

Getrou aan só 'n proses het die jonger leraars 'n oop agenda gekry. Hulle moes uit die hart skryf oor die tema: "Jong leraars praat met die kerk". Basies kon hulle self die agenda bepaal.

Dit was opmerklik met hoeveel entoesiasme die jong leraars die opdragte aanvaar het. Die artikels is dus ook almal betyds terug ontvang.

Dit het verder opgeval dat 'n hele paar van hulle by die Diensjaar vir Christus betrokke was. Sulke gefokusde aandag aan jongmense het duidelik 'n beduidende impak op die kerk en die koninkryk.

Attachments:
FileBeskrywingFile size
Download this file (AGTER BINNE AD.pdf)B-M Advertensie - Vir Paasfees: boeke met 'n verskil14 Agente van die Gees en Die wind en die vuur - vir Bybelstudie313 Kb
Download this file (AGTERBLAD.pdf)Lux Verbi.BM advertensie - Laat die liefde groei17 2010: die jaar wat jou lewe en verhoudings kan verander175 Kb
Download this file (BINNE VOOR.pdf)Goeie nuus om te bely - Johan Botha en Piet Naudé13 Dié boek hou eenheid op die agenda - Pieter van Niekerk (resensent)953 Kb
Download this file (dis ons beurt.pdf)Dis ons beurt03 Dis ons beurt om kerk te wees - Willem Fourie333 Kb
Download this file (eenheid en geregtigheid.pdf)eenheid en geregtigheid.pdf08 Die verlange na eenheid en geregtigheid - Martin Laubscher414 Kb
Download this file (ex unitate vires.pdf)ex unitate vires.pdf06 Ex unitate vires - Piet Retief358 Kb
Download this file (jonk in bediening.pdf)jonk in bediening.pdf12 Jonk in die bediening - Lorett de Leeuw336 Kb
Download this file (kruis cover.pdf)Voorblad van Kruisgewys16 Voorblad van Kruisgewys356 Kb
Download this file (KruisgewysMaart2010.pdf)Kruisgewys Maart 201001 Laai hier die hele Kruisgewys Maart 2010 af2925 Kb
Download this file (meer beroepe.pdf)meer beroepe.pdf05 Méér beroepe maak induksie al hoe belangriker - Roelf Opperman568 Kb
Download this file (ng kerk middeljarig.pdf)ng kerk middeljarig.pdf10 Die NG Kerk is middeljarig - Magdaleen Sadie1161 Kb
Download this file (nie die ooms daarbo.pdf)nie die ooms daarbo.pdf07 Nie die ooms daarbo nie ...463 Kb
Download this file (onoorkombare paradoks.pdf)onoorkombare paradoks.pdf04 Die onoorkombare paradoks van die kerk - Bernard Malherbe643 Kb
Download this file (oop en eerlik.pdf)oop en eerlik.pdf11 Oop en eerlik voor God en mekaar447 Kb
Download this file (redakteurMrt10.pdf)redakteurMrt10.pdf02 Redakteursartikel: Jong leraars praat met die kerk725 Kb
Download this file (vbo-punte.pdf)vbo-punte.pdf15 My VBO-punte - my verantwoordelikheid229 Kb
AddThis Social Bookmark Button

Bo-aan die e-pos-uitnodiging om hierdie bydrae te skryf, was die helder en uitnodigende opskrif: "Jong dominees praat met die kerk". 'n Uit­nodiging aan 'n paar jong dominees om uit hul hart 'n paar persoonlike gedagtes oor die kerk en hul ervaring daarvan op papier te sit. Vir 'n groot en ou instelling soos die kerk 'n groothartige, amper onverwagse, waagstuk. Vir dié jong dominees 'n verrassende, amper senutergende verantwoordelikheid.

Tog kon hierdie uitnodiging my nie dadelik aan die skryf kry nie. Want hoe meer ek daaroor begin dink het, hoe meer het ek begin vermoed dit daar in hierdie skynbaar eenvoudige frase diep oortuigings, selfs diep onsekerhede, opgesluit lê. Eerder om dié frase as 'n opskrif te lees, kies ek daarom in hierdie bydrae om dit as 'n prikkel te lees wat by my - as 'n "jong dominee" - sekere gedagtes oproep. In die volgende paar paragrawe neem ek die vrymoedigheid om dié tentatiewe en huiwerige gedagtes te verwoord.

Om aan "jong dominees" die geleentheid te gee om hul opinie te lug, is - in die eerste plek - nogal interessant. So bietjie aspris wonder mens waarom spesifiek jonger persone wat die amp van predikant het uitgesonder sou word vir sulke bydraes.

'n Mens kan natuurlik spekuleer oor 'n hele aantal baie goeie redes hiervoor: die blote feit dat jong dominees interessante opinies sou kon hê, die soeke na 'n groter verskeidenheid van stemme in kerklike gesprekke, die oorbrugging van 'n gaping tussen generasies, die uitdaag van kerklike hiëragieë, dalk selfs 'n poging om sonder 'n agenda te sien wat gebeur.

AddThis Social Bookmark Button

Ek kan min of meer enigiets bevraagteken.

Ek dra nog altyd met my die vae ondertoon van 'n buitestaander saam - in eg post-modernistiese styl byvoorbeeld met die skryf hiervan: Wat het ek om oor so 'n breë onderwerp soos die kerk te sê wat die meerderheid lesers nie maar as net nog 'n opinie sal afmaak nie?

Relativisme is vreesaanjaend ... maar ook veilig. So ook die sogenaamde dood van die waarheid ...

AddThis Social Bookmark Button

Die afgelope amper 20 jaar lank is daar bitter min beroepe in die NG Kerk uitgebring. Predikante het meestal lang tye in een gemeente gebly.

In die laaste jaar of drie is daar baie meer beweging. Poste gaan oop en predikante kry weer beroepe.

Wat die kerk egter nie verreken het in hierdie lang tydperk wat daar feitlik geen beweging was nie, is dat daar ook nie meer stories was waarmee predikante wat na nuwe gemeentes gaan kon identifiseer nie. Hulle het geen idee wat om te verwag as hulle in 'n nuwe gemeente instap nie. Die gemeentes weet ook nie altyd hoe om die nuwe predikant te akkommodeer nie.

AddThis Social Bookmark Button

Pieter Johannes Retief (Piet) is gelukkig getroud met Sarizé (voorheen Du Plessis). Ons het nog nie mensekinders nie, maar wel twee budjies, Seuntjie en Salomo, en twee skaaphonde, Wagter en Lara. Elkeen van hulle beskik oor menspersoonlikhede.

Ek het in 2003 aan Hoërskool Hugenote in Springs gematrikuleer, waarna ek in 2004 by die Universiteit van Pretoria BTh studeer het.

Nadat ek hierdie graad verwerf het, het ek ook my MDiv verwerf. Ek het die graad BA Vrouvang met lof geslaag, vandaar my huwelik met Sarizé op 25 November 2008.

Sarizé het ook in 2003 gematrikuleer, en wel aan die Hoërskool Nylstroom. Sy het ʼn jaar lank by ʼn rekenmeestersfirma  gewerk terwyl sy ook deeltyds gestudeer het, maar toe besef dat teologie haar roeping is. Sy is nou besig met haar gemeentejaar (MDiv II) in die Ring van Dordrecht.