|
25 Maart 2012
Posted in
Kruisgewys -
Maart 2012
Mense assosieer “groen” met die onlangse 17th Conference of the Parties (COP 17) in Durban, Saving Tomorrow Today rondom die Kyoto Protokol, Al Gore se dokumentêr An Inconvenient Truth van 2006 en die globale aktivisme van Greenpeace International. “Groen” word nie juis met die kerk geassosieer nie.Klimaatsverandering, die uitwissing van die reënwoude, die bestryding van besoedeling en die beskerming van spesies op die rand van uitwissing, is die onderwerpe wat hierdie rolspelers onder die publieke aandag bring – nie iets wat sommer van kansels aangeroer word nie. Of dalk tog?
Kruisgewys het ’n aantal skrywers gevra om hulle perspektiewe op ’n Groen Kerk te gee. Die verrassing was groot om te sien hoeveel dinge reeds gebeur, hoedat talle bedienings op verskeie plekke in ons land reeds ’n groen baadjie aangetrek het.
Dat baie nog gedoen moet word, is ’n feit. Dat daar reeds ’n groen beweging van die Gees is, is ook ’n feit.





















Paulus beskryf leierskap as een van die gawes van die Heilige Gees wat bedoel is vir die opdivbou van die liggaam van Christus (Rom 12:8). Vir hom is leierskap teologies ingebed in sy verstaan van die doel en funksionering van die kerk as God se instrument in hierdie wêreld. Leierskap het daarom ’n bepaalde vormende invloed, sowel in terme van die gemeenskap van gelowiges as in terme van die impak van die kerk in die wêreld. Hierdie vormende invloed word deur ’n hele aantal verskillende tipes leierskapstyle en -funksies uitgeoefen, elkeen wat bydra tot die vorming van die kerk as “volgroeide mens”, om soos Christus te wees (Ef 4:11-16).